Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daar is nie veel oor in my… Onrus woonwapark Voortrekker -32 minutes ago
soos Heinz Konsalik se boek.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Onrus sal my altyd laat… Onrus woonwapark Voortrekker -1 hour ago
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -13 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -13 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

Riviera Gasteplaas & Len Loader

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Almal weet teen hierdie tyd dat ek en vroulief erge Kruger Wildtuin geesdiftigers is, ten spyte daarvan dat ons 2000km daarvandaan in Kaapstad woonagtig is.  Ons reis elke jaar hierdie 2000km na ons gunsteling vakansieplek en doen dit graag aan die begin van die winter, in Meimaand - hierdie keer is ons in Kruger bespreek vanaf 6 Mei 2018.

Normaalweg ry ons in sarsies van 500km en oornag in Beaufort-wes, dan by Riverside Country Club duskant Kimberley op die N12, dan Pretoria en daarna kom Kruger aan die beurt. Vroulief het gekla oor hierdie "40 dae en 40 nagte" se ge-oorslapery en ons het toe vir die eerste keer hierdie jaar  na 1000km op die N1 in Bloemfontein oorgeslaap.  Dit het nogal goed gewerk met een uitsondering : ek mis die oorslaap duskant Kimberley by Modderrivier/Ritchie by Riverside Country Club, reg langs die rivier !

Ek kon nie glo toe ek die goeie kommentare van Riviera Gasteplaas, net anderkant Bloemfontein, langs die N1 en ook langs 'n rivier, nogal die Modderrivier,  lees nie.  Dit sal dus eweneens vir ons maklik wees om vroeg weg te spring uit die Kaap en dan teen laat middag by Riviera te arriveer, weer langs 'n rivier ! (En dan is die "40 dae en 40 nagte" storie ook sommer uitgesorteer).  Met ons terugkeer uit die Wildtuin kan ons dus weer by Riviera Gasteplaas oorslaap voor ons laaste tog tot in die Kaap.

Dis nogal iets wat ek en vroulief ernstig moet oorweeg.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 10/09/2017 - 10:06

Len, ek het ongelukkig nie foto's waar Surette se broer hulle gestaan het nie, hulle was onder en ons staan gewoonlik bo.  Maar een ding is verseker die twee se oewers is glad nie en nie eers naastenby die selfde nie.

1

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/09/2017 - 15:19

Help 'n bietjie Willem die ou verstand is nie altyd meer so helder nie :-

  • Die "onder" en "bo" waarna jy verwys, is dit albei by Riviera Gasteplaas ?
  • "Die twee se oewers", is dit twee verskillende karavaanparke ?
  • Op jou foto hierbo wys dit dat Riviera Gasteplaas ver van die rivier is.  Op hulle website wys dit 'n ou met 'n vis en die rivier en ablusie/huisie in die agtergrond.

Jammer as dit stupid vrae is.

 

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Sun, 10/09/2017 - 18:07

Len.

Ons beplan om oppad af suid op Riviera oor te staan (ongeveer 08 Oktober). Ek sal verslag doen.

Willem.

Is dit die moete werd om 'n paar dae oor te staan op Riviera?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 10/09/2017 - 18:23

Len

As jy na die foto kyk aan die onderkant is waar jy inkom (eintlik die bo punt) daar het ek 'n blou kruis gemaak, dit is waar eons gestaan het.

My plek merk is waar die ablusie is.

Dan as jy kyk na die skerm print van Google Earth aan die bo punt (die naaste aan die rivier) is waar die onderste staanplek naby die rivier is.

Toe ons daar gestaan het af Kaap toe en terug was daar nie veel water in die rivier nie, met die terug keer het Surette se broer hulle daar onder by die rivier gestaan.

1

Koos,

Daar is niks om te doen nie, behalwe as jy net wil sit en rus.

Anton

River of Joy, is reg lans hulle maar is glo nie so ........ nie ?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 10/09/2017 - 18:38

Ons beplan om oppad af suid op Riviera oor te staan (ongeveer 08 Oktober). Ek sal verslag doen

Koos ons kamp vannaf die 7de op Riviera - om artikel te skryf oor die kampplek

Lyk my ons gaan mekaar raak kamp

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 10/09/2017 - 21:42

Ja Koos dit sal lekker wees.  Dit is natuurlik die Macufe fees in Bloem daardie selfde naweek.  6-8 Okt.     Lolla moet die Sondag met tennis begin, so ons gaan al die Saterdag kamp opslaan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/03/2018 - 12:23

Nouja, die tyd kruip nader dat ek my prys gaan benut om op 1 Mei by Riviera oor te slaap.

Anton, ek het jou artikel deurgelees en ook Riviera se webblad bekyk, maar niks word gesê of hulle etes aanbied nie.

Ons plek is reeds bespreek en ek het vergeet om te vra.  Enige inligting in dié verband ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus