Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees
Weesgerus
Die ander koue een was by Weesgerus. Dit was oor November waar n onverwagte koue front oorgekom het en maksimun 7⁰c voorspel was. Hele naweek gewaai en reen. Ons het toe n seil tent gehad met opblaasbed. Gelukkig darem baie komberse en warmgoed. Maar was toe moeilik met ons seun wat toe 6 maande was....hy wou net heeltyd buite speel
. Ons het toe nie eers n gazebo gehad nie...net n strand sambreel, so met wind en reen het ons moeilik gebraai buite
Merry Pebbles
Ons het eenkeer in Junie/Julie skoolvakansie oppad Kruger toe, by Merry Pebbles oorgeslaap. Daardie nag daal die temperatuur dat alles gevries het. Tot die water buite in die ketel. Gelukkig was dit met 'n 5 slaapplek Fleetline XL[1995] en almal het lekker warm geslaap.
Ek het die "rally" tent op gehad, en moes dit soos 'n sinkplaat vastrap en "buig" om opgevou te kry.
Ons jongste het die koue wit gerypte gras net 1 kyk gegee en geweier om ablusie toe te stap. Pa moes maar dra tot daar.
Junie diesel prys
Ek sien die nuwe amptelike pryse van brandstof is bekend gemaak.
50ppm diesel verlaag met R2.62/l na R29.26/l in die binneland.
Verstaan nou nie so lekker…
Verstaan nou nie so lekker nie Oom Grompie. Wat het 'n Long John te make met 'n stywe kragdraad? Verduidelik asb so bietjie?![]()
Goeie hout...
...gee net weer die naam en dorp van die woonwaparkie op jou Noord en Ooskaap toer, op die roete van Calvinia na Kambro.
Ek kry dit nie gesoek op forum nie. Moontlik wil ek ook daar gaan slaap, as jy seg dit is OK, nadat jy daar was volgende jaar.
Scotties se tariewe blad....
...is moeilik om te gebruik.
Byvoorbeeld. ek wou uitvind wat is die daaglikse tarief gedurende Mei.
Die huidige blad lees baie dubbelsinnig [vaag] as volg vir pensioenarisse;
11-30 dae is ~R4025.
Nou vra ek die dame, is dit dieselfde prys ongeag die aantal dae, daar hak sy vas. Later krabbel sy terug na lae seisoen se dag tarief vermenivuldig met aantal dae.
Die tarief is eintlik heel…
Die tarief is eintlik heel eenvoudig.tot en met 11 dae werk jy op die daaglikse pensioenaris tarief (R180 per dag per pensioenaris, of dan R360 vir twee) Meer as 11 dae tot en met 30 dae is dit die pensioenaris maand tarief (R4025 vir twee) = dis nou alles teen lae seisoen. Nuwe ding is die maandelikse strand front tarief van R250 per maand (vir pensioenarisses, werkende mense betaal meer). Dis iets wat ek ook by ander see oorde begin opmerk). Punt is, om 30 dae as pensioenaris te kamp is uit en uit die geld werd. Kan wees dat jy dalk met 'n nuwe admin persoon gepraat het. Watter staan plek het jy in gedagte Wessel?
Scotties vs Kruger
Grootwind, ek wou eintlik sommer vergelyk die koste vir 21 aand in Kruger, teenoor by Scotties.
Ek het vandag bespreek vir Mei' 27 in Kruger, saam met 40% af vir weekdaande, werk dit ongeveer R393/n uit.
By Scotties sal die prys per aand, vir 21 aand uitwerk op die lae bedrag van ~R204.
Ek is verstom daaroor.
Goeie middag almal
Is dit Goeie Hout se inleiding, of het ek die kat aan die stert beet? Met presies níks om by te dra t.o.v. kampeerplanne nie, groet ek nou ook maar so vandag. Tydverdryf is tans boeklees maar konsentrasie is min. Dit is op die punt van my tong om te vertel wat ek gister begin aanpak het, maar dis nog te gou - gee so 'n paar dae kans. Inderdaad niks waaroor ander gereelde deelnemers opgewonde sal raak nie, maar vir my en Daan gaan dit die wêreld se verskil maak. Iewers, êrens tussen al Pretoria se baie liggies is 'n man.....en ek vertrou dat hy hierdie proses kan deursien. Donderdag is 'n bepalende dag. Hou asb. tog duim vas. Ek sal later vertel - goed of sleg.
Chris B...
...kontak gehad. Die ou het toe in vliegtuig gesit en wag vir opstyg na Noorweë. Die ou is mos eintlik 'n "jet setter" en flenter lekker oorsee saam met kinders rond.
Dan land hulle skaars hier, dan val hulle in die pad EILAND toe, en seker maar Kruger toe. Sy planne het totaal ander wending ingeneem.
gee net weer die naam en dorp van die woonwaparkie op jou Noord
Wessel, op Williston is n tannie wat n karavaan park in dorp het. Annies inn and camping.
Goeie hout...
...dankie vir die tante se info.
Soos die dokter gesê het, as jy piesangs koop, koop dit maar goed ryp.....
Die koudste wat ek gekamp…
Die koudste wat ek gekamp het was in Brits. Kan nou nie die plek se naam onthou nie maar hulle het jare terug toe gemaak. Oggende was die water in die ketel gevries.
Kannie wag vir more se nuus van Rona nie.
Groot G...
...die enigste plek waaraan ek kan dink wat toegemaak het, is Atlanta.





Roodeplaat dam
Die koudste wat ons nog geslaap het was toe ons met n canvas dome tent in winter langs Roodeplaat dam geslaap het. Ons het net n slaapsak gehad. Ons het basies die aand gebid dat dit dag moet word sodat son kan opwarm. Daar het ons agtergekom...n canvas tent is nie so warm as wat mense vertel nie. Ons sou vir die naweek bly, maar is toe Saterdag terug