Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -14 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -46 minutes ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -51 minutes ago
Verbeel ek my of het............... Oktober 2026 saam gesels Len Loader -55 minutes ago
Herman Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Lekker Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -1 hour ago

September 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

O genade, daar breek die teoretiese Lente aan. Brits omgewing se somer het amptelik vanoggend begin, maar ons brul al van so 10 dae terug.

Julle moet tog nou mooi oplet en hier klets, moenie in die verlede van laasmaand gesels nie, netnou is ons terug voor '94laugh

Ek kyk vanpggend na baie lekker moerkoffie wat ons koop. die pakkies is in mooi bruin met allerhande 4 kleure. Afkomstig van Vryheid, en 'n uitdrukking op die pakkie lees--- "die koffie wat 'n nasie laat opstaan." Ek drink elke oggend 'n paar bekers koffie, maar die nasie is maar traag.wink

Ook is daar 'n gedig van ID du Plessis op gedruk. Dit is rerig baie lekker koffie, en 2% van koste gaan aan boerehulpskema.  

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 07:26

... vergeet nou eers van jou gebarste pype, en fokus op die skou!!! Ek hoop jy geniet dit en dat daar pragtige oudhede te siene is.

As dit nie bevredigend is nie, het jy gelukkig die keuse gemaak, ek het net vertel daarvan. Nou klink ek darem nes 'n aardsverleier,nê.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 01/09/2024 - 08:02

Môre Wessel, so van lekker koffie gepraat, Faith brew in Potchefstroom het ook baie lekker koffie beskikbaar. Ons bestel gereeld by Neels en my dogter gebruik hulle koffie by haar koffie stalletjie in Bloemfontein se boeremark. Sy doen goed met die lekker koffie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 08:29

... met my bekers en bekers vol Nescafé Classic. Ek gaan hoeka nou vir my nog 'n klomp kookwater by my volgende hoog-opgehoopte teelepel Nescafé Classic moer.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/09/2024 - 09:02

en spierwit geryp,crying weer nooi berg en klowe vir jou en vir my......

Net toe ek dink die winter is verby na 'n paar lekker warm dae, is ons vanoggend terug in truie! Beplan nou maar 'n kaggelbraai vanaand - sonder koffielaugh

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 09:34

Hier by ons is daar geringe tekens van lente. Die struike wat hierdie tyd van die jaar veronderstel is om te blom doen dit wel. Maar my ervaring hier in die Boland is dat 1 September sogenaamde Lentedag is, is 'n blote mite.

Gister (31 Augustus) kon jy wel dink dit is nou lente. Maar vandag lyk dit maar effentjies na lente. As ek YR.no kan glo, mag dit môre weer 'n sweempie van lente wys, maar van Dinsdag af is ons weer binne-in die winter in.

My seun-hulle is hier vir die naweek (gister kom saam jukskei speel) en vandag wil ons graag gaan kyk of daar nog galjoene by Bettiesbaai by Tom-se-Klip rondswem en nie dalk lus is om aan 'n stukkie aas te byt nie. Ek hoop so, want deesdae moet ek maar snoek (wat ook maar skaars is) koop om die lus vir vis in bedwang te hou.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/09/2024 - 10:47

..............kon/kan ons hier in Kaapstad van Lentedag praat  -  heerlike weer bo 20ºen 'n wind wat rustig geraak het.  Maar dit gebeur nie sommer nie, gewoonlik nog nat en koud.

Wat koffie aanbetref, strook my gebruik met dié van ChrisB hierbo  -  Nescafé Classic.  ChrisB, ek gooi egter eers kookmelk in en dan kookwater  -  smaak heel anders as net later koue melk byvoeg.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 11:20

.... kaggelbraai sonder koffie????

Nee mens, geen ete is afgerond sonder moerkoffie nie.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 11:23

....kookmelk en kookwater, wanneer drink jy dan daai koffie mengsel, 'n halfuur later???

Nescafe Classic is ook ons koffie as ons kampeer. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 11:55

Ek het grootgeword met gewone ou Koffiehuis moerkoffie - oftewel koffie/sigorei-mengsel (swart - sonder melk). En toe word ek "bekeer" tot opregte suiwer koffie toe ek die eerste keer by my (destyds aanstaande) skoonmense gaan kuier het. My skoonpa het sy rou koffiebone op 'n buitevuur in 'n driepootpot gebrand en in 'n handmeul gemaal. Ek en Ralie het FG suiwer koffie in die huis gebruik.

En toe ons weer eenkeer op die plaas kom, kry ons tot ons verbasing Nescafé kitskoffie. Daar was daardie jare 'n wêreldwye tekort aan koffie en my skoonpa kon glad nie rou koffiebone op Prins Albert te koop kry nie. Volgens hom was die beste alternatief Nescafé Classic. En daarvandaan (laat 70's) drink ons ook Nescafé Classic.

Ons het sedertdien verskeie ander handelsname ook probeer, maar ons is vasgehaak op Nescafé Classic. Ek waardeer steeds 'n lekker koppie moerkoffie by sekere restaurante of by sommige plekke waar jy 'n wegneem-koffie kan koop. Maar by die huis, of waar ons ookal mag wees, bly Nescafé Classic maar ons voorkeur.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 12:42

...wat maak jy by die huis?? Ek dog jy en jou seun voer die visse vandag!!!

Het die weer 'n effek op visvangs?? Slegte weer, lei tot swak vangste, of nie eintlik nie.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 12:54

... ek het so pas vir Maurits laat weet (toe hy 'brag' met 'n foto van 'n galjoen op WhatsApp - en vra of ek galjoen soek) dat ons beplande hengeluitstappie het gesneuwel. Vanuit my kombuisvenster kon ek sien dat die see lyk soos die spreekwoordelike dam - plat en sonder branders, wat nie gunstige omstandighede vir galjoen is nie. My seun het gery en gaan kyk en laat weet ek kan maar die aas terugpak in die vrieskas. Dus sal daar nie vanaand vars galjoen gebraai word nie.

Die barometer wys die regte druk - tans 1026.6 Bar - ideaal vir visvang, maar die see speel nie saam nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 13:09

Jislaaik Chris, daai druk van 1026.6 bar kan mos nie wees nie!!!! jou vinger het seker die desimale punt verkeerd, of die eenhede is verkeerd.

1 Bar is nagenoeg 1atm druk 

Is jou eenhede nie dalk milliBar nie???

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/09/2024 - 14:04

Die lekker warmer lente weer maak dat my mond water vir kampeer. Wou graag ook soos Wessel by Manyane hierdie masnd inloer, maar lyk of 1ste somers kamp einde hierdie maand gaan wees.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 15:36

... jy's 100% reg. Dit is mBar en nie Bar nie. Ek weet maar min van sulke goed. Ek het maar oor die jare opgetel dat jou barometer nie onder 1009 moet gaan vir ideale hengel-omstandighede nie (ek praat nou van rots- en strandhengel).

Dit is wat my barometer nou wys:

barometerEk het net die Bar raakgesien - nie die "m'' daarvoor nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/09/2024 - 16:41

"Lus vir kampeer": ons ook - sonder twyfel. Ons laaste uitstappie was KNP toe, Junie 2023. Gelukkig is ons amper (of nader aan) klaar met sement en verf. Reken Daan toe vanoggend "kan ons nie maar gou 'n bietjie wegloop nie?" Ai, dit het selfbeheersing gekos.......

Geniet die vooruitsig en deel tog jou plannesmiley

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 16:52

Ek het gou Kleinmond se atmosferiese druk op internet nagegaan. Ek sien visvang tye word daaraan gekoppel. 

Ek sien dat daar die druk in hPa [hektoPascal] gegee word as gemiddeld so 1025hPa.

Ek het gou die omsetting gedoen, 1hPa = 1mbar. Dit is naby genoeg vir alle praktiese visvang doeleindes. 

Is die visse so sensitief vir druk?? Onthou by die atmosferiese druk moet nog die druk weens waterdiepte getel word. Dus die druk wat vis ervaar wissel ook weens diepte waar dit swem. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 01/09/2024 - 18:07

As van die mense hier na Koffiehuis en Nescafe as "regte" koffie verwys moet die wereld se einde om die draai weeslaughKitskoffies wat met sigorei gemeng is is nog erger, sigorei kom van 'n gedroogde blommetjie wat hoofsaaklik vir laer koste bygevoeg word (amper soos paraffien by diesel, of water by jou Skotse engeltjie piepie - vroulief se oorle' Oupa Kruger het gereken dat ouens wat water by hulle Skotse engeltjie piepie voeg een dag by die hemel poorte sal moet verduidelik!). Ons drink slegs filterkoffie, en as ons kamp gaan die Franse koffie "cafetiere" saam, die lewe is regtig te kort om mens se koffie nie suiwer te hou niewink

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 18:25

....u ondersteuning aangaande moer-filter koffie word aangeteken en waardeer.

Ten minste het amper 44 jaar in 'n kern omgewing nie my smaaksin opgefoeter nie, en kan ek goeie koffie waardeer.

Tweedens stem ek volkome met jou saam. Daai skotse piepie kan nie eers met water verdun word nie. Dit skree ten hemele, amper soos om kookolie in 'n Ranger se enjin te gooi.laugh 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 19:27

Ek stem in vele opsigte saam met dit wat Grootwind hierbo sê. Maar net een klein regstelling. Sigorei wat in verskeie koffiemengsels gebruik word is afkomstig van die wortels van die sigoreiplant wat grootliks (amper uitsluitlik) in die Alexandria-distrik in die Oos-Kaap verbou word. Die destydse Sigorei Beheerraad was ook destyds in Alexandria gesetel. Die sigoreiwortel word gerooster en gemaal voordat dit by koffie gevoeg word.

'n Ander spesie van die sigoreiplant word in verdonkerde binnenshuise skure gekweek en as witlof verkoop - 'n baie gewilde "groentesoort" in Nederland en België. Die blare, wat uit die wortel voortspruit, word as 'n knoets (voordat dit verder uitloop) bemark. Die rede vir die verdonkerde, temperatuur-beheerde verbouingspraktyk is om 'n spierwit loof te verseker. Vandaar die naam witlof, of ook witloof. Dit is 'n skaars produk in Suid-Afrika en word bykans net in spesialiteits-winkels verkoop. Ek het eenkeer daarmee te doen gehad toe 'n witlof-produsent in Stellenbosch my hulp gevra het met swambeheer in die produksiekamers.

Iemand het eendag gesê dat die beste wyn is die een waarvan jy persoonlik hou - of dit nou 'n goedkoop dooswyn of 'n baie duur bottel wyn is. Ek wil dit van toepassing maak op koffie ook. Dit wat vir jou persoonlik die lekkerste smaak is die beste koffie. Soos wat jou goedkoop dooswyn nie pryse gaan wen nie, sal jou goedkoop kitskoffie of sigoreimengsel ook nie pryse wen nie. Maar geniet dit wat vir jou lekker is. Smaak verskil mos maar.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 01/09/2024 - 20:57

Dankie vir die regstelling van my verkeerde inligting rondom sigorei Chris B. Ek het darem my plasing tong-in-die-kies gedoen enersyds, maar andersyds kan ek die smaak van enige vorm van kitskoffie nie staan nie (sal darem Nestle Classic drink as dit nou regtig nie anders kan nie!). Ek het 'n gly in kitskoffie ontwikkel destyds met diensplig toe ons net Frisco of iets dergeliks gekry het...was darem regtig jikkels stikkels sleg gewees! My oorlede pa het jare terug genoem dat hulle tydens die oorlogsjare in Duitsland iets met die naam "Ersatz" gekry het ipv koffie, blykbaar baie hoog in sigorei of andersins enige sade van plante wat "amper" soos koffie smaak....geen wondr hulle het die oorlog verloor nielaugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus