Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -20 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Jong Kampers

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Man julle dis lekke om te sien dat jong mense ook begin om te kamp dit wys n mens net om te kamp rus jy nie net maar maak vrinne oud en jonk soos ek altyd se Kamp bly koning

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 26/07/2017 - 21:03

Sien ook gereeld jong mense wat kamp, baie begin eers met tent, en gaan dan oor na karavane.

Dit is goed, dit hou die bedryf aan die gang.

My kinders in Ausie kamp gereeld, die twee hier kamp maar nog saam met ons, maar hul planne kom stadig aan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 27/07/2017 - 11:46

Jong kampeerders : ek dink nie dis 'n nuwe ding nie.  Ek was 23 en my wederhefte 22 met die aankoop van ons eerste karavaan 48 jaar gelede.  Ons het heelwat kampeervriende gehad van dieselfde ouderdomsgroep en selfs ons kinders en hulle gesinne het al 'n tyd lank hul eie karavane.  Ook talle van ons kinders se vriende is karavaan-kampeerders.

Ek het egter weer gesien met ons onlangse Wildtuin vakansie dat daar talle jongmense is wat deur die kampgogga gebyt is.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Thu, 27/07/2017 - 13:03

Ek het my 1ste karavaan gekoop in 2008 toe ek  26 was, n jaar na ek en my wederhelfte getrou het. 

In 2014 na 6 jaar se kamp in ons 91 Sprite Sport het ons besef die is n leef styl wat ons nie maklik sal prys gee nie en graag sal wil doen vir jare te kom en opgradeer na ons huidige 2008 Gypsey Regal.

Nie ek of my vrou het as kinders gekamp nie, ons het maar in chalets hier en daar gebly.

Ons seun raak Nov die jaar 7 jaar oud en was 3 maande oud met sy 1ste kamp, hy raak groot om van kleins af 1 keer te kamp en geniet dit terdee.

Ons behoort aan n karavaan klub en ons het talle jong gesinne onder ons tussen ouderdom van 30 -40.

Ek glo dus dat daar baie jong mense is wat kamp, tent of karavaan.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 27/07/2017 - 14:57

Gedurende skoolvakansies en die einde van die jaar, sien mens werklik hoe baie jongmense deesdae kamp.   Vir ons, wat nou so buite seisoen kamp, lyk dit maar net of meer ouer mense kamp.   My seun wil nie graag in die winter gaan kamp met sy kinders nie.  As dit koud is of reën en die kinders kan nie buite met maats speel of gaan swem nie, raak hulle verveeld.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/07/2017 - 16:12

Ons kleinkinders het vanaf 1 maand begin saam kamp, ons glo hulle gaan die tradisie voortsit.

Adriaantjie is al so gesout, hy kap penne in op amper vyf jaar, okay, hy speel meer as werk, maar by hom is dit "kamp is koning"

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 27/07/2017 - 19:18

Armand kamp
Klein Armand op een maand.
​​​​​​

Baie oulike Len, daai oukie ken van hoek stutte se slinger draai.

Hier is klein Armand (ons jongste) op sy eerste kamp, hy is 6 Feb '17 gebore en die kamp was 9 Maart '17.

 

0
afrika

Bena

Tue, 01/08/2017 - 21:14

ons het ok met n tent begin kamp met 2 stoele coolerboks en n strand sambreel dit was vir ons so lekker om elke keer voor ons gaan kamp ietsie nuuts te koop vir ons kamp dit het so aangehou tot vandag toe ons het n rukkie later n karevaan aangeskaf en dit hou nog steeds aan ons upgrade gereeld ons wa met n Kassie of n ietsie om kamp nog lekkerder te maak ons kamp nou nog met ons eerste wa en dit sal ons enigste wa wees as ek my sin kan kry want die geld wat ek op hom spandeer het is hy nie werd nie ma ons geniet ons wa

 

glo my seun gaan ok n kamper wees hy kan nie wag as ons gaan kamp nie die vorige aand slap hy al amper in die kar as ek nie keer nie

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 07/12/2017 - 10:28

Het laas naweek by Eiland bietjie rondgestap in B en C blok en verbaas was ek hoeveel jong mense kamp opslaan hulle kamp op hulle manier so die toekoms vir kamp glo ek is in goeie hande Johann Anton sien nou eers die jonge by julle dis lekke

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 05/09/2018 - 05:30

Nuwe lede wat se julle van die jong klomp ? dit lyk of jong mense ook meer en meer begin kamp wat natuurlik goed is vir die bedryf en gee geld inspuiting vir die gebied, ja kamp sdal koning bly laat die vure brand slaan in daai tentpennewink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus