Sit ek hier met my koffie so op die stoep terwyl ek my koffie drink, en so sit en dink ek aan die Vrou.
Wonderlike skepsels wat hulle is. Ek gryp toe een van my dig bundels en wil met al die mans en vrouens hierdie mooi skrywe deel wat handel oor die Vrou! :
"Wie sal ’n ywerige vrou vind, want haar waarde is ver bo robyne?
Die verstand, wil en emosie van haar man vertrou in veiligheid in haar en haar kosvoorraad word nooit minder nie.
Sy doen goed aan hom en nie boos nie, al die dae van haar lewe.
Sy soek na wol en linne en werk gewilliglik met haar hande.
Sy is soos die handelaar se skip; sy bring haar handelsware van ver af in.
Sy staan ook op terwyl dit nog nag is en gee aan haar huisgesin kos en aan haar diensmeisies werk.
Sy ondersoek ’n stuk grond en koop dit; van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd.
Sy bind haar middel vas met krag en versterk haar arms.
Sy sien dat haar handelsware goed is, haar lamp gaan reg deur die nag nie uit nie.
Sy steek haar hande gretiglik uit en sit haar hande op die spinwiel.
Sy steek haar hande uit na die armes, ja, sy steek haar hande uit na die behoeftiges.
Die lede van haar huishouding is nie bang vir sneeu nie, want almal van hulle is in skarlaken stof aangetrek.
Sy maak vir haarself ’n bedekking van tapisserie, haar klere is van sy en purper.
Haar man is bekend in die stede, wanneer hy saam met die oudstes van die land sit.
Sy maak fyn linne en verkoop dit; sy voorsien gordels aan die handelaars.
Sterkte en eer is haar klere en sy sal haar verheug in die tyd wat kom.
Sy maak haar mond oop met wysheid en op haar tong is die wet van liefdevolle goedheid.
Die lewenswyse van haar huishouding is bo teregwysing en sy eet nie die brood van luiheid nie.
Haar seuns staan op en noem haar geseënd, ook haar man prys haar:
baie dogters het ryk geword, maar jy het hulle almal oortref."
deur Solly
"Jou spruite is ’n boord van…
"Jou spruite is ’n boord van granate met aangename vrugte; henna-blom met nardus,
nardus en saffraan, soetriet en kaneel, met allerhande bome van wierook, mirre en aalwyn, met al die hoof speserye.
Hulle is ’n fontein van tuine, ’n put van lewende waters wat vloei vanaf die L’vanon"
Koning Salomo
Interessant Anton, 'n mooi beskrywing vir Vrouedag, maar dit is eintlik maar Koning Salomo in Hooglied se wysheid en lofprysing wat Solly hier en daar aangepas het.
Die vrou is in als beter as…
Die vrou is in als beter as ons mans. Hulle kies selfs beter lewens maats..?
maar dit is eintlik maar…
maar dit is eintlik maar Koning Salomo in Hooglied se wysheid en lofprysing wat Solly hier en daar aangepas het.
Hello Len, Dit is Koning Solly-mon in spreuke en hooglied (-;
ek noem hom "OU" Solly
Skerp........
Skerp Anton ! Ek het gewonder wie is dié Solly dan !
Sjoe, die vrouens was regtig…
Sjoe, die vrouens was regtig edel in Salomo se tyd. Mag ek maar op Vrouedag sê, ek weet nie of dit vandag nog op ons almal van toepassing is nie? ![]()





Vrouedag
Hier nog 'n mooi gedeelte uit een van die ou gedigte wat fokus op die vrou en haar mooibaarlikheid:
"Hoe mooi is jou voete in sandale, dogter van die prinses! Die vorm van jou heupe is soos gesnyde kosbare stene, die werk van ’n bekwame werker.
Jou naeltjie is soos ’n ronde kom waarin gemengde wyn nooit ontbreek nie. Jou lyf is soos ’n hoop koring, omring deur lelies.
Jou twee borste is soos twee jong boklammers, tweelinge van ’n gasel wat wei tussen die lelies.
Jou nek is soos ’n ivoortoring, jou oë is soos die poele in Heshbon, by die poort van ’n prinses; jou neus is soos die toring van L’vanon wat uitkyk oor Dammesek.
Jou kop is op jou soos Karmel en die vlegsels van jou hare is soos koninklike purper, gebind met rye borduurwerk!
Hoe lieflik en hoe begeerlik is jy, o jy wat ek liefhet, genotvolle dogter!
Jou gestalte is soos ’n palmboom en jou borste is trosse druiwe."
deur Solly