Was water
Ons Kavango het ‘n 120l tenk. Na 2 dae is hy gewoonlik leeg, en ons gebruik die water net vir was (skottelgoed en lyf), maar ons is 4 mense. Ek vat ‘n 30l drom drinkwater van die huis af saam vir drink en kook. Die afgelope naweek was ons 4 volwassenes en 4 kleuters en daar het nog ‘n paar liter daarvan oorgebly.
Ja dis die gewas wat
Dis die gewas van jou self en skottelgoed wat dit mooilik maak om te beplan hoeveelheid jy nodig het as jy by n rivier / dam is kan jy jou so nog was maar as daar geen water bronne is nie is dit maar moelik
Water verbruik
Die draad gaan ek fyn dophou. Soos skilpad vir hasie gesê het by die rivier--Hou my dop, ek gaan swem!!!
Ons kom ook deur 'n dag met so 5l drink/koswater. Omdat ons die aanboord [120l] slegs vir skottelgoed was gebruik, en omdat ek nog net gekamp het waar water is, het ek nog nooit aan Shaun se vraag gedink nie.
Die harde boendoe kampeerders moet nou asb kom raad gee. Dalk moet mens die problem omdraai. Besluit hoeveel water wil/kan jy saamry, en stel dan streng daaglikse beperking in. As jy 120l kan saamvat, en dit moet 10 dae hou, het jy net 12l/dag.
Ek vermoed die waskom metode gaan die aangewese wasproses wees, en nie stort nie. Skottelgoed was kan mens beperk deur Jiffysakkies oor borde te trek, bord bly skoon. Het in dienspligtyd so gemaak, en nooit siek geword nie.
Groete
Wessel net so
Ek het my som gemaak met so 5 liter water n dag glo ek dit sal genoeg wees vir drink en kos maak ek gaan die teorie toets en woensdag terug voer gee my probleem is die frontrunner water tenk gaan agter by bakkie se laai ruimte in en heel voor oor die lengte ingesit word sy kapasiteit = 60 liter water my Bush Baby portable water sak (stort) wat jy innie son is vat 15 liter water op n slag so dit sal soos innie weermag dae wees vinnig seep smeer en afspoel maar met n vrou gaan dit dalk nie so maklik wees nie sien hier kom sports ek sal daai toets ook doen en dan uitwerk om en by hoeveel water jy nodig gaan he op n 12 dae trip of mis ek iets my wiskunde maak dalk nie sin nie ![]()
Wat jy mis ...
Shaun
Julle sal moet oefen vir die vining seep smeer en afspoel. Jy sal maar vir die miesies moet help met die seepsmeer.![]()
Die dae toe ons ge-wildernis…
Die dae toe ons ge-wildernis het, het die Landy n 40l ingeboude watertenk gehad, en 2 x 20l Jerrykanne op die dak. Was, is genoem " top en tail" so 2l water in ñ kom, waslappie met seep. Sit jy gallie op n kort kampstoeltjie met voete langs die kom op n matjie en basies begin jy by die gesig met n klam waslap liggies geseep. Laaste kom voete binne die kom.
Met die kon ons met 20l per dag klaarkom vir die familie van 4. Ons het egter nooit meer as 3dae op n plek gestaan voordat daar erens weer volgemaak is nie. Een kan was beskou as nood water, en nie gebruik nie.
Ons koop....
Ons koop al vir geruime tyd ons kook- en drinkwater en het agtergekom 5 liter water per dag is oorgenoeg vir 'n 2-mens huishouding.
Ons Exclusive het 'n 50 liter watertenk en ek het agtergekom (gemeet aan my gryswater-kan van 25 liter) dat ons twee gemaklik met 25 liter kan stort. Ek volg maar die gebruik om my eers nat te stort, dan seep te smeer en dan af te spuit. Mammie stort egter op die konfensionele manier.
By vriende wat gereeld die diep-boskamp ding doen, het ek verneem hulle maak eers so naby as moontlik aan hul bestemming die boswaens vol water. Daarna ry hulle elke tweede dag terug na die naaste waterpunt om kanne water te vul waarmee hulle weer die boswaens se watertenks optop.
Waar is daar nie water??
Vriende
Die oningeligte vraag is natuurlik, waar kampeer mens deesdae, waar daar gladnie water is nie.
Dit mag brak en koud wees, maar die meeste plekke wat ek aan kan dink, het water.
Dit is nogal baie moeite om gereeld te gaan water haal, maar dit is seker die fynskrif.
Groete
Sentraal Kalahari
Die kere wat ek in Sentraal Kalahari was, was daar nie water by die kampeerplekke nie. Mabuasehube se kampeerplekke het ook nie almal water gehad nie.
Ek verkies dit om die Kavango se stort te gebruik en gee dus nie om daarvoor om elke derde dag water op te vul nie.
5l per dag vir 2 persone per…
5l per dag vir 2 persone per dag vir drink en kos maak klink reg. Wat was aanbetref kan mens seker altyd die "combat shower" roete gaan...julle weet mos soos in die ou SAW dae, maak twee vingerpunte nat en vee die "water" oor jou oge en agter die ore en jy is skoon vir die dag![]()
3L per dag per persoon vir…
3L per dag per persoon vir drink, kos, tandborsel en 'n nat lappie of 2
vir die groter manne dalk 3 of 4 nat lappies ![]()
Die toets gedoen
Het gister gekyk of ek en Berdien met 5 liter water reg kom vir drink en kos en ja dit was genoeg ek glo as dit baie warm is sal jy wel mooi moet werk met 5l water my opplosing vir stort is sal maar inry Phalaborwa toe vir stort water en opvul van drink water my 15 liter bush baby portable stort sal ons toets die naweek tussen my en Berdien en soos julle noem sal ons seker maar weermag roete gaan met die 15 liter water ons gesels weer
Regtig, vir die mense wat 'n…
Regtig, vir die mense wat 'n goeie lae water volume was opsie soek - ek het al vir lank gekamp met 'n daaglikse sproei en afvee en gebruik geaktiveerde water wat pH neutraal is. Dit werk goed en jy kan 'n effektiewe en vervrissende anti bakteriese was kry met 1L water in 'n 750ml sproei bottel.
Anton ek sal
Anton ek sal gemaklik wees daarmee sal met jou gesels rondom dit maar my vrou nee sy sal wil stort![]()
Jou vrou mag dalk besef dat…
Jou vrou mag dalk besef dat dit beter is as 'n stort. ...
Water usage with water…
Water usage with water scarcity
Personal ablution : -
With a 12v submersible pump reticulating back into a bucket, you should get a decient shower on 8L per person
using a hand held insecticide sprayer bottle (the ones you pump up) you should use about 3- 4 L per person per shower.
Shaving & teeth +- 1l per event.
Let the missus shower, & you use a spray bottle, that should give you a guide-line on how much water to take into consideration.
Suggest: - try out at home, for a few times in the shower, just incase you get it wrong, you can just use your tap, but do it a few times / practice.
Then for cooking / eating ETC 5L per day should be sufficient.
Another water-hungry activity is washing dishes. Spray off (again use a hand held pump-up insecticide sprayer bottle, filled with 25% vinegar 75 % water & wipe with paper towels. For baked on dirt in the frying pan, use a paste solution of baking soda, leave, get on with the other dishes, clean last. Again, good idea to practice at home in your kitchen
Water storage: -
A few options: -
15L plastic containers. Don’t get the 25L they are darn heavy store them on the bed during the day, under the trailer @ night. You also get collapsing containers, but I’m a bit weary when they are constantly rubbing together. Do NOT get the ones with taps in the bottom!
Another advantage of this system is that if you HAVE to use dodgy water, it’s only one container, not that your entire supply get’s contaminated, same goes for loss of water... At most only one container will get damaged, not your entire supply.
Keep 15L spare only for your radiator. Nothing to do with water use.
A bulk storage tank. Pioneer Plastics do a few different ones. I’ve got a 65L roof top tank. Works very well as its gravity fed (and I have one of those krinkly hosepipes with all the common gardina tap fittings as well as a fitting that can be tightened round a tap that has no thread on the end, to fill it with.
Water bladder: - usually large, and can be put on the bonnet. OK if you don’t have to open the darn thing. Ususlly water bladders are very useful when yo are static camping, and you start using the water in them first to get them empty, then move onto you bulk tank / container system.
Cooking: Worst culprit is tea & coffee... boil up in a 2 cup teapot. Not a kettle Rinse mug immediately with what remains in the tea-pot keeps it all clean. Again, practice at home....
Washing clothing
Take enough clothing with you for the trip. Storing clothing takes a heck of a lot less water, and if you use vacuum bags you will be surprised how much you can store in how little space.
4 changes (short & T shirt) should be OK for 16 days.... los die grand goed by die huis....
Those are my input’s
Specially practice at home, (1) To get it right and (2) to get comfortable with it...
Hierdie bespreking laat my…
Hierdie bespreking laat my dink aan oorlè oupa se vertelling tydens ww2 in Noord Afrika. Hulle het 2 bottel water per dag gekry het vir was, skeer en drink. So dit is so 1,5l in die woestyn.. maar min.
Dankie Warren jip Neef
Warren dankie vir jou insette much appreciated net so Neef daai water containers met tap op bottom is ok maar kry hy n paar stampe breek hy af en jy verloor al jou water ek weet met Noord kaap trip moes ek 20 liter container weg gooi agv kraan wat afgebreek vanaand doen ons die stort ding
Inry Phalaborwa toe??
Middag Shaun
Waarheen gaan julle naby Phalaborwa wat nie water het nie???
Dis dalk makliker om by 'n plek te kamp met water en eish![]()
Groete





Dit is 'n goeie vraag....
Dit is 'n goeie vraag....