Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -4 minutes ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -7 minutes ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -12 minutes ago
Wonder ek nou.  Hoe lank… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -24 minutes ago
Kamieskroon Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -59 minutes ago
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -1 hour ago

November gesels

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.

Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/11/2024 - 09:47

....moet jy nou wragtag jou voet alweer in die bollie sit.!!!!laugh

My wa het nie slapgatratte nie, net 'n stokou 68jarige stoter!!devil

0
Worcester

Wildehont

Tue, 26/11/2024 - 10:11

Dit was uiteraard sommer tong in die kies. My vriend wie se Penta nou by Pine is het slapgatratte daarop. Dit maak darem die lewe baie makliker. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/11/2024 - 07:21

....baie welkom hier op die forum. 

Ek hoop jy sal lekker saamgesels met die klomp ou-omies, en 'n ander paar dames ook.

Ons lees graag van ander lede se langpad ervarings, beplanning en drome.   

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/11/2024 - 08:09

....ek hoop julle is nog OK en soek 'n rede om te kampeer. Jy moet tog tyd maak vir 'n kampie in daai vele mooi oorde om jou.

As jy so stil raak, wonder ek sommer wat se kattekwaad vang jy aan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/11/2024 - 08:11

....waarheen het jy verdwyn?? Maak julle reg om oor Desember te kampeer, of is julle ook oorsee by julle kinders "down under"?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 27/11/2024 - 10:11

Jou naam lui 'n klokkie - help my reg indien ek die kat aan die stert beet het. Voordat ek by hierdie forum aangesluit het het ek 'n bietjie rondgesoek na 'n plek om in te pas. Was dit jy wat jou Maia? verkoop het destyds? En kamp jy weer? Ignoreer asb. indien ek met die verkeerde persoon praat.

0
Pretoria Centurion

Leon Coetzee

Wed, 27/11/2024 - 11:34

Hi daar Rona.  Ja jy het die regte persoon beet. Was lid van die forum maar het onaktief geraak weens die verkoop van die Maia en omstandig hede.  Maar met die Liewe Vader se genade het ons weer 'n wa en het ons weer beging kamp. Het toe maar weer hier kom aansluit.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 27/11/2024 - 12:29

Nou maar welkom terug Leon. Vertel bietje watse wa het julle nou en waarheen sleep julle volgende. Gooi sommer julle beplanning vir 2025 op daardie gesprekslyn ook. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 27/11/2024 - 13:47

Is dit Leon met die Ford Ranger Wildtrack? 

Herman, die einste. Oranje kleurige Ranger. Het nie meer Ford nie. Ek sal laat Leon maar self vertel.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/11/2024 - 05:49

Vir die wat belangstel, lees gerus in vanoggend se Daily Maverick, die artikel "power plan" vir Suid Afrika.

Daar word breedvoerig uitgewei oor kernkrag rigting vir SA. Daar is ook mooi grafiese voorstelling van hoe die brandstof lyk vir 'n korrelbedreaktor.

Wat my opval is dat China dadelik as vennoot genoem word, hoewel kundigheid, gebaseer op ons eie program in die verlede, sowel as die betrokke persone, eintlik in Amerika is.   

Dit lyk my of ek en Grootwind dalk weer "opgeroep" kan word vir diens.laugh 

0
Irene

Grootwind

Thu, 28/11/2024 - 16:03

Dink nie Eishkom of NECSA het genoeg geld om ons weer terug te lok nie! Interessant hoeveel mense skielik weer pro-kernkrag word! Toe ons die ligte die laaste keer afgesit het einde Oktober 2010 het sowat 2000 kern kundiges hulself sonder heenkome gevind, waaronder 'n groot klomp met M en PhD grade (die gemiddelde per kop was iets soos 2.5 grade)...maar Oom Zumpie is mos op rekord dat hy nie van slim mense hou nie (komende van iemand met Std 2 agter sy naam is dit seker te verwagte). Van die mense wat destyds deel van die projek was is heelwat VSA toe, so ook die VK, Frankryk en selfs Sjina. Iets wat nie algemeen bekend is nie is dat die oorsprong van die PBMR idee ene Prof Rudolf Schulten van Aachen Universiteit in Duitsland was in die 1950's, hy het later die ontwerp van die eerste PBMR reaktor gelei, die is gebou en bedryf op die terrein van die Juelich Instituut en het bekend gestaan as die AVR ( Arbeitsgemeinschaft Versuchsreaktor), en het sowat 46MWt (termiese energie) gelewer, dis sowat 15MWe (elektries) en het vir sowat 20 jaar lankd die Juelich instituut van krag voorsien (ek was op 'n stadium daar in die laat 2000's toe hulle pas begin het om die reaktor af te breek. inderwaarheid het ek bo-op die reaktor gestaan, my "dosimeter" het geen bestraling gewys nie en ek gloei ook nie innie donker nie! Die reaktor self was darem nog geseel). Suid Afrika het die volle datapak (in Duits) oftewel intellektuele eiendom by die Duitsers gekoop, en so ook Sjina. Ons eie ontwerp hierop gebaseer was sowat 7 jaar voor die van die Sjinese...nou lyk dit asof ons ons eie data gaan terugkoop by die Sjinese. Ek dink die Minister van donkerte misgis homself met die kompleksiteit van die tegnologie en maak maklik uitsprake, ongelukkig word hy gesterk in sy kwaad deur party mense by Wessel se ou werksplek...verstaan hulle koop nou die datapak oor by Eskom wat tans die eienaar is...wens hulle alle voorspoed toe maar ons sal maar moet sien...

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/11/2024 - 18:05

middag Grootwind, ek het ook die voorreg gehad om tyd by Julich-kampus deur te bring. So jammer dat politiek daar ook die doodsteek gegee het.

Sonder om name te noem, ek vermoed ek weet presies van wie jy praat. Mr Nuclear, wat steeds sy persoonlike droom aanpor. Seker geen four daarmee, maar die realiteit moet ingedagte gehou word.

Sjoe, daar is soveel konsepte wat in plek moet kom, veiliheid en lisensies, waar gaan verrykte Uraan bekom word, mens myn dit nie.

Wil hulle weer brandstofaanleg bou, volgens teruggekoopte bloudruk. Waar wil hulle dit toets?? Nodige fasiliteit soos warmselkompleks bestaan nie. So kan ek aangaan. 

0
Irene

Grootwind

Thu, 28/11/2024 - 19:32

Weet ons verveel nou seker van die mense oppie forum, maar dis dalk goed as mense weet watter probleme daar voorlê., terwyl die politici ewe windgat stellings maak en dinge belowe...sonder om te besef wat die geldelike en ander implikasies van so iets is. "Klein" probleme soos waar en deur wie gaan die brandstof vervaardig word - NECSA is die tuiste van die sg. FDL (Fuel Development Lab) wat hoofsaaklik gebou is om die produksie prosesse van brandstof te ontwikkel, my groep by PBMR het bekend gestaan as Fuel Design (ons fokus was die ontwerps aspekte v/d brandstof maw spesifisering, ens.). Wat 'n brandstof produksie aanleg aanbetref het die nooit bestaan nie, die was met die sluiting van die firma nog "onder ontwikkeling". Die nasionale kern reguleerder het die lastige ding gehad dat die FDL labs nie as produksie fasiliteit gebruik mag word nie, sou ons dit omskep na ene sou die FDL glad nie meer toegelaat word om eksperimentele of dan ontwikkelings werk te doen nie, 'n lekker "catch 22"! Dalk is dit waar die Sjinese inkom, hulle het voortgegaan met hulle projek en ook 'n eie produksie fasiliteit gebou en ook twee korrelbed reaktore, beide tans in bedryf. Maak mens skoon depressief om te dink aan wat kon gewees het...Ek is en bly 'n groot ondersteuner van kernkrag maar dan moet dit ordelik en professioneel hanteer word. Nou ja, gou 'n handvol anti-depressante gaan sluk dan voel ek beter!

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 28/11/2024 - 20:34

Skuus, het bietjie in Overberg en Weskus gewerk.

Ek hou van SLAPGATRAT.  Ek sal dit nou gebruik.  My Fleetline het ook dit aan.  Ingesit by ou PINE.

Dankie Windhont.  Sal terugvoering gee oor Onrus se Sekuriteit.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 28/11/2024 - 20:55

Hi Wessel, nee ek kamp nie op die oomblik nie, lê maar laag hierdie kant weens omstandighede. Ons was besig om ons tuin muur oor te bou wat heeltemal van koers af was en behoort in Januarie met die ander bou werk te begin. Ek is maar meer toesig in beheer hier, maar probeer my maar besig hou. Die kleinkinders kom in Desember kuier dan is ekke weer volstoom aan die gang. Ek lees darem so hier en daar op die forum. Groete van deur tot deur. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus