Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -9 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -10 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -11 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -12 hours ago

Kamp goeters in kappie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Geert, ek begin sommer die gesels.

Ek loop deur onder Herman se korswel oor my volgepropte kappie. Omdat die Kavango nie juis pakplek het vir groot items nie, word die volgende agter op die bakkie/kappie gelaai;

320Watt konvensionele sonpanele

2 groot opvou kampstoele

National Luna

2x kampkratte bo-op mekaar

3-laai kombuiskombinasie

sonsambreel, besem en geelwig

volle stel ekstra tentpale

graaf , boor, pomp vir bande

ekstra elektriese neuswiel, wat nou onnodig is

windskerms vir gasstoof

braairoosters en staander

volledige tent in sak

grondseil

emmer met 7 stukke pool noodle vir tentpenne

3x sakke brikette

5x 5l bottels water

gasbottel en gasbraaier

klein gewone houtvuur braaier 

boksie met houtblokke om onder domkrag te plaas, blik gatvol, snotstroppe ensovoorts.

3x rubbermatte om onder neuswiel te sit in sagte grond 

Dan mag Marie nog skoon goedjies op agter sitplek plaas.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/07/2026 - 11:01

Ek het klaar op 'n ander draad verduidelik wat ek alles agter in die kappie pak. Maar bygesê, baie van die items is slegs wanneer ons kom lank-kamp by Eiland Spa. Ek het al meermale vir Ralie gesê dat 'n wildtuinbesoek en kuier by Eiland nie lekker saamwerk nie. Daar word baie items vir die lankstaan by Eiland ingepak wat eintlik net in die pad is terwyl ons in die wildtuin kamp.

Nadat ek gelees het van Wessel se inpaklys, besef ek daar is verskeie items is wat ek uitgelaat het o.a. tent of stoeptent met sykante, kompressor, gereedskapkis, tassie vir elektriese boor, klein boogtent om te dien as stoorkamer en nog meer.

Vir korter kampe pak ek beslis minder in. Maar aan die anderkant - ons gaan weinig deesdae met kort kampe. Alhoewel, my agterent jeuk vir 'n 2 - 3 weke kamp in Karoo Nas Park.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/07/2026 - 11:12

Ek sien swarigheid om al ons kamp katoeters in 'n SUV te pak. Ek pak bo-op bed in Kavango net droograk, 2x opvoustoele, en opvoutafeltjie. Dan kom die Coleman op die grond in die paadjie. 

Ek het al baie gedink wat ek kan los, maar aikona, alles moet maar saam.

NS: Ek moet seg Chris B, jou lysie is ook baie, gedagtig daaraan dat jou vrieskas op 'n glyblad is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/07/2026 - 19:37

Geert, eintlik nie veel meer as gewone volledige jockey nie.

neus

Die "handle" wat ek vashou, skroef los van pyp. 12v motortjie. Werk skaflik op plaveisel, maar nie in losgrond nie. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 08/07/2026 - 07:51

Ja...is voordeel as daar pakplek in die karavaan is. By ons is hoofsaaklik hout, kole en as ons Weber saamneem agterop. Ek het al op paar geleenthede klompie sakke hout by die oord gekoop en agterop bakkie gesit en huistoe geneem, net om bietjie gewig agterop te kry....kombinasie voel nie vir my stabiel as bakkie leeg is agter nie. Ander rede is ook dat ons soms grondpaaie ry en my bakkie erg stof suig agterin

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/07/2026 - 08:19

...julle verstom my met julle minimalistiese kampeer opset. Ek het al baie na jou fotos gekyk, en gewonder waarom sukkel ek met so baie katoeters. 

Ek het agterklap met 1xkant sponsstroke geplak, en hou kappie se voorruit oop, op grondpaaie. Kry bittermin stof in.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 08/07/2026 - 12:17

Ek het al oorweeg om daai kit te koop om bakkie stofvry te maak, maar lyk of jy by die regte plek moet koop aangesien nie almal so goed werk nie. My broer was nou 10 dae by Skukuza met nuwe Ranger....hy het heelwat grondpaaie gery en sê daar was basies geen stof in sy bak nie...so klink of Rangers dit nou standaard is?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 08/07/2026 - 12:50

Ek het my Hilux se stofdigting by Hermanus Auto Fitment Centre laat doen - deels Toyota "kit". Ek sal dit vir die eerste keer die komende naweek in die wildtuin toets.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 08/07/2026 - 14:59

Sal gaaf wees vir terugvoering ChrisB. Een van my vriende het n kit op n skou gekoop. maar nie gewerk nie. Verskaffers se verskoning was toe dat rubberising op sy bakkie te dik is. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/07/2026 - 18:47

Ek het my Hilux se stofdigting by Hermanus Auto Fitment Centre laat doen - deels Toyota "kit". Ek sal dit vir die eerste keer die komende naweek in die wildtuin toets.

Het stofdigting goed gewerk? Ek lees elders dat iemand sê dat mens net n venster van die canopy oop moet maak, dan is probleem opgelos? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 13/07/2026 - 19:09

Ek het slegs die S56 gruispad gery. Of dit dus 'n objektiewe waarneming is? Daarvoor kan ek nie instaan nie. Maar ek het nie 'n teken van stof waargeneem het nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus