Forums
Goeie naand almal. Bietjie raad nodig asb. Beste roete van Durbanville na Kruger Nationale Park vir ry en oorslaap. Veiligheid bly no. 1. Dankie. Ry so 400+km per dag. Dankie
My roete...
........vanaf Brackenfell Wildtuin is die volgende :
(1)
- Karoo Nasionale Park, Beaufort-Wes
- Reyneke Park, Bloemfontein
- Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
- Malelane of Krokodilbrug of Numbi Hotel & Karavaanpark, Hazieview of Phalaborwa
- Indien ons by Punda-hek ingaan, slaap ons oor by Lalapanzi Hotel & Karavaanpark by Bandelierskop, noord van Polekwane
Jeanne...
...daar is nog 'n opsie, as jy nie N1 met baie trokke wil ry nie.
Draai by Drie susters weg om N12 te gebruik. Dan moet jy oorslaap by Kambro, of in Ritchie by Riverside.
ek spring dan by Kimberley oor met N8 na Bloemfontein. Dan kan jy in Reynecke park slaap, of by Aldam. Van Aldam na Pretoria is minder as 450km.
Dan moet jy besluit waar is 1ste kamp in Kruger, dit gaan verdere roete en oorslaapplekke bepaal.





Jeanne
My normale roete is gewoonlik hier van Kleinmond af tot Karoo Nas Park - bietjie meer as 450 km van my af. Dan Forever Gariep en die volgende aand by Aldam. En dan hang dit af by watter hek ek die wildtuin ingaan wat my volgende oorslaapplek sal wees, maar gewoonlik in die omgewing van Bela-Bela. Ons beplan dié roete en oorslaapplekke weer vir volgende Mei.