Eskom het my geïnspireer om ‘n soort van liedjie te skryf. Wees gewaarsku dat dit die f-woord bevat (ek kon dit nie op die onderwerp vermy nie, al praat ek net so wanneer ek alleen in die motorhuis werk en iets dom aanvang).
https://soundcloud.com/c…
...van afbreek, brand stig…
...van afbreek, brand stig en klippe gooi as iets nie werk nie.
Die trein is laat omdat die krag af is, dus steek die trein aan die brand. Môre is daar nie 'n d....se trein om te loop nie.
Dis die mentaliteit wat ek nie kan, of ooit sal begryp nie. Kom verkiesingtyd, dan stem ons maar weer verkeerd.
Ek stem 100%. Dan moet ek maar as negatief beskou word......
Hennie ...
.... ek weier om as negatief gebrandmerk te word. Ek beskou myself as 'n realis. Diegene wat my as "negatief" sien is na my mening mense wat, soos die spreekwoord lui: "Daar's niemand só blind soos dié wat nie wil sien nie".
Beeldbouers
Môre Hennie, Chris B en ander lesers
El kan soms vreeslik skuins ontstemd raak, as ek moet luister na die "beeldbouer" sprekers/konsultante. Die wat so borrellend positief is oor alles. Dis nou die mense wat 'n halfuur kan bollie praat oor;
is jy 'n watse kleur mens, en wat beteken dit
is die glas halfvol of halfleeg.
Wat sien jy in die prent, 'n half kaal vrou of 'n heks. Wat saak maak is, hoekom is sy nie heeltemal kaal nie!!!!
Ek is 'n realis, en as dit dan 'n "negatief" bordjie om my nek hang, dan is dit maar so. As die skrif aan die muur is, moet mens meer as 30% in matriek gehad het, om te kan lees met insig en begrip.
Dalk is die groot probleem dat die persone aan bestuur van sake [deesdae] nie vooruit kan sien en beplan nie. Dit is die kultuur van;
die suiker/seep/wasmiddel is klaar. Kon dit nie tevore ge-antisipeer het nie.
Die masjien is stukkend, kon nie sien dat 'n boutjie laasweek al uitgeval het nie.
Ai tog, nou voel ek sommer geheel beter, amper positief![]()
Eskom ...
Ek is positief en glo nie maklik die algemene stories nie. Maar met Jors Malan se verduidelikking oor die water wat vry gelaat word uit Gariep vir die krag het my laar dink (van julle moes dit gesien het waar ek sy terugvoering plaas)
Toe kry ek hierdie YouTube en dit is nie iemand wat enige party probeer beskerm of afbreek nie. Ek dink wat hy sê maak 100% sens, SKRIKWEKKEND beslis.
❓⁉️
Negatief / realisties
Interessante uitkyke op die lewe hierbo.
Wat my wel interesseer is dat negatiewe of realistiese kommentare oor alledaagse, nare gebeure soos wat ons tans daagliks in Suid-Afrika ervaar, sulke populêre gesprekke onder ons mense word. Byvoorbeeld, dat Eskom se krag-lewering 'n totale gemors is, is mos nie nuuswaardig nie en aanhoudende gehuil daaroor op ons gewone mense se skouers gaan mos absoluut NIKS aan die situasie verander nie - en daar is talle ander voorbeelde. Waarom dan is dit so lekker om daaroor te gesels ?
Ons staan op die punt van 'n nuwe jaar en ons het die keuse : laat toe dat al die slegte dinge van die verlede jou denke vir die toekomstige jaar oorheers OF pak die nuwe jaar aan met hoop en vertroue dat die lewensomstandighede in 2023 beter sal wees as al die slegte gebeure van 2022.
Stil te bly help ook nie
Ek meet hierdie "stil bly" op teenoor n privaat aangeleentheid wat ek onlangs ervaar het. Ek doen algemene onderhoud by n woon kompleks. Ek is ook op hulle WhatsApp groep waar inwoners gesels oor aangeleenthede rakende kompleks. Sedert November het ek al gesien dat as dit loadshedding is, dan maak hek net so 5x oop op battery backup waarna hulle dan die hek op manual sit en net oop los.....wat dan n sekuriteits risiko skep. Ek het al sedert einde November al 3x vir die trustees gevra of ek batterye moet vervang, maar nie een het my sedert n maand terug geantwoord nie. Gister was daar amoer n insident gewees wat inwoners toe op WhatsApp groep deel. In die gesprek word daar toe ook genoem dat hekmotor afgelope maand nie meer funksioneer tydens loadshedding nie. Trustees is ook op daai geselsgroep.....binne 10 minute kry ek instruksies om DRINGEND die batterye te gaan vervang.
As mense nie so gekla het nie, sou dit seker vir nog n maand of 2 so aangegaan het.
As nuus so by buiteland bereik oor ons krag situasie, plaas dit druk op regering om iets te doen, anders gaan beleggers onttrek. Twyfel of regering aan buiteland gaan vertel hoe pateties hulle is....hulle sal liewer met vals beloftes kom en maak of probleem amper opgelos is....al ons ANC presidente het al belowe dat loadshedding al lankal iets van die verlede sou wees, maar waar sit ons vandag?
Ek dink negatiewe terugvoering van SA'ners plaas druk op regering om iets te doen......nie dat hul veel doen nie, daarom sit ons land in n posisie waar hy nou is
Die vraag is.....
Môre Len
......eintlik, hoe maak ons, onsself gereed vir die bollie wat wag.
Aan die landsake en ESKOM kan Jan alleman weinig doen, behalwe homself speen van hulle dienste. Moet ek nou 'n generator koop, of 'n sonpaneelstelsel insit.?
Elektrisiteit het verlore gegaan in Brits, erge beurtkrag, en omdat die watersuiwering se stelsel en pompe nie kon byhou nie, was ek [die hele dorp en lokasies] vir 7 dae sonder water.
Dit my vriend is die realistiese vraag betreffende 2023 wat wag..
.... ek weier om as negatief…
.... ek weier om as negatief gebrandmerk te word. Ek beskou myself as 'n realis. Diegene wat my as "negatief" sien is na my mening mense wat, soos die spreekwoord lui: "Daar's niemand só blind soos dié wat nie wil sien nie".
Stem saam. Die feit is, dat ons in die moeilikheid is.
Daar word gespog dat in '94 slegs 10% van die mense toegang tot krag gehad het en nou staan dit op 80%. Ek glo dat slegs nog die 10% wel betaal vir die krag. Die probleem is dat die kapasiteit vir krag lewering nie aangespreek is en geen onderhoud al die jare gedoen is nie. Hoeveel was hulle oor die begroting vir die nuwe Kusile kragstasie en nogsteeds lewer dit nie eers 60% van die kapasiteit wat dit veronderstel is om te lewer.
Dis met gemengde gevoelens…
Dis met gemengde gevoelens wat ek die draad lees. Ek is nie 'n engeltjie nie en kan gekruide taal saam met die beste besig, maar om die titel van 'n draad sommer daarmee te begin? Hoe dit ook al sy, ja die land het probleme en in heelparty gevalle probleme wat net as 'n volskaalse krisis beskryf kan word, energie sekerheid sekerlik een so 'n krisis (water en voedsel sekerheid sekerlik ook). En ja die hoof oorsaak is in baie (meeste?) gevalle polities van aard. Om te skel help ongelukkig absoluut niks nie. Meeste forum lede weet teen die tyd dat ek heel vinnig reageer as 'n onderwerp tegnies van aard is en dit irriteer dalk party mense maar dis maar hoe ons stelsel ingenieurs is (Wikipedia beskryf goed wat mense soos ek eintlik doen). Wat die spesifieke draad aanbetref het ek egter gemengde gevoelens, veral gesien die emosionele reaksie van party as Eskom beurtkrag toepas, ja dis ongemaklik vir meeste van ons maar die rede daarvoor is juis om te verhoed dat die nasionale netwerk in duie stort.
Alhoewel ek afgetree is (soort van!) bedryf ek steeds 'n klein energie navorsingsgroep by UP so ek bly redelik op hoogte van die energie veld....
Ek kan sekerlik 'n paar verhandelings oor die probleem skryf maar ek dink ek volstaan by bostaande....
Oorspronklikke gesprek opskrif ...
Ek het gewonder of ek nie die oorspronklikke op skrif van Chris moet verander nie maar het daarteen besluit. Miskien juis om my YouTube plasing se aandag te trek sodat ander na die onpartydige boodskap gehoor/sien kan word. 🤷♂️⁉️
soort van liedjie ...
Ek kan nie onthou wat gesê is nie en wou hom weer luister maar ongelukkig is hy nie meer beskikbaar nie. ☹
Opskrif van die gesprekslyn
Dit moet saam met die oorspronklike beskrywing bo-aan die gesprekslyn gelees word, en as tong in die kies gesien word.
Grootwind... ??
Middag GW
Ek wou eintlik hoor of die KW Miller by jou 'n klokkie lui. Synde dat jy via Tuks nog 'n vinger in die 3-puntprop het, mag jy dalk weet waar pas die ou, as konsultant in ons plaaslike Eskom prentjie.
Ek vermoed dat die meeste forumlesers volle begrip het vir beurtkrag, maar dit het erge gevolge.
Ek verbaas my aan die bevolking van Brits wat 7 dae sonder water kon uithou, sonder om paaie te bestook, soos by Christiane na slegs 2 dae.
It takes all kinds of people…
It takes all kinds of people to make the world go around.
Dit gesê, nie almal is of kan altyd positief of negatief of realisties wees nie, iets sal iemand iewers ontstel, behalwe as jy 'n robot is.
Ek het hierdie whats app…
Ek het hierdie whats app ontvang, dit is lank maar nogal waar.
'n Jaar is byna verby.......🤔
'n Grondpad jaar...
Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het🤩 en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop 😩om net op 'n beter plek te kom as gister... soms op my knieë geval🧎♀ omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie. Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk 😉of omdraai.. Ek het wel die mooiste blommetjies 🌾in die veld gepluk, van hulle het ek oppad verloor maar dis okay...🤔 daar was dorings wat my vele kere gesteek het sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie…😭 maar dis ook okay...😌
Dit was n lang pad,
soms sonder water,😰
soms sonder suurstof,🥺
soms met geskeurde skoene 😟maar dit was n goeie pad…
Iets geleer?🤓 Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie maar wel net saam jou...👭
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie...😁
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie...😏
* Dat min mense jou enduit gaan help...🙃
* Dat beloftes soms leë woorde is...🤨
* Dat opgee nooit n opsie is nie...🥴
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê...👏🏻
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees😌 en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie...🙏🏻
Ja, daar was goed én sleg maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê...😎
Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het 🤗 ek het by elkeen iets geleer. Wat nou voorlê weet ons nie,🤔 maar wat ek wel weet is dat:
* Ek beter skoene moet kry👟
* 'n Groter rugsak🎒
* Meer water 🚰 en
* Soveel meer suurstof 🏃♂om my nuwe roete aan te pak...
Reis veilig.....
wees lief vir mekaar....
help mekaar....
droom saam...
lag saam...
maak tyd vir mekaar.😍
Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2022 kon dra...💝
Mag die Here ons lei 🙏🏻op die onbekende pad van 2023 en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie....🙋♀
Mag die laaste dae van 2022 net vol sonskyn en liefde 💓wees en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.🙇♂ Mag 2023 gevul wees met die keur van Sy seeninge in jou lewe.👏🏻
Wees geseënd, gaan in vrede🙏❤
Help nie jy bekommer jou oor…
Help nie jy bekommer jou oor iets wat jy niks aan kan doen nie.
Daar is baie "Rusbankwetenskaplikes" onder die geledere wat seker die oplossings het, en net moet asb hand opsteek en gaan uitvoer. Rig n skrywe aan wie dit mag aangaan, met die CV aangeheg, en miskien is ons probleme in n japtrap opgelos....? Miskien is dit dalkies nie sommer vir net so uitsorteer nie.
Dat ons gewoond sal moet raak aan beurkrag, beslis, dit is hier om te bly vir sommer baie lank. En solank daar so paar uur per dag n paar wattse uitdrup, laai die tablet, en die bier bly koud. Wees dankbaar vir die bietjie wat daar is, en spaar vir so klein bystands sisteempie, die laat mens sommer lekker bemagtig voel.
My inset het niks met kamp…
My inset het niks met kamp of die gesprekslyn te doen nie, maar het dit goed gedink om maar hier in te gooi![]()
Ek stem egter saam met Chris, Wessel en Hennie. Help nie om jou kop in die grond te steek soos 'n volstruis nie, mens moet praat (kla) oor die dinge.
Soos om nie te stem nie, dan ontneem jy jou die reg om te kla.
Ek is nie 'n...............
.............."volstruis-voorstander" nie, maar om teenoor mede-kampeerders te kla oor iets wat ons niks aan kan doen nie, is vir my afbrekend en 'n bydrae tot die bevordering van moedeloosheid van ander wat dalk met 'n lied in die hart opgestaan het.
Interssantheidshalwe, ek het die volgende opgemerk : Ek is deel van verskeie Kruger Wildtuin forums en dis interessant dat 50% van deelnemers kla steen en been hoe Wildtuin agteruit gaan - chalets en ablusies is onnet en vuil, restourant-dienste is power, personeel is onvriendelik, grasperke is nie gesny nie en vuilgoed groei in paadjies. Net 'n paar gesprekke verder lees 'n mens van die ander 50% wat nie uitgepraat kan raak oor hoe alles netjies en versorg is met uiters vriendelike en behulpsame personeel. Dikwels kla die een groep oor presies dieselfde ruskamp as waaroor die ander groep lof betuig.
Dis maar seker hoe ons mensdom is.





die kultuur.....
....van afbreek, brand stig en klippe gooi as iets nie werk nie.
Die trein is laat omdat die krag af is, dus steek die trein aan die brand. Môre is daar nie 'n d....se trein om te loop nie.
Dis die mentaliteit wat ek nie kan, of ooit sal begryp nie. Kom verkiesingtyd, dan stem ons maar weer verkeerd.