![]()

Luister Saterdae om 18:00 tot 21:00 na “Om Die Kampvuur” met Noddy Naudè op Radio Wêreldwyd S. Ek gaan kampdinge, kampstories en ook maklike kamp resepte met julle deel. As julle enige stories, resepte en fotos met almal wil deel stuur vir my `n Whatsapp op “064 657 6296 “ of `n vonkpos by kampvuur@naudemail.co.za of deel dit op facebook op my Facebook groep. Onthou ons is n Internet RADIO STASIE, so luister aanlyn by www.kampforum.co.za/rww&…; of kliek die Radio Wêreldwyd "Luister Nou" skakel heel bo.
![]()
Nou ja amper weer tyd, hoop…
Nou ja amper weer tyd, hoop julle skakel in.
Lekker Noddy. Jy moet 'n…
Lekker Noddy. Jy moet 'n awesome uitsending hé! ![]()
Lekker, amper sulke tyd! …
Lekker, amper sulke tyd!
Ek sal nie kan inskakel nie, want die sein hier by my kampie is te swak. Jy moet 'n lekker uitsending hé Noddy! ![]()
ADSL issues die kant, die…
ADSL issues die kant, die modem vervang het nie gehelp. Almal ander moet geniet.
Aai oom Voorie, was onnodig,…
Aai oom Voorie, was onnodig, die probleem het die 18de begin, in die huis werk alles mos op internet. As internet af is, weet ons nie wat om te maak nie, Hy werk nog eintlik, baie lae spoed, kan net basic surf en kan darem forum gebruik.
Al my ebucks is na wyfie vir data op haar selfoon om te tether(hotspot).
Het maar kans gevat en gedink die probleem was aan my kant met die onlangse baie weerlig, nou het ek n spare.
Die kiddies wat kuier kan nie ps4, netflix, youtube of niks nie.
Kan ook net soveel keer probeer babies maak, dan haal my 46 ouderdom my in. 😠😬
Telkom bly dit in my gesig gooi met elke dag se opvolg(via mweb) dat hul standard response time 7 to 10 working days is.
Kan jy dit glo, in vandag se lewe van kompetisie, dat n maatskappy fyn daarmee is om te sê hul response is solank en as die fout aan jou kant is(soos my modem wat ek nou onnodig vervang het), dan word jy R150 beboet.
VET!
Moenie vergeet om vannaand…
Moenie vergeet om vannaand tussen 6 tot 9pm in te skakel nie! Kliek op die fikkerende RWW knoppie bo!
Ja dankie Voortrekker, Hoop…
Ja dankie Voortrekker,
Hoop julle geniet weer vandag se program.
Kan ongelukkig nie vanaand…
Kan ongelukkig nie vanaand inskakel nie, ons het nie wifi nie, kuier nog in Midrand, en gaan nou-nou ry.![]()
Noddy kook vannaand... Ek…
Noddy kook vannaand...
Ek dog hulle braai ....vleis !!!





Dankie vir almal wat…
Dankie vir almal wat ingeskakel het