Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -3 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -3 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

November gesels

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.

Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/11/2024 - 15:15

...wou nog vra, hoe oud is Chris Junior, en of hy al die style swem??

My kinders het uitgeblink met swem, en later oorgeslaan na lewensredding as sport.

Indien hy nog jonger as so 11 jare is, wees versigtig met Fly. Dit is blykbaar op so jong ouderdom ongesonde oefening vir hulle ruggies. Vind maar uit by mense met meer insae as ekke. Ek praat darem nou van so 25 jaar gelede se persepsies.

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 02/11/2024 - 20:14

Hy word Januarie 10. Hy blink nie uit nie, maar deelname is vir my belangriker as wen. Hy swem rug- en vryslag. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 03/11/2024 - 15:19

46 jaar later

3 November 1978 getroud. Ons honey moon by Sodwana. Die tyd vlieg erg.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/11/2024 - 17:16

Herman en Yvonne, baie geluk met julle huweliksherdenking. Wat 'n prag voorbeeld vir anders getroudes. Mag julle net vreugde en geluk beleef die volgende 30 jaar plus.

As jou beterhelfte blomme in haar hare gehad het, kon julle maklik vir twee hippie jongmense  gesien wees.laugh  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 03/11/2024 - 18:15

46 jaar is 'n lang tyd. Myne is binnekort 49. Wonderlik om só lank saam te kan wees.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 03/11/2024 - 20:33

Baie geluk Herman en Yvonne met die herdenking, nog vele geseënde jare saam vir julle. Daai jaar en tyd het ek my matriek eksamen geskryf. Sorry oom Neef. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/11/2024 - 08:25

Môre maters, ons kry baie baie warm die afgelope paar dae. Hopenlik breek die hitte van môre af. 

Van my vriende sê laasweek, waar ons bid vir reën, onthou dit reen water, die gras kom eers 6 weke later. Mens en die diere kry baie swaar in Bosveld. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/11/2024 - 08:30

Ek is tans hier in JHB en my vrou het laat weet dat daar ys reën geval het in Brackenfell en dit is lekker nat by hulle. Vrek warm hier in JHB.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 04/11/2024 - 08:35

Temperatuur.

 

Ons maksimum temperatuur vir die volgende twee dae is 16 grade en reën. Het 10mm reën gister gekry. 

Ons tuin begin mooi lyk. Tuin

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 04/11/2024 - 08:50

Gister by familie gekuier in Potchefstroom. Trokkie het 37 grade gewys. Gisteraand 6 uur toe ons Irene inry wys dit nog 'n hele 34 grade. Darem 'n paar druppels reen gisteraand gekry. Maar alles was reeds vanoggend weer verdamp. Voorspelling vandag is weer 37 grade...

En, geluk Oom Neef met die getroude mylpaal! Ons is 42 jaar in Desember. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 04/11/2024 - 09:10

Herman en Yvonne geluk met mylpal. Dit is warm en my ma se gister in Phallas was dit 44 gewees

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 04/11/2024 - 09:35

Baie geluk met die huweliksherdenking.

Ja Petoria is warm...  Kan nie eers in die swembad klim om af te koel nie... Die vanoggend 9 uur geneem.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/11/2024 - 16:18

....hoe gaan dit met Annatjie se hand??

Julle begin seker al met voorbereiding vir Hartenbos en familiesaamtrek daarna by julle huis?? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 05/11/2024 - 21:40

...............dis nou langer as twee weke gelede dat die bosluis haar gebyt en vir minstens 6 dae vasgeklou het ! Verlede Donderdag het Annatjie se wondsuster wat haar toon- en hakwond verpleeg het, kom kyk na die nuutste wond  -  dit het toe nog sleg gelyk en die pyn in haar hand was amper ondraaglik.  Die wondsuster het toe bykomend tot ons huisdokter se medikasie, jodium oor die hele geaffekteerde area aangewend en ons het daarmee oor die naweek voortgegaan.  Skielik het 'n reuse verbetering ingetree en sy kan nou al 'n vuis maak  -  die pyn is nou gelokaliseer net by die bytplek self, maar is op die oomblik heel draaglik.  Ek dink ons is besig om die blêddie ding te wen !

Dankie vir jou belangstelling.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 06/11/2024 - 05:16

Môre Len.                                                      Dit is goeie nuus oor Annetjie se hand. Hoop vir volkome herstel. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/11/2024 - 10:38

Siende dat dit maar stil is op die forum, kom ons gesels daaroor. Ek dink nie Kamala kan meer wen nie. Volgens Dawie Roodt sou sy uit ‘n SA oogpunt die voorkeur president wees. Ons kyk maar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/11/2024 - 10:46

...is die groot vraag!!! Watter kandidaat hou die meeste voordele en potensiaal vir VSA in. Voeg daarby die voordele vir Verenigde nasies [NAVO]. 

Putin het reeds gesê dat hy Trump vrees, maar Harris is poeding.

Ek vermoed dis 'n feit dat SA die wind van voor kan kry met Trompie. Moontlik oor ons "vriendekring" in buiteland

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/11/2024 - 11:19

volgens CNN en SKY nuus het Trump sy sege toespraak reeds gehou. 

Hy het op daardie stadium 266 setels[?] gehad, en moet 270 verkry om te wen. 

Sekere wêreldleiers het hom reeds gelukgewens.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/11/2024 - 14:50

So kry ek lus om ‘n Zimbabwe toer aan te pak volgende Desember in plaas daarvan om Dwarswegstrand toe te gaan. Ek was al meer as 50 keer in Zimbabwe, maar my laaste besoek was meer as 15 jaar gelede. 
 

Ek kyk toe op Google Maps hoe ver gaan ek ry as ek die meeste aantreklikhede waarby ek al was wil besoek. Saam met rondry daar rondom bestemmings lyk dit na so 8000km. In Zim is die brandstof nog duurder as hier (so R27/l diesel). So toer kan ek dus op my maag skryf. 
 

Dis hartseer om te besef dat ek waarskynlik nie my gesin op toere na buurlande sal kan neem om die plekke te besoek wat ek al bevoorreg genoeg was om meermale te besoek nie. Dit het eenvoudig te duur geraak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus