6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Tank Buddy - deur Len Loader

Submitted by Admin on

k het onlangs 'n TankBuddy as 'n geskenk ontvang en deel graag my eerste ervaring daarvan.

Omdat my Exlusive al 12 jaar oud is, bevat hy nog die ou water-vul gat wat met 'n klappie toemaak.  Die nuwer waens het almal 'n inskroef-prop wat die water-vul gat toe maak.  Die TankBuddy benodig die inskroef water-vul gat en ek moes myne dus dienooreenkomstig verander.  Ek het die nodige by Campworld gekry en hierdie omskakeling self gedoen.

My volgende uitdaging was die tuinslang-koppelstukke wat losskiet van die tuinslang sodra die TankBuddy ophou om water in te pomp wanneer die tenk vol is en die drukking in die tuinslang opbou.  Dis nou redelik uitgesorteer.  My tweede probleem wat ek nog nie kon oplos nie, is dat die TankBuddy nie die tenk wil volmaak as die tenk halfvol is wanneer dit gekoppel word nie.  Sodra 'n kraan iewers oopgemaak word om water in die wa te verbruik, dan pomp hy wel water in.  Die probleem word heelwaarskynlik veroorsaak dat ek die Tank Buddy ongelukkig nie permanent aan 'n buitekraan kan koppel nie omdat die naaste kraan oorkant die pad is en ek nie die tuinslang daar kan laat nie.  Sodra 'n kar daaroor ry, skiet die tuinslang koppelstukke los. Ek wou toe maar net die TankBuddy koppel as ons stort.  As ons begin stort en die tenk was half, begin die TenkBuddy wel pomp, maar stop sodra die krane toegedraai word en die tenk bly half vol. Iemand het voorgestel dat ek iewers 'n kraan effens oophou sodat die TankBuddy sal aanhou pomp, maar did 'n beslommernis en werk nie eintlik nie. As iemand beter raad hiervoor het, sal ek dit waardeer. Ek volg maar die gebruik om die tenk voor ons stort sonder die TankBuddy vol te maak, dan die TankBuddy te Koppel en dan heerlik te stort.  Dis nie 'n "train smash" nie, want daar sal altyd water wees terwyl jy stort, al stort jy  hoe lank ookal.  Daarna ontkoppel ek die tuinslang van die oordkraan.

Gegewe die waterskaarste in die land is ek senuagtig om 'n kraan 24/7 gekoppel aan 'n tuinslang oop te hou terwyl ons eintlik net water op 'n redelike skaal benodig terwyl ons die stort gebruik.  Sênou die tuinslang koppelstukke skiet los wanneer ons nie byderhand is nie ?

tankbuddy

 

 

 

 

 

 

 

Hierdie is 'n foto van die Exclusive se ou waterinlaat-punt:

TB

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

TBSo lyk dit na die modifikasie van die water-inlaat nadat dit verander is soos latere Exclusives s'n

Secunda

Sleep nou

Mon, 20/11/2017 - 19:17

Het net n 25 liter water kan wat voor neus is maar ek gaan een inbou Willem

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 20/11/2017 - 21:17

Ek is self op die uitkyk vir 'n plat 100L tenk wat ek onder die Penta kan in bou, die 25L kan hou nie lank nie.

Het net n 25 liter water kan wat voor neus is maar ek gaan een inbou Willem

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/11/2017 - 21:28

Ek het kort na my skepping van hierdie draad in April met die TankBuddy vervaardigers gepraat oor die probleem dat die TankBuddy nie die watertenk volmaak en dan stop nie.  As water gebruik word, bring die TB dit net tot by die vlak waar dit was, al is hierdie vlak net halfvol.  Hulle het nog nie van so 'n probleem gehoor nie en kon selfs na 'n tydperk nie vir my 'n verklaring gee nie.

Die enigste ander probleem is vandat ek die verandering van by die vuller-nek aangebring het (kyk fotos hierbo) kan ek nie meer die tenk met 'n gieter volmaak nie  -  water kan alleenlik onder druk in die tenk "ingepomp" word.  Dit moet iets met 'n lugblokkasie te doen hê want TB vereis dat die oorloop/ "breather" moet afgeseël word. Die nuwe "breather" is nou 'n piep-klein gaatjie bo die inlaat. Willem, ek weet jy het 'n eie stelsel ontwerp en gebruik nie 'n TB nie, maar sou graag wou weet of jy jou tenk nog met 'n gieter kan vul ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 21/11/2017 - 10:38

Ja Len, soms is die water kraan van daai sonder skroef draad of van so aard dat ek nie my pyp kan koppel nie.

Jaco het myne (die eerste) gebou volgens my planne.  Hy het dit sederdien verander na sy eie planne.

Ek het nou my 12v silenoid klep vervang want soms wil hy nie lekker vul nie, maar dit kan moontlik die level switch wees binne die tenk, want soms moet ek hom errs vol maak voor hy werk en daarom vermoed ek die lebel switch steek vas.

As dit weer gebeur sal ek by Jaco hoor om hom te verander volgens sy plan want hy gebruik glo nie meer die level switch nie.

Dit is nou Jaco van den Berg van Pretoria Oos Woonwakliniek na wie ek verwys.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus