Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -3 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -4 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

JESA. Kampeer terrein

Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Goeie more uit n nul grade Graaff Reinette.

Tenspyte van die koue buite het ons lekker warm geslaap. En moenie die stilte vergeet nie.

Die ontvangs by JESA was ook warm en uiters vriendelik. 

Om op te som sou ek se 10 uit 10.

Hierdie plekkie op die PE pad sowat vier kilos uit Graaff.R  by Adendorp is n uitstekende oornag kampplek. Karavaan staan onder skadunet. n Sleutel vir jou eie badkamer is n extra bonus. Hier buite sien ek n braaier. So as jy wil langer staan kan jy jy maar braai ook.

n Besoek aan die uitkykpunt na die vallei van verlatenheid moet sekerlik beskou word as die kersie op die koek.

Oky oky , net nie nou nie. Kom doen dit in warmder weer. Volgens eienaar  / bestuurder is hulle nogal besig gedurende April /  Desember. Maak voorsiening vir bespreking.

Fotos volg.. want nou is ons aan die regmaak om verder te ry ... Plett toe

JSE

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/06/2017 - 08:17

Freda, vra Johan moet julle more help kamp skuif, dan gaan plak julle weer daar waar julle rivier uitsig het??

Jammer, ek het hierdie ding om so bietjie humor in te gooi as ek 'n gap sien.

Johan, (Oom Jeep) julle moet die kamp geniet.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 09/06/2017 - 08:24

Jeep en ander julle moet geniet hier is dit net werk en weer werk

0
Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP

OOM JEEP

Sun, 11/06/2017 - 20:18

Wou n vloekwoord los, maar hou my in.

Ek post knaend dubbel ,,, a.g.v. bewende vingers en as die foto klaar op is weet ek nie hoe om dit te "delete"  nie. .

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/06/2017 - 20:57

Verskoon my net 'n oomblik asseblief, ek gaan net gou pilletjies drink vir 'n seer skewe nek.  Ek is nou-nou weer terg !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/06/2017 - 22:17

Johan, soos per my whats app, laat weet net as ek jou kan help,  ek het probeer om hier vir jou reg maak, maar kon nie.

Moet net nie moedeloos raak nie, ons is almal hier om mekaar te help.??

0
Richardsbaai
Profile picture for user Stefan

Stefan

Mon, 12/06/2017 - 04:26

Wat nogal help om die nek pyne te verhoed, as jy op rekenaar is,regs-kliek op foto en kies "View image". Het nog nie op slimfoon probeer nie want jy kan hom mos draai.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus