Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -2 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -2 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -2 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -3 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Kamp op/afslaan

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Sommer om lekker verder te klets, en nie Dibiki gesprek vol te pak nie.

Soos Chris S noem, alle waens se hardewerk verskil. Dan speel ouderdom ook 'n rol.

Ek pak ook omtrent die wa leeg. Dan nog al die goete agter op ou Grompie. Uiteraard klere, oorskiet kos en drank word uitgepak. Van die duvet's bly in die wa. Prioriteit is om die trokkie leeg te maak, want dis kombuislaaie, NL, gasbraaiers, sonpanele, stoele om net 'n paar te noem. 

Weens gebrek aan spoed, en baie tyd beskikbaar, geskied die inpak maklik oor 'n dag. Die afpak by die huis, neem so 2 ure.

Die afbreek en oppak by die oord, geskied ook in paaiemente. Gewoonlik die vorige aand al, word die badkamer afgebreek en ingestoot. Afhangende van die weer sal ons besluit hoeveel seile gelos word tot volgende oggend. 

Staanmaak vir kampeer, vir meer as 1 nag, neem ook so 2.5 ure. Die hardheid van die grond is die bepalende faktor. 

Soos genoem, ouerdom en ongemotiveerdheid vir die baie werk, laat my met leepoë kyk na alternatiewe woonwaens. 

 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/11/2022 - 17:29

Baie het my al gevra hoe lank vat dit my op tente ens. staan te maak, my antwoord is solank as wat ek kamp.  Die afslaan begin ook die vorige dag vernaam as dit 'n lang kamp was anders as dit naby naweek kamp is hang dit af hoe laat ek uit mot wees.

Die pak, wel dit geskied gewoonlik die week voor ons vertrek.

Die af pak, wel soms as dit 'n lang kamp was sal ek net die ST intrek karavaan op krag sit vir die yskas dan as ons laat by die huis gekom het wag dit vir die volgende dae.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 16/11/2022 - 17:57

.............ons maak netsoos julle as ons laat van 'n ver-kamp af terugkom : bêre die karavaan in sy motorhuis, koppel die krag en doen die af- en uitpakkery die volgende dag.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 16/11/2022 - 17:58

Omdat ons  goed in die wa bly neem dit so 'n uur om die Ford met hout en braaier en kos en drinkgoed te pak vir 'n naweek kamp. Opslaan by die kamp is net die grondseil uitgooi en awning afrol en tenk vol water maak so 20-30 minute dan kamp ons.

Op vakansie om die Ford te pak so 'n agtermiddag vir my en Elmarie wat die wa pak. 

Terug by die huis so 'n dag om af te pak en alles skoon te kry en terug te pak in die wa. 

Niks lê rond in die wa nie en ons kan enige plek stop en oornag sonder om eers goed uit die wa te haal. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 16/11/2022 - 20:37

Ek het 'n kleintjie dood aan goed wat in die karavaan rond lê, my kar is propvol gelaai, tente, water / waterkan, stoele, ens gaan in die kar. Maklik om dit in en uit te kry, maar as ek oor goed moet klim om in die karavaan in te kom....?

Gelukkig het ek baie spasie binne die kar.

Die opslaan vat gewoonlik nie so baie lank nie, net drie of vier sulke laser kyke, dan dpring ek.wink

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 16/11/2022 - 20:53

..............ons is beslis voëls van enerse vere.  Ons karavaan binne-in het niks wat rondlê of op die bed opgestapel word nie.  Omdat ons dikwels ver reis en baie oorslaap, stop ons net, laat sak die stutte, koppel die krag en kan dan dadelik in die bed klim of eers gou iets te ete saamslaan.

Ek glo ook daarin dat ons tent, grondnette en alle los goedere in die Pathfinder gepak word en ook ons vrieskassie ry in die P/F gekoppel aan 12V terwyl ons ry.  By ons oorslaap bestemmings koppel ons 220V net mooi daar agter-in die P/F.  Ons tafels, stoele, staal-skinkborde en skottelgoedrak word in die storthokkie gepak terwyl ons reis.

Ek is sommer nou lus om te gaan kamp !

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 05:50

Môre vriende

....te veel goed saam, of my waentjie is te klein. 

Ek dink die Kavango het net min pakplek. Ek pak op sy agterste dubbelbed die droograk, 2 x stoele, plastiese tafel, en beddegoed. Onder die bed is netnet plek vir die los mikrogolf oond. In die paadjie, voor die deur, kom die ou Coleman koelhouer.

Agter op Grompie kom die volgende;

320 watt sonpanele,

nog 2 x stoele,

Natonal Luna

stapel 3 x kombuislaaie

2 x plastiese kratte met toue, verlengkoorde, penne 

gasbottel met braaier

grondseil, tuinslang, geel-waterpas wig

boor, lugdrukpomp, graaf, 2 x emmers

hout en charcoal

tentsak

boksie met houtblokkies om onder domkrag te sit, kettings om goete vas te sluit

elektriese neuswiel

braairoosters

25l drinkwater

Verlede Meimaand, terug van die Kaap, met my doekvoet, het ons net agterste bed afgepak om te slaap. Gewoonlik vir 'n enkel nag se oorslaap, slaan ons die voorste bed oop. 

Ek moet noem dat met die Rhino-Alucab kappie, wat se kante oopmaak, die pakkery ietwat makliker is. 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 08:38

Môre Anton

Nou wat se spesie dink jy is ons, anders as Homo sapiens sapiens.???

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/11/2022 - 08:47

..............as ek kyk na jou lysie van goed wat uit-/ingepak moet word, stem ek saam dat kamp harde werk is.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 17/11/2022 - 10:33

Die opslaan en afslaan is maar n ding maar kamp bly koning my Swing het ook niks wat rondle nie los goed in kratte agter in bakkie n ou leer so met die jare wat vat jy saam en wat nie innie begin het Berdien gepak vir n maand maar ons net n naweek weg nou is sy soos ek net die nodige

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 11:28

....om te los nie. 

Alles word gebruik, behalwe die graaf wat selde ingespan word. 

Houtblokkies is daar indien ek Kavango se wiel moet ruil. Grompie se domkrag se slag is te kort om hoog genoeg op te lig. 

Chris S: Wat gebruik jy om jou Kavango op te domkrag.?

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/11/2022 - 11:30

Die Kavango het vir seker baie minder pakplek as ‘n padwa. Lg is baie breër as ‘n Kavango. Die Kavango se neuskas is minder as helfte so groot soos ‘n padwa s’n, en as ek reg onthou het joune dalk nog die lugversorger ook in? Die Kavango het ook nie ruimte onder die vloer/bed wat van buite bereik kan word soos in ‘n padwa nie want die grondvryhoogte verskil baie en die Kavango se onderkant loop skuins na bo van agter die wiele af. 

Ons Kavango word nog erger gelaai as joune Wessel, want ons het twee kinders. Die agterste bed is dus gepak met die voorste bed se helfte van die matras, opvou tafel, opvou kombuiskas en beddegoed vir albei beddens. In die gangetjie tussen die beddens staan die pot en Kara se trapfiets, en die gazebo lê dwars oor. Onder die agterste bed se kussings in die drie ruimtes wat nie batterye in het nie kom die stormseil, tent se kant en voorste seile, onderrok en stort se dak seil, ‘n opslaan braaiertjie, gazebo se seile en silwer seil. Onder die agterste bed in die middel kom die stormnet, grondseile, opvoustoele, voorste tent se paaltjies, opvou wasgoedmandjie en die pennekas. In die neuskas kom die gasbottel, al die braaigoed, geel wig, tuinslang, swembad noodles wat oor die vere van die tentpenne pas om te keer dat ek oorkom wat jy oorgekom het, slinger vir hoekstutte, byl en graaf. 

Alles hier bo genoem bly egter in die wa tussen toere, afgesien van die tuinslang wat tuis ook gebruik word en grondseil wat na toere gewas word. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/11/2022 - 11:38

Wessel

Ek het die Kavango se wiele nog net tuis gelig vir inspeksies en om die remme te stel. Dit doen ek sommer met ‘n groot trolley jack wat ek by my pa geërf het en sit die as op bokkies.
 

Ek neem aan jou veel nuwer Kavango het nie ‘n soliede as nie? Die Everest se domkrag sal werk as ek dit onder die Kavango se as sit, en dis in elk geval die regte plek om dit te lig glo ek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 11:47

Chris S

Myne het die onafhanklike spiraalveerstelsel. Dit was 'n opsie in op die 2016 - EXTREME model. 

Dan natuurlik het myne die groot bakkiebande [265/65 R17] op, wat dit nog hoër van die grond maak.

Maak tog eendag by die huis seker dat jou domkrag wel gaan werk, voordat jy langs die pad sukkel. Ek het by die huis die drukpunt en spulletjie mooi bekyk.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/11/2022 - 11:51

Maak tog eendag by die huis seker dat jou domkrag wel gaan werk, voordat jy langs die pad sukkel.

Ek het ‘n knoop in my oor gemaak om dit sommer môre te doen wanneer ons by Skurwekop kamp staanmaak net om seker te maak.  

0
Sandbaai

maurits

Thu, 17/11/2022 - 12:26

Ek het die wonderlike voorreg om tot op hede 53 jr. met my eie karavaan te kamp. Voor dit vir enkele jare saam met my ouers. Ek wil net graag noem dat ek dink in vroeer het ons gaan kamp deesdae verhuis ons. Hoekom maak kampers dit vir hulle self so moeilik om die hele huis saam te ry veral noudat ons ouer is. Ek dink ons moet slegs inpak wat vir kamp bedoel is. Wat maak n losstaande oond om n kamp meer gerieflik te maak. So is daar nog vele meet items wat onnodig is.Op my ouderdom sien ek en my vrou ook nie kans om ons groot tent op te slaan nie. As ons gedurende Februarie by Jongensfontein gaan kamp, slaan ons net die affak met 2 kante op en neem slegs stoele en tafels om dit vir ons gerieflik te maak. Groete. Maurits

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/11/2022 - 12:35

Ek het destyds vir my 2 x 12v skêr domkragte gekoop waarmee ek die Exclusive gelig het want jy kan nie op die as lig nie.  Ek het dit ook gebruik om die karavaan oor die dwarste gelyk te kry.  Een is altyd in die ST want hy werk baie lekker.

.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/11/2022 - 13:35

Hoekom maak kampers dit vir hulle self so moeilik om die hele huis saam te ry

Happy wife, happy life. (On)gelukkig het slim mense allerhande toestelle uitgedink wat kampeer meer gemaklik maak en klomp geld kos.


Ek dink nog iets wat verander het, is dat sleepvoertuie deesdae baie meer pakplek het in vergelyking met bv ‘n Cressida of Cortina van vroeër jare.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus