Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -23 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -47 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -56 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Sprinbokpastei

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Waar's die jagters en/of wildsvleiskenners?

Ek het 'n tyd gelede 'n springbok gewen met 'n lootjie by my rolbalklub. Die slaghuis wat die bok geskenk het, het op my versoek van alle vleis wat vir biltong gebruik kan word vir my biltong gemaak. Ek is nie veel van 'n wildsbiltong liefhebber nie (gee my beesbiltong) - maar ek moet sê dat die slagter het nogal 'n goeie "job" gedoen.

Ek het ook 'n hele klomp bene, met vleis aan, ontvang. Ek verstaan as jy hierdie vleis van die bene afkook, kan jy lekker wildspasteie maak. Maar ek en my vroulief is maar onnosel wat wildsvleis aanbetref. Ek soek 'n bietjie leiding. Ek het uit verskillende bronne verneem van sogenaamde "moets" wat by die vleis gevoeg moet word. Sommiges sê dat klein stukkies "bacon" is 'n moet. Andere sê jy moet naaltjies byvoeg. Nog menings is sago om vleis 'n bietjie "los te maak". Nog 'n mening is dat byvoeging van asyn (maar hoeveel?) is ononderhandelbaar.

Voor ons nou 'n boe-boe aanvang, soek ek bietjie raat (of is dit raad?).

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 19/11/2022 - 14:23

Chris ek soek ook maar vir so iets, hier is 'n paar skakels.

Skakel-1

Skakel-2

Skakel-3

Skakel-4

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 19/11/2022 - 19:49

..................toe ek die opskrif van hierdie gesprekslyn sien, dog ek dit gaan oor SA se rugbyspan en die "pastei" wat hulle direkteur aanvang.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/11/2022 - 07:18

Môre Chris B

....knoffel byvoeg nie. laugh

Ek kan die reuk en smaak van knoffel in enige kosproduk, nie verdra nie. Ek het nou die aand 'n pak vis weggegee omdat dit met knoffel behandel was. So koop Marie ook vleisspeserye om oor braaivleis te sprinkel. Ek het die hele pak weggegooi sommer met die oopmaak slag.  

Gelukkig vir julle, kan jy in jou pastei gooi net wat jy wil. Ek onthou my voorgangers het geglo aan 'n bietjie varkvleis om bietjie vet by  die "arm" wildvleis te kry, en bietjie naaltjies. Laasgenoemde en ander speserye is seker maar na elkeen se smaak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 20/11/2022 - 09:09

Chris, neef is erg dom by kosmaak, maar so maak ek met my wildsvleis. Daarvan het ons altyd.

Braai n stuk vet varkvleis in n swaarboom pot, soos met kaiings maak, totdat daar klompie gesmelte vet is. Sit die wildsvleis by, en braai so bruin in die vet. Nou n liter "stock" hoender of skaap, saak nie maak nie, in die pot saam met peper en so klompie gemaalde naeltjies, skud woestersous.  Jy sit n paar groot stukke wortels en n stuk seldery en paar growwe stukke uie in. Prut jy dit totdat die vleis van die bene afval. Proe of die sout reg is, en hou maar die vog dop vir aanbrand. Haal bene uit, en Voila.... wilsvleis fynvleis.

Dit is al wat ek weet, en jy doen doen maar op risiko !!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 20/11/2022 - 13:13

... vir almal se insette, behalwe Wessel s'n. Ek sal nou nie knoffel by die wildvleis gooi nie. Maar jissie, dis een ding wat ek smaak. Ek en Ralie vrek (figuurlik gesproke) oor knoffel.

Ek het intussen die vleis van die bene afgekook - in 'n drukkoker vir 2 uur. Dit het sommer van die bene afgeval. Ek het 'n paar naaltjies en swartpeperkorrels bygevoeg. Die vleis is intussen fyngemaak en moet nou nog gedokter word met die ander byvoegings. Ek kyk na almal se voorstelle. Nogmaals dank.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 23/11/2022 - 16:33

Ons het toe maar by al die voorstelle geloer en eie inisiatief gebruik. Ons het uiteindelik besluit om eerder kleiner pasteie te maak - so "garage pie" grootte. Ek vertrou ons sal sooibrand gespaar bly. Daar word mos beweer dat die mees seker manier om sooibrand te kry is 'n koue "garage pie" en 'n warm Coke.

Ons het gisteraand by die orige fyn springbokvleis 'n blikkie gemengde groente gevoeg en as hoof-bestanddeel vir aandete genuttig. Lekker!

Die pasteitjies is nou gevries en sal getraai word as ons nie lus het vir groot kosmaak nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus