Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Ek wil eerder ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Wil vir Rona ń fototjie… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Dullstroom na Hoedspruit vandag November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/11/2026 - 11:01

Lyk my ons moet ons regmaak vir 'n volgende olieprys verhoging.

Volgens oorsese koerante maak Trompie hom reg om berg Pickaxe te verwoes. Dit huisves glo die hoofsentra van Iran se kernprogram en verrykte Uraan. volgens berigte is Iran reeds besig om jodiumpille uit te deel aan die inwoners naby die berg.

So 'n daad sal beslis Trompie se ego streel, mits dit suksesvol is, en ten minste is daar dan een goeie positiewe uitkoms uit die aanvanklike Iran oorlog. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/11/2026 - 08:01

...het jy toe die Onderrok bestuur en bevoel?? Wat is jou indrukke, of soek jy vêrder??

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 08/11/2026 - 16:25

Nounet hael gehad tuis....gelukkig nie lank aangehou nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 08/11/2026 - 16:39

Die hael lyk rof. Hoop nie julle ontdek later skade nie. Laaste foto - goed om te sien dat jy nie mors met ys nie😁

Dat hael nou die ys moes breek op hierdie doodstil dag.... 

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 08/11/2026 - 17:04

En dit nogals met 'n bespreking of twee in gedagte. Ek het gistermiddag 'n e-pos gestuur aan Teri Lemveli (buite Beaufort) om oornag kampering te reël vir een aand. Dit is naweek en ek wag nog vir terugvoer, so nie sal ek môre die dag net 'n bietjie sy loop gee voordat ek bel. Hou maar duim vas...

Riverside Country Club by Ritchie werk eers weer om 9h30 môre, waar ons 'n eerste oornag beplan.

Brandstofprys moet maar wees wat dit wil 👀. Ons was nou aan huis gekluister vir te lank. Tyd om uit te stap. Opgewonde. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/11/2026 - 19:40

....onthou van Travalia by Drie susters en Steenbokkie by B.Wes.

Julle sien kans vir groot spronge, Dullstroon na Ritchie ongeveer 770km. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/11/2026 - 19:46

My studente vriend is vandag Kruger toe. Hy laat weet so rukkie terug, hulle slaap by 'n lodge naby Hoedspruit vanaand..

Hulle het met boswa die pad oor Dullstroom na Lydenburg, na Hoedspruit in mis en gietende reen gesleep. Gelukkig geen slaggate getref nie. Ek sal later detail uit hom ryg, was daar nie slaggate nie, of het hy hulle gemis.??

Môre sleep hulle Tsendze toe. Ek raai buite om, na P.Borwa hek.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 08/11/2026 - 19:49

Wil vir Rona ń fototjie stuur op die " privaat boodskap" funksie 😉. Die foto wil nie..Hier sit Voolie, gou ingekom vir rys en pasta brekfis. Sy broei.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 08/11/2026 - 21:38

Dankie vir ander voorstelle van oornagplek op ons pad. Ek het van Teri Lemveli gehoor - daar is vir ons 'n plekkie beskikbaar en ek is opgewonde daaroor. Vir baie jare het ons op die N1 net daar verby geseil en ek het gehoop om eendag ook daar aan te doen. Nou is die geleentheid hier en alhoewel dit slegs 'n een-nag-oorstaan beteken, sien ek baie uit daarna.

Dullstroom na Ritchie - ons sleep niks, so is die afstand nie 'n probleem nie. Wat ure op die pad betref kan dit effe langer neem agv. die dorpies waardeur mens ry, maar dis goed so - ten minste sien ons eers die N1 by Drie Susters. Jammer dat ons die Kambro gaan mis - sal daar aandoen vir ontbyt, koekies en lamtjops😁. Al hierdie gesê - indien Riverside vol bespreek is, is my prentjie deurmekaar. Sal hopelik môre weet.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 08/11/2026 - 21:45

is heel moontlik die mees bedorwe mossie ooit! Dankie Neef Herman, ek waardeer hierdie foto en sien baie uit na die res van die verhaal. Ek dink daar gaan weer 3 kleintjies wees - 2 mannetjies, 1 wyfie hierdie keer😸

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/11/2026 - 22:08

....'n absolute nuutjie vir my. Moes eers op internet gaan loer. Lyk na 'n baie netjiese oord, sekerlik met pryse wat veel meer as KarooNP s'n is.

 

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus