6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -14 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

Kruger Nasionale Park

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Goeie naand almal.  Bietjie raad nodig asb. Beste roete van Durbanville na Kruger Nationale Park vir ry en oorslaap. Veiligheid bly no. 1. Dankie. Ry so 400+km per dag. Dankie 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 12/09/2024 - 19:33

My normale roete is gewoonlik hier van Kleinmond af tot Karoo Nas Park - bietjie meer as 450 km van my af. Dan Forever Gariep en die volgende aand by Aldam. En dan hang dit af by watter hek ek die wildtuin ingaan wat my volgende oorslaapplek sal wees, maar gewoonlik in die omgewing van Bela-Bela. Ons beplan dié roete en oorslaapplekke weer vir volgende Mei. 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 13/09/2024 - 07:49

Goeie more.

Hier is my 5 sent werd.  

Dag   Dag Vanaf 1 01/05/2025 Donderdag Goodwood 2 02/05//2025 Vrydag Joalani Guest Farm 3 03/05/2025 Saterdag Aldam 4 04/05/2025 Sondag Pienaardam 5 05/05/2025 Maandag Krokodil brug
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 13/09/2024 - 14:07

........vanaf Brackenfell Wildtuin is die volgende :

(1)

  • Karoo Nasionale Park, Beaufort-Wes
  • Reyneke Park, Bloemfontein
  • Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • Malelane of Krokodilbrug of Numbi Hotel & Karavaanpark, Hazieview of  Phalaborwa
  • Indien ons by Punda-hek ingaan, slaap ons oor by Lalapanzi Hotel & Karavaanpark by Bandelierskop, noord van Polekwane
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/09/2024 - 14:29

...daar is nog 'n opsie, as jy nie N1 met baie trokke wil ry nie.

Draai by Drie susters weg om N12 te gebruik. Dan moet jy oorslaap by Kambro, of in Ritchie by Riverside. 

ek spring dan by Kimberley oor met N8 na Bloemfontein. Dan kan jy in Reynecke park slaap, of by Aldam. Van Aldam na Pretoria is minder as 450km.

Dan moet jy besluit waar is 1ste kamp in Kruger, dit gaan verdere roete en oorslaapplekke bepaal.  

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/09/2024 - 12:37

...het jy reeds bespreek vir wille Kruger tuin??? indien wel, waar het julle bespreek, of aan watter kampe dink julle.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus