Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -2 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Geert -3 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -3 hours ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/11/2026 - 00:32

Gedink ek is die enigste wat nog wakker is. F1 pas klaar😁. Lekker dag vir jou.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 00:44

Ek het nou nie F1 gekyk nie, my slaap patroon is maar deurmekaar...gebeur ongelukkig gereeld. 

Gedagtes hou my wakker soos: Hoekom maak hulle n pizza rond, dan sny hulle hom in driehoeke en pak hom dan in n vierkantige boks? (Grap net) 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 01:08

Ek probeer steeds vasstel wanneer die beste tyd is om jou vlieg kaartjies te koop. Altyd gedink om ver vooraf te koop, maar lyk nie so nie. Ons het byvoorbeeld paar maande terug gekyk op SAL na Durban in November...goedkoopste kaartjie was R1659. Laasmaand kon jy vir November kaartjies kry vir R720, tans kos dit R870. 

Dieselfde voorbeeld sien ek op oom Len se draad. Hy maak melding van R5500 retoer volgende jaar, maar as mens nou op korter kennisgewing (oor 3 weke) , kan jy regkom vir minder as R3200.(soos per skermgreep foto). 

Maar ander kere werk dit weer nie so nie. Ons het laasjaar pryse gesien wat nogal hoog is en gedink ins moet wag tot dit bietjie daal....maar toe nooit gebeur nie

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus