Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Wat is jou wa se naam, en hoekom.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Wat is jou wa se naam, en hoekom het jy daarop besluit.

My wa se naam is "Rambling Boy", dit kom nou al 'n lang pad. My oorlede skoonpa wou altyd sy karavaan Ramblin Boy noem, maar hy het gewag tot hy met pension gaan. Die gedagte was om dan die pad te vat en net te "Ramble" waar ookal sy bakkie se neus heen gewys het. Hy is oorlede voor hy sy droom kon verwesentlik. 

Ramblin Boy van Tom Paxton, was sy gunsteling lied, en dit sou ook heel gepas wees dat sy woonwa so heet, want, hy sou mos gaan "swerf" (ramble) het.

My vrou het na sy dood, al haar karre name gegee,  en toe ons, ons pension wa koop, moes dit ook 'n naam kry. My heel eerste gedagte was "Rambling Boy" want dit is ook my droom om op laaaang toere  te kan gaan en net te "ramble".

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 26/08/2017 - 21:17

aangesien ek grootgeword het innie kaap met die woord klonkie as 'n klein kaalvoet seuntjie, en my pa my ook partykeer klonkie genoem het, het dit as 'n gepaste naam geklink vir my klein waentjie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 21:22

Nogal so gedink, klonkie is 'n kaalvoet seuntjie,  maar kon nie die waentjie sonder skoene (bande) sien nie

Willem, het jy 'n nuwe plaat laat maak,  joune het mos verloor of iets? Baie oulike idee. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 21:25

My wa se naam is Jurgens Exclusive.

Hoekom ? : omdat die fabriek die naam vir hom gegee het en dit sy naam was sedert geboorte.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 26/08/2017 - 23:15

My bus se naam is Froggy. 

Yvonne het paddas bymekaar gemaak, seker al oor die 3000 van hulle. Toe ek my bus begin bou het, het ek vir haar gesê as sy ophou om die goed te koop, sal ek die bus Froggy noem.

Sy het toe op gehou om hulle te koop. 

Ek het egter vergeet dat almal weet sy maak hulle bymekaar en mense koop nogsteeds vir haar paddas vir haar verjaarsdag en kersfees.

So die bus se naam is Froggy en sy kry nogsteeds padda geskenke. He He

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 27/08/2017 - 14:24

Dusty jy laat my nou terug dink na die sewentiger jare, toe was LSD 'n dwelm wat nogal groot opslae gemaak het. Ek dink dit was in 'n pil vorm.

Len, ek het nog nooit een van my voertuie 'n naam gegee nie,  die Penta was die eerste. Moet sê, ek hou regtig van die naam.

0

As jy ooit agter my ry as ek die XT 140 sleep met die Hilus op n grondpad sal die naam se betekenis vir jou duidelik word.

Daai XT het n as en n half aan hom en skrik nie vir slegte paaie as die Hilux hom bo van sy suspensie prober afsleep nie.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 28/08/2017 - 09:41

trailerFull of sawdust, hands full of glue, face dirty, hair dishevelled and moeg beyond moeg...

A whole weekend it took for me to buil it... And there I stoood in my werks-oorpak..... PROUDLY surveying my creation...

Along comes my Son and says... "O.... Youré finished"....

"Suppose it will work.................. <long pause>......................

Gotta say though.... It's one butt ugly trailer....

So there we have it Ugly butt, or I'tl Dodat's ugly butt.....

I

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 28/08/2017 - 10:40

Die Raven het nie 'n naam nie.   Maar aan die binnekant van die deur het Colin die woord "Relax" opgesit.   Ek het, op 'n stadium by my werk, deur 'n stresvolle tyd gegaan en Colin het altyd vir my gesê om te relax.  Eendag het hy by die kwekery die relax woord gesien en besluit om dit te koop.  Wanneer ons gaan kamp het, het hy dan na die woord gewys as hy dink ek relax al weer nie! laugh 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Mon, 28/08/2017 - 15:11

Ek is ook nie iemand wat name vir my ry goed gee nie, plak ook geen stickers daarop nie!

My karavaan se naam is Gypsey Regal, net met die nodige stickers soos uit die fabriek! 

Maar almal verskil, ek het niks fout of probleem met diegene wat dit wel doen nie..

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 28/08/2017 - 19:38

Ons wa se naam gaan wees Mollers se nessie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus