Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.
'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.


Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.
Wessel Strydom
Ekke wag ook.
Dirk swaer vra waar is die Galjoen wat ons sou kry in wildtuin....
Goeie Hout ...
... waar val jy nou uit?
Ai ou mater - as die galjoene net wou byt in Henties verlede jaar. Maar kom ons hoop vir Feb/Mrt volgende jaar. 'n Henties-trip is op die beplanning - om o.a. te gaan kyk of ek nie beter kan vaar in die Namibië-sand as met die Atlantis-sand nie.
Hallo Almal
Nee Chris ek spot maar.
Toe jy so oor jou trippie gesels toe verlang ek na OOM Kruger se Tuin.
Maar nou ja, ek kan net elke 2de jaar toer...
Lekker aand almal.
Vuurmaak
In antwoord op Goeie Hout se vraag:
Hier by Eiland maak baie kampeerders al vir jare vuur op die grond. Ek is nie 'n groot vuurmaker nie - maar ek kan nie dieselfde van my seun sê nie. Hy steek 17:00 vuur aan en dit moet voortdurend brand totdat ons klaar geëet is - gewoonlik 21:00 - 21:30. Dan word die laaste kole oopgekrap voordat ons gaan slaap. Sou daar enige voorspellings oor wind wees, word die kole doodgegooi.
Kole word vanuit die grondvuur in 'n braaibak (LK's se 'Sitbraai') geskep wanneer ons gereed is om te braai.
Die sementstene, wat net losweg op die grond gepak word, word elke jaar by Letsitele se Built It gekoop.
As ek alleen kamp, maak ek vuur in 'n opvoubare vleklose staal "fire pit" (wanneer ek die slag wel vuurmaak), maar braai met brikette (verkieslik Etosha Triquettes) in my Smokey Joe wat neffens die "fire pit" staan.
Staanrib
Hoe het daai staanrib toe afgegaan? Altyd n lekker kuier braai daai...iets anders en spesiaal.
Ja, jou seun hou van vuurmaak. Toe hy laasjaar daar langs ons ingetrek het by Berg-en-Dal, het ek gesien hy maak seker daar is nie n tekort aan hout nie. Gawe mense.
Geniet jul trip môre wildtuin toe...sien uit na foto's en hopenlik nice sightings
Staanrib was ...
... knap - net te min, maar ons kon nie meer op die rooster inpas nie. Die Joey's boerewors moes opmaak vir die tekort aan rib. Nee, dit is nou maar een ding - boeta kán braai. Ekself het nog nooit 'n staanrib probeer nie.
Ons ís met vakansie - maar ek kan nie myself uitdruk oor hoe opgewonde ek oor die komende naweek is nie.
Vuurmaak
Dankie dankie Chris. Jou seun, wat seker ook so lank is soos jy, is n goeie mens.
Ek self maak al 5 uur vuur met n ietsie dan braai ons 10h00. My vriende se altyd ek het nie respek vir hout...
In Onrus kyk ek en my boeta, wie se hout die langste hou. Ons kamp langs mekaar. As hy by my IETSIE geniet, dan steel hy paar stompies en ek doen maar dieselfde by hom.
Totdat ons agterkom ons 2000 raak min. Dan werk ons spaarsamig...
Chris geniet OOM PAUL Se Tuin.
Stuur groete aan almal wat na ons uitvra vanaf Goodwood.
Veilig sleep. Is dit n lang sleep. Ek weet nie waar Eiland is.
Die vuur brand alweer

Daar's hoender op die spyskaart vanaand. Daar agter op die sitbraai is 'n pot met 'n groentegereg -ala skoondogter. Kan jy glo - hoender plus nog ander groente. Maar ek eet net saam.
Opgewondenheid
Ek kan dink hoe gesellig die kuier vanaand om die vuur is. Hoop julle sien baie diere en geniet alles wat die wildtuin bied.
Die ou is hier
Ons het gisteroggend 07:20 weggekom by Eiland. Na vinnige houtaankope by Gravelotte en verdere proviand-aanskaffing by Phalaborwa Spar (en natuurlik Tops), is ons uiteindelik teen ongeveer 09:00 by Phalaborwahek weg.
Ek sal later verder vertel. Nou moet die 2 oumense eers klaarmaak vir die beplande "brunch" by Babalala.
Al wat ek intussen wil sê is dat oral uiters ruig is. Die mopanies is so groen soos in die hartjie van 'n nat somer.
Die wildtuin-besoek - Deel 1
A.g.v. die H14 wat steeds gesluit is, was ons genoodsaak om Letaba om te ry. Na 'n bene-rek stop is ons vort Mopani toe, waar ons beplan het om middagete op die dek van die restaurant te geniet - met 'n uitsig oor die Pionierdam. Maar dit was ons nie beskore nie. Die restaurant word tans opgeknap en daar is 'n tydelike restaurant in 'n groot tent, op die parkeerterrein, ingerig. Nietemin was die kos en die diens van goeie gehalte - ons ervaring van Mopani se restaurant tydens verskeie vorige besoeke.
Die wildtuin - Deel 2
Jy kry uitsonderlike gevalle soos Len se destydse heel eerste "sighting" nadat hulle die wildtuin ingegaan het (wildehonde) op die H9. Maar dit staan mos maar bekend as 'n pad wat min oplewer - alhoewel ons al by geleenthede leeus, 'n luiperd en selfs bastergemsbokke langs die roete gesien het. Maar hierdie keer, behalwe vir 2 onderskeie troppe buffels, het ons weinig gesien tot en met Letaba.
Vandaar tot Mopani was daar ook nie veel om oor opgewonde te raak nie. Aangesien my seun-hulle nog nooit in Tsendze was nie, het ons gou (ongemagtig) deur die kamp gery. Jy kon duidelik sien dit is skoolvakansie - ek het Tsendze nog nooit só bedrywig gesien nie. Daarna het ons gou vinnig by Mooiplaas ingeloer vir 'n piepiestop. Ek het sulke aangename herinneringe aan hierdie plek tydens ons Tzaneen-dae. Selfs my seun (toe hy nog 'n klein peuter was) onthou nog ons vele Sondagmiddag-braaie wat ons daar gehad het na ons baie gereelde naweekkuiers in Letaba. Weereens kon jy agterkom dit is skoolvakansie. Ek kan nie onthou dat ek al soveel besoekers by Mooiplaas gesien het nie.
Na 'n baie lekker middagete by Mopani (hulle Daggha Boy Burger is puik) het ons die laaste skof aangepak Shingwedzi toe, waar ons eers om 17:00 arriveer het vir 2 wonderlike aande in netjiese verblyf.
Word vervolg.
Mooiplaas
Dankie vir die wildtuin trip vertelling....ek geniet dit. Ja, Mooiplaas is n pragtige picnic plek, maar ons kon destyds nie daar picnic oor die buffels wat daar oorgeneem het. ons het toe langsaan by Mopani gegaan onder daai groot grasdak. Was lyk my toe net pas mooi oorgedoen of dit word baie netjies onderhou. Daai Boabab ook baie mooi. Beide was ons alleen daar wat vreemd was aangesien dit ook toe in die Julie vakansie was. Miskien gebruik die mense wat soontoe ry eerder die geleentheid om die restaurant met sy spesiale uitsig te nuttig....ons sal ook in die toekoms eerde daai opsie neem as ons daar is.
Geniet Die Eiland verder....kyk uit vir die vervolg verhaal
Drie maande gelede...
het ons ook vir iets te ete by Mooiplaas gestop. Dit bly ook een van my gunsteling piekniekplekke.
Die groot grasdak by Mopanie (waarna Geert verwys) was ook menigmaal oor 'n tydperk van jare 'n plek waar ons heelwat tyd spandeer het - nie vir piekniek nie - ek het werkskwotasies gedoen terwyl Daan kort-kort koffie maak. Sein was redelik, elektriese kragpunt beskikbaar en elke keer was dit stil - ons was alleen. Dit sal nou vir my lekker wees om daar te wees en te weet ek hoef geen kwotasie uit te werk nie......
Nota aan "self": Mooiplaas. Drie maande is 'n baie lang tyd. Pak 'n piekniekmandjie en gaan kyk asof Chris die waarheid praat![]()
Ek kuier lekker saam, dankie.





Voortrekker....
...ek is nou seker al 'n goeie 20 minute op die blad en Chris B se eiland fotos word nog steeds afgelaai. Dit is fotos wat al gister en tevore opgelaai was!!!
Daar is groot fout met ons Blad!!!!