Forums
Nadat my voertuig herstel is na die stamp agter pas my tando nie meer nie. Daar is nou n ander tipe sleepstang op wat nie n vasbout "goose neck" is nie. Moes nou n ander tipe hegstuk maak om n " yellow blade" te kan monteer. Indien iemand belangstel maak my n aanbod.





Nuwe Tando
My ou Tando kom nou-al 28 jaar aan. Toe ek die wa na Pine Joubert toe geneem het vir die installasie van my wa se "movers" en tru-kamera, het ek agtergekom dat die "car bracket" nie meer oor die nodige "woema" beskik nie. Die stang tussen die "car bracket" en "caravan bracket" is ook nie meer heeltemal kosher nie.
Ek het toe maar besluit om die volledige Tando te vervang. Met 'n bietjie huiswerk op die internet vind ek toe dat om die Tando direk by Bosal te bestel, 'n aansienlike besparing teweegbring versus aankope en installering by 'n karavaanhandelaar (in dié geval Cara-Camp in Somerset-Wes). Ek het eergister 'n volledige Tando "kit" bestel en hulle voorsien dat dit eerskomende Dinsdag by my seun se winkel afgelewer sal word. Ek gaan dit self installeer - m.a.w. ek sal darem 'n selfdoen projekkie aanpak wanneer ek terug is in SA.
Ek het ook gister 'n afspraak gemaak vir die stofdigtigting van my Rhinocab op die Hilux, vir Woensdag 28 September by Hermanus Auto Fitment Centre. Hulle het nogal 'n goeie werk verrig met die stofdigting van my vorige Hilux se Beekman-kappie. Ek wil graag ge-"gear" wees indien ek Ralie se grootword-plaas se gruispaaie in November aanpak - asook die Karoo Nas Park se gruispaaie eerskomende Desember (en natuurlik Kgalagadi in April).