Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -7 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -8 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -8 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -9 hours ago

September 2024

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

O genade, daar breek die teoretiese Lente aan. Brits omgewing se somer het amptelik vanoggend begin, maar ons brul al van so 10 dae terug.

Julle moet tog nou mooi oplet en hier klets, moenie in die verlede van laasmaand gesels nie, netnou is ons terug voor '94laugh

Ek kyk vanpggend na baie lekker moerkoffie wat ons koop. die pakkies is in mooi bruin met allerhande 4 kleure. Afkomstig van Vryheid, en 'n uitdrukking op die pakkie lees--- "die koffie wat 'n nasie laat opstaan." Ek drink elke oggend 'n paar bekers koffie, maar die nasie is maar traag.wink

Ook is daar 'n gedig van ID du Plessis op gedruk. Dit is rerig baie lekker koffie, en 2% van koste gaan aan boerehulpskema.  

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 18/09/2024 - 15:37

Ek gebruik tans Telpres Plus vir bloeddruk. Ek het aanvanklik slegs Bilocor 10 mg gebruik, maar laasgenoemde is op aanbeveling van die kardioloog (die een wat ek môre sien) verminder na 2.5 mg. Toe ek sowat 6 weke gelede met die stadige en onreëlmatige hartklop begin het, het my GP aanbeveel dat ek die Bilocor geheel en al uitskakel. (Dit is blykbaar 'n beta-blokker - wat dit ookal mag beteken). Aanvanklik het dit gelyk of die probleem uitgeskakel is, maar die laaste 3 - 4 weke blyk die hart weer lui te wees. Volgens "Dr Google" kan uitermate stadige hartklop aanleiding gee tot duiseligheid a.g.v. te stadige bloedvloei oor die brein. As dit uitermatig stadig is, is 'n pasaangeër dalk die oplossing as dit nie deur medikasie reggestel kan word nie.

Wessel - my situasie is dus die omgekeerde van Marie s'n. My hart klop té stadig en dan nog onreëlmatig ook.

Ek wag dus maar vir môre se "outcome".

0
Sandbaai

maurits

Wed, 18/09/2024 - 15:52

Ons vertrek more op so n kort toertjie.Die eerste 2 aande by Dibiki op Riversdal. Ons kleinseun is gekies vir die Boland onder 12 A rugbyspan. Hulle speel daar op Oakdale se veld teen ander provinsiale spanne.Dan een aand op De Rust . Twee aande op Nieu Bethesda. Ses aande in die Bergkwagga park. Twee aande by Green Fountain, naby Port Alfred. Drie aande by Yellow Sands en dan vier aande in Addo. Chris as jy dit lees moet jy net onthou dat op jou ouderdom kan jy sigarette uit vrye wil los. Seks los jou, maar ek wonder of jy jou geluk so ver met die rooi wyntjie moet druk. Sterkte met die ondersoek. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/09/2024 - 16:28

....dit klink baie lekker. sommer nuuskierig, doen julle die toer met die woonwa of is dit kampeer en chalets gemeng.

Ek hoop julle geniet ook Bergkwagga soos ons Meimaand.

Jy moet sommer 'n gesprek skep vir hierdie toer van julle, dan is alles mooi bymekaar vir latere verwysing.

0
Sandbaai

maurits

Wed, 18/09/2024 - 16:35

Chris, ek het vergeet om vir jou te noem dat jy moet maar daai wors van jou los en as jy weer op Bredasdorp kom koop by Elim slaghuis ordentlike wors. Ek kan net.noem dat die slaghuis aan my skoonseun hulle behoort. Wessel ons gaan met die karavaan toer. Maurits

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 18/09/2024 - 17:02

in mekaar se lief en leed (mens kan dit seker toeskryf aan 'n goeie eienskap van kampeerders). Ek was nog bewerig nadat ek van Jan se ervaring gelees het toe ek ook sien dat Chris se hart probleme gee. My eie kopseer met die verkeersdepartement lyk sommer nou klein.

Sterkte vir môre, Chris. Ons hoop om goeie nuus van jou te kry na die besoek aan die kardioloog. Net miskien is sy voorstel 'n glasie wyn, opgevolg deur 'n lekker see- en Karoo-vakansielaugh

Maurits, geniet julle wegbreek en bederf ons asb. met sommer baie terugvoerlaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 18/09/2024 - 17:31

Sterkte vir more, hou ons asb op hoogte met die gebeure.🙏

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 18/09/2024 - 18:09

... ek het tot 3 jaar gelede gereeld in Bredasdorp gekom, maar ongelukkig nie meer nie. Maar indien ek weer daar kom sal ek jou op jou woord vat en by jou skoonseun gaan wors koop om te toets of hy lekkerder wors as Joey's maak. Uiteraard verskil smaak ook.

Ek moet sê dat vele plattelandse slagters uitstekende boerewors maak. Toe ek nog net so gereeld in Porterville gekom het, het ek by Oranje Slaghuis boerewors gekoop - PUIK!!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 18/09/2024 - 18:33

Chris, jy moet tog n stukkie van die Joeys saamvat Karoo toe. Moet ook proe waaroor die bohaai gaan. As ek kan, gaan ek ń jaart van in George , Van Rensburgs, se "gold label" saamvat.

Jy moet net asb braai, ek is regtig ondergeskik, maaar.. sal die wyn skink, én met jou twak praat.

Die kanse vir kamp raak al hoe beter, sal ń maandag tot Vrydag wees.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 18/09/2024 - 19:43

Dit sal lekker wees om julle in die park te sien.

Ek vat beslis Joey's saam - wil hoeka môre koop as ek in Sometset-Wes is. Dalk moet ons sommer vir Armond en gade vra om te kom saamproe.

Jammer dat Wessel nie kan kom saamproe nie. Ek sal Maurits ook een of ander tyd moet uitdaag vir 'n Joey's- versus Elim-boerewors.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 18/09/2024 - 19:47

 'n meer gesonde wyse van eet (baie groente en vrugte) het ek darem reeds meer as 12 kg weggegooi. Ek sou reken dat die ou hart eerder gunstig daarop reageer, maar dit blyk die teenoorgestelde te wees.

Oom Len

Daai gesonde leefwyse beteken gewoonlik dat die medikasie verminder moet word. My vriend het dieselfde ervaar nadat hy gesond begin lewe het en heewat gewig verloor het. Sy bloedruk medikasie is later heeltemal gestop. 

So ek dink positief en hoop dis in jou geval dieselfde.

Groetnis...en sterkte 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 18/09/2024 - 19:52

het ek iets gemis, of is hierdie die eerste aankondiging van 'n Karoo-kamp? Julle raak nou roekelooslaugh.

Van Rensburgs.....ons het hulle baie gereeld ondersteun. Die mooiste slaghuis met heerlike vleis en sommer nog baie meer om aan te smul! Gelukkig het ons goeie plaasvervangers gevind in Impala (Wessel se dorp) en Frank's in Middelburg (tops! - behalwe vir hoender wat ek bietjie blou van maerte vind)surprise

Daardie baie mooi karavaan wat uit die Woodstock-era dateer kort nog net die blommetjies...laugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 18/09/2024 - 20:28

Net voordat ek jou inset hierbo gelees het het ek toevallig gaan soek na die ander persoon met 'n mooi hond as profielfoto en gesien hoe jy hom/haar onthou. Snik sommer nou weer. Ai, mens kan sooo lief lief raak vir 'n troeteldier. My laaste was 'n Yorkie. Haar naam was Amy. Op 25 Nov 2018 het 'n slang haar doodgepik. Ek soek haar nog gereeld om my voete. Miskien het jy darem al weer 'n nuwe beste vriend.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 18/09/2024 - 21:32

Vandag besluit ek is vir eers gatvol gewerk. Na al die gebarste pype, is die warmwater stelsel opgradeer. Versekering het kontant uitbetaal vir paneel. Ek het toe self die spul gedoen, en het toe nuwe geyser ook installeer. Flip die ou lyf is stokstyf.

Bespreking gemaak en betaal vir Karoo.16 tot21 Oktober. Ons sal verseker vir Armond nader trek.

Jy moet saam die man rolbal speel, hy en Alicia rol ernstig met die oumens marbles. Tiber, die spoorsnyer- veldwagter, boesman, is in Armond se span. Ernstige tydverdryf in Beaufort Wes. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 19/09/2024 - 06:30

... dit is nou bakgat nuus - dan sien ons julle in die park. Nou nog net die ander lede van die Herfsblareklub ook probeer intrek. Lapskag, Len en Wessel - ons wag daar vir julle.

Ek sien dat Armond kort-kort 'n foto of twee op WhatsApp plaas waar hy, en selfs Tiber, op die rolbalbaan paradeer.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/09/2024 - 06:32

Jislaaik mense, hier kom 'n ding. 

Len het net 'n dag nodig om tot in KarooNP te sleep.

Ek met Grompie, het 3 dagreise te Toyota nodig. As Model slaghuis in Brits nou net 'n stukkie kameeldoring wors vir die kompetisie  sal skenk, moet/kan ek dit moontlik oorweeg om te kom deelneem.  laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/09/2024 - 06:37

....môre, net 'n regstelling.

Ek is tydelik woonagtig in Brits, dit is nie my dorp nie. laugh Ek koop wel by geleentheid ietsie vir die braairooster by Impala, as my persoonlike makelaar goedkeuring gee, om so roekeloos te raak. wink 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 19/09/2024 - 07:49

Môre, die keer gaan julle sonder Lapskag in die Karoo kamp, maar sal in my gedagte beslis daar wees. Julle moet dit gaan geniet hoor. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus