Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Junior is 9
Hy word Januarie 10. Hy blink nie uit nie, maar deelname is vir my belangriker as wen. Hy swem rug- en vryslag.
46 jaar later

3 November 1978 getroud. Ons honey moon by Sodwana. Die tyd vlieg erg.
Baie geluk maters
Herman en Yvonne, baie geluk met julle huweliksherdenking. Wat 'n prag voorbeeld vir anders getroudes. Mag julle net vreugde en geluk beleef die volgende 30 jaar plus.
As jou beterhelfte blomme in haar hare gehad het, kon julle maklik vir twee hippie jongmense gesien wees.
Geluk Neef
46 jaar is 'n lang tyd. Myne is binnekort 49. Wonderlik om só lank saam te kan wees.
Baie geluk …
Baie geluk Herman en Yvonne. Mag daar nog vele gelukkige jare saam vir julle wees.
Baie geluk Herman en Yvonne…
Baie geluk Herman en Yvonne met die herdenking, nog vele geseënde jare saam vir julle. Daai jaar en tyd het ek my matriek eksamen geskryf. Sorry oom Neef.
Brits is WARM
Môre maters, ons kry baie baie warm die afgelope paar dae. Hopenlik breek die hitte van môre af.
Van my vriende sê laasweek, waar ons bid vir reën, onthou dit reen water, die gras kom eers 6 weke later. Mens en die diere kry baie swaar in Bosveld.
Ek is tans hier in JHB en my…
Ek is tans hier in JHB en my vrou het laat weet dat daar ys reën geval het in Brackenfell en dit is lekker nat by hulle. Vrek warm hier in JHB.
Temperatuur.Ons maksimum…
Temperatuur.
Ons maksimum temperatuur vir die volgende twee dae is 16 grade en reën. Het 10mm reën gister gekry.
Ons tuin begin mooi lyk. 
Gister by familie gekuier in…
Gister by familie gekuier in Potchefstroom. Trokkie het 37 grade gewys. Gisteraand 6 uur toe ons Irene inry wys dit nog 'n hele 34 grade. Darem 'n paar druppels reen gisteraand gekry. Maar alles was reeds vanoggend weer verdamp. Voorspelling vandag is weer 37 grade...
En, geluk Oom Neef met die getroude mylpaal! Ons is 42 jaar in Desember.
Baie geluk met die…
Baie geluk met die huweliksherdenking.
Ja Petoria is warm... Kan nie eers in die swembad klim om af te koel nie... Die vanoggend 9 uur geneem.

Wessel..............,
...............dis nou langer as twee weke gelede dat die bosluis haar gebyt en vir minstens 6 dae vasgeklou het ! Verlede Donderdag het Annatjie se wondsuster wat haar toon- en hakwond verpleeg het, kom kyk na die nuutste wond - dit het toe nog sleg gelyk en die pyn in haar hand was amper ondraaglik. Die wondsuster het toe bykomend tot ons huisdokter se medikasie, jodium oor die hele geaffekteerde area aangewend en ons het daarmee oor die naweek voortgegaan. Skielik het 'n reuse verbetering ingetree en sy kan nou al 'n vuis maak - die pyn is nou gelokaliseer net by die bytplek self, maar is op die oomblik heel draaglik. Ek dink ons is besig om die blêddie ding te wen !
Dankie vir jou belangstelling.
Môre Len Dit is goeie…
Môre Len. Dit is goeie nuus oor Annetjie se hand. Hoop vir volkome herstel.
Trompie is terug
Siende dat dit maar stil is op die forum, kom ons gesels daaroor. Ek dink nie Kamala kan meer wen nie. Volgens Dawie Roodt sou sy uit ‘n SA oogpunt die voorkeur president wees. Ons kyk maar.
Beste uit wie se perspektief...
...is die groot vraag!!! Watter kandidaat hou die meeste voordele en potensiaal vir VSA in. Voeg daarby die voordele vir Verenigde nasies [NAVO].
Putin het reeds gesê dat hy Trump vrees, maar Harris is poeding.
Ek vermoed dis 'n feit dat SA die wind van voor kan kry met Trompie. Moontlik oor ons "vriendekring" in buiteland
Trompie het sege aangekondig
volgens CNN en SKY nuus het Trump sy sege toespraak reeds gehou.
Hy het op daardie stadium 266 setels[?] gehad, en moet 270 verkry om te wen.
Sekere wêreldleiers het hom reeds gelukgewens.
Zimbabwe toer
So kry ek lus om ‘n Zimbabwe toer aan te pak volgende Desember in plaas daarvan om Dwarswegstrand toe te gaan. Ek was al meer as 50 keer in Zimbabwe, maar my laaste besoek was meer as 15 jaar gelede.
Ek kyk toe op Google Maps hoe ver gaan ek ry as ek die meeste aantreklikhede waarby ek al was wil besoek. Saam met rondry daar rondom bestemmings lyk dit na so 8000km. In Zim is die brandstof nog duurder as hier (so R27/l diesel). So toer kan ek dus op my maag skryf.
Dis hartseer om te besef dat ek waarskynlik nie my gesin op toere na buurlande sal kan neem om die plekke te besoek wat ek al bevoorreg genoeg was om meermale te besoek nie. Dit het eenvoudig te duur geraak.





Chris S....
...wou nog vra, hoe oud is Chris Junior, en of hy al die style swem??
My kinders het uitgeblink met swem, en later oorgeslaan na lewensredding as sport.
Indien hy nog jonger as so 11 jare is, wees versigtig met Fly. Dit is blykbaar op so jong ouderdom ongesonde oefening vir hulle ruggies. Vind maar uit by mense met meer insae as ekke. Ek praat darem nou van so 25 jaar gelede se persepsies.