Forums
Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
---|---|---|
selfs ou Antonie het … | Februarie 2025 | HennieBo -53 minutes ago |
Trompie … | Februarie 2025 | Jan Meyer -1 hour ago |
Trompie gaan sy agterstewe sien | Februarie 2025 | Trev -1 hour ago |
Vakansieplanne | Februarie 2025 | Chris Boucher -1 hour ago |
Ek deel jou kommer GW | Februarie 2025 | Chris Boucher -1 hour ago |
Lyk nie asof die mede… | Februarie 2025 | Grootwind -2 hours ago |
Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
Blinde sambok ???
Môre Len en ander
Ek moet ook ruiterlik erken dat die idioom[?] "blinde sambok" aan my onbekend was. Ek het eers hier in die Transvaal dit vir die 1ste keer gehoor.
Ek wonder of dit die afrikaanse gesegde geword het vir die engelse "karma"?
Sal bietjie kyk of dit in in die HAT opgeneem is.
Samboksalf
Volgens my ou HAT is daar 'n woord "samboksalf". Dit word as voorbeeld as volg gebruik;
gee die stouterd 'n bietjie samboksalf.
Dan kry mens ook die woord sambokkie ----plantsoort met prikkelende eienskappe.
Die probleem is nou, dat baie sambokkies jare na getroude lewe vetplante word.

Blinde sambok
Ek ken ook nie dié uitdrukking nie, maar het gou gaan Google. Die betekenis is blykbaar as "iets jou onverwags tref".
Môre maters. Die blinde…
Môre maters.
Die blinde sambok sêding ken ek baie goed. Hoe my mense dit gebruik het is waneer daar vir ń ander ongunstige voorwensels gemaak word, en die backfire.
Yskoud hier by ons vanoggend, lagie sneeu op die berg. Lyk my die groente gaan laat wees die jaar, het al gesaai, maar die koue keer dat die saad ontkiem.
Herman...
....se verduideliking is soos Marie [gebore Transvaler] dit ook ken.
Ek het vanmiddag die foto…
Bogenoemde vanaf Sept draad. Ons kan ook hier van ons die sneeu sien op die berge rigting Paarl. Dit lyk darem of ons mooi weer vanaf môre gaan hê. Gister amper die heeldag aan en af gereën.
Ek verwys ook nav ChrisS se…
Ek verwys ook nav ChrisS se aanhaling rakende die bouplanne.
Met my gesprek gister met die bouinspekteur, het hy my ook gesê, doen eerder navraag by jou plaaslike owerheid en kry die feite vir enige veranderings. Moet nie op hoorsê gaan wat bouers en ander vir jou sê nie. Hy noem ook dat baie net daar sal wees om vinnig 'n werk te doen, geld te kry en dan dit jou probleem op die ou end gaan maak.
Ekself was onder die indruk, en nav gesprekke met bure, dat ek nie planne vir my skadunet gaan benodig nie. Ek is toe gesê dat ek wel planne benodig en vir die Wendy (indien groter as 5m2) ook dieselfde. Gelukkig is die planne ingedien en ook nou in die finale fase van goedkeuring. Daar is egter verskeie dokumentasie wat die eienaars van aangrensende eiendomme moet teken, asook afskrifte van die planne, wat saam die aansoek ingedien moet word.
Dit is 'n groot "slep" en addisionele uitgawe, maar ek wil nie later jare probleme hê nie.
Arme bouers
Lees ek van die bouers wat so aanjaag. Ongelukkig is dit nou maar so. Veralgemeen, en onder dieselfde kam geskeer as prokureurs en paar ander " skelm" beroepe. Die etiketering maak neef effe ontsteld. Darem net effentjies. Tot " van" die Sondag leeraars wat heel voor staan het Range Rovers ??
Die verantwoordelikheid berus op die eienaar van die perseel om homself te vergewis van die vereisdes en al wat ń by-wet vir die betrokke munisipaliteit is. Hoe werk dit nou weer " onkunde aangaande die wet is nie ń verskoning nie".
Liewer bang Jan as dooie Jan
Die Britte het ‘n mooi sê ding; To err on the side of caution.
Met ons huis (wat al in 1968 gebou is sover ek kan aflei) het ek soos voorheen vermeld aangedring op ‘n ingenieursverslag omdat die muur onder ‘n ring balk met ‘n span van 8,5m uitgebreek is deur die vorige eienaar .
Die beskikbare bouplanne het nie bewapening in die balk aangedui nie, maar volgens die ingenieur het hulle in daardie jare miskien twee of drie stukke staal in so ‘n balk gesit. Dis waarom hy aanbeveel het dat die ring balk opgedomkrag word (aan die plafon kon mens sien dit het al bietjie gesak) en gestut word met ‘n vertikale I-balk. Die ingenieur het wel gesê daar behoort niks te gebeur sonder die stut nie, maar met die windlas op ‘n staandak moet mens liewers nie kanse vat nie.
Hoe werk dit nou weer "…
Herman, dit kom neer op wat die man vir my gesê het.
Uit die gesprekke hierbo van ChrisS, het ek ook groot gefouteer met binnenshuis veranderings by my huis in Roodepoort .
Ek het wel planne gehad vir die aanbouings, maar niks vir my afdakke en patio nie.
Stoffel papegaai
"SY"?? Sal ek nou wonder oor Chris se verwysing na Stoffel as vroulik. Is dit net 'n afkorting van Stoffelina? Chris, behalwe dat jy praat van 'n gruispad wat ek ken as grondpad het ek nog nie ander streekstaal opgemerk nie. 'n Goeie vriendin van ons wat in Williston se wêreld grootgeword het sal bv. iets sê soos: "Sannie het verlede naweek by ons gekuier en hy het sy rok hier vergeet, maar ek sal dit vir hom saamneem wanneer ons plaas toe gaan". Alle voertuie is vir haar ook vroulik. Dit verg kophou om so 'n gesprek te volg.
Ek kry nou al vir arme Stoffel so jammer....laat weet tog maar...
Streeks dialek
In Afrikaans is dit nie naastenby so erg soos bv in Oostenryk waar mense van verskillende streke skaars mekaar se dialekte kan verstaan nie. Ons het echter ‘n hele aantal eienaardighede hier kom kry toe ons van die Transvaal af ingekom het 10 jaar gelede. Hier is ‘n paar voorbeelde met die woord wat ons gebruik het eerste en wat plaaslik gebruik word tweede
bromponie = poegie
stompie = toppie
sigarette = entjies
kouse = sokkies
seun = klong
tjaila = uitval
elkeen = man-man
uitpass = tiep
ashoop = tiep
kas bier = kis bier
Daar is nog, maar ek moet nou eers na ‘n vergadering toe gaan.
'n Goeie voorbeeld nou toe…
'n Goeie voorbeeld nou toe ons hieratoe getrek het. Ons het van 'n Zozo gepraat daarbo. Niemand het my verstaan waarna ek verwys nie. Hieronder praat almal van Wendyhuis.
Rona
Stoffel was vir meer as 20 jaar gereken as 'n mannetjie. Maar op ongeveer 22 jaar oud, klim sy toe uit die kas uit deur haar eerste eier te lê. Ralie praat soms van Stoffelina, maar in die algemeen praat ons nog van "hom". Sy was te lank 'n seunskind in die huis om nou skielik 'n dame te word. Alhoewel - sy gedra haar meer soos 'n stout seundkind.
Stoffel....foeitog!
Arme ou hy'tjie, of eerder, hoe moet sy nou voel? Sou wat wou gee om julle reaksie te sien die dag toe hy, wat eintlik sy is, die eier gelê het. Gelukkig verstaan sy nie
Ek kan jou verseker ...
... ons was verstom Rona, want ons was oortuig Stoffel is 'n mannetjie. Dit word redelik algemeen aanvaar dat mannetjie Greys meer affiniteit met vrouens het en met wyfies is dit die teenoorgestelde. Van die begin af kan Ralie met Stoffel doen net wat sy wil. Hy/sy het haar nog nooit gebyt nie. Seker maar omdat sy hom/haar met die hand grootgemaak het. Maar ek het al lelik deurgeloop. En ironies - as hy/sy rondloop in die huis word ek uitgesoek om by op te klim. Maar ek kan nie waag om my hand na hom/haar uit te steek. Ek is al dwarsdeur my duimnael gebyt.
Jislaaik maar die weerpatrone maak 'n..........
.............mens skoon deurmekaar. Gister was ons dagtemperatuur 15º en môre voorspel hulle 30º hier by ons in Kaapstad. Dit beteken ek kan môre vir die eerste keer kortbroek en kortmouhemp sonder trui dra ! Ook maar goed so want dan is ek inge-oefen teen die tyd wat ons Karoo NP toe gaan.
ChrisB, pak maar daardie draagbare lugversorger in - jy gaan dit nodig kry in Beaufort-Wes.
Ek verneem dat dit vandag…
Ek verneem dat dit vandag ChrisS (Wildehont) se huweliks herdenking is. Baie geluk Chris en vroutjie. Mag julle nog baie jare se voorspoed en geluk beleef.
Huweliksherdenking
Dankie Hennie
Ek vergeet soms hoe gelukkig ek is om die maatjie te hê wat ek het. Dit is nie net maanskyn en rose nie, maar as die vonke spat is dit ook nie net sleg nie. Ons pas goed by mekaar.
Chris S....
...baie geluk aan julle twee. Onthou, die ergste is nou agter die rug, die volgende jare gaan al hoe makliker