Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.
Die 2 oumense is terug ...
... vanaf 'n lekker 9 aande wegbreek. ATKV Hartenbos se rondawel was puik. Die uitsig wat ons oor die rivier en strand gehad het was wonderlik. Die voldag wat ons daar was, het uitstekend begin - sodanig dat ons die Saterdagoggend 'n lekker lang "stroll" tydens laagwater op die strand kon doen. Die namiddag het die suidoostewind onplesierig begin waai sodat dit nogal 'n uitdaging was om te braai met 'n ligte "drizzle" - wat dit koud en amper onaangenaam gemaak het.
Die volgende 5 aande by Ebb & Flow was uit die boeke uit. Ons was meerendeels net rustig in die oord en soos 2 oumense die meeste van ons tyd verwyl deur te lees. As jy nog van die energiekes is wat nie kan stilsit nie, is Ebb & Flow die ideale basis om te gebruik as jy die Tuinroete se toeriste-aantreklikhede wil verken. Ons akkommodasie was klein en kompak, maar het niks kortgekom nie. Hierdie park sal ek oor en oor besoek.
Die laaste 2 aande in die Bontebokpark was uitstekend. Die chalets is onverbeterlik. En ons was gelukkig om No 7 te bespreek - met die wonderlikste uitsig oor die Breederivier. Die Bontebokpark is nie 'n park om te besoek met "high hopes" om wild te gaan soek nie. Die verskeidenheid is beperk en a.g.v. die park se lae drakrag is die wildgetalle maar laag. Ons het wel Vrydagmiddag die oostelike ompad gaan ry, maar die toestand van die grootste gedeelte van hierdie pad laat veel te wense oor. Ons het darem 'n pragtige "sighting" van 'n veldpou (Stanley's bustard) gehad - 'n voël wat ek (by vorige geleenthede) nog net in dié park gesien het.
Die park bied verskeie wandelroetes en 'n bergfietsroete aan. Hengel en roei word toegelaat. Maar as jy net rustigheid wil ervaar is die Lang Elsieskraal-ruskamp 'n plek om te gaan uitspan.
Hierdie ou het ons vanoggend by ons chalet kom groet toe ons vertrek.

Lekker Wes-Kaap
Dankie vir die terugvoer Mnr Boucher. Die Wes-Kaap het (amper) alles. Net die bosveld en warmer oseaan kom kort. Maar in ‘n relatiewe kort afstand het julle ‘n heerlike toer geniet.
Chris B...
....dankie, ek het lekker saam vakansie gehou.
Geniet die verwisseling van trokkies. Ek hoop alles verloop glad.





nou kan mens.....
kwalik 'n brood koop met R9, of nie. Ek het geen idee wat 'n goewerments brood kos nie.