Eskom het my geïnspireer om ‘n soort van liedjie te skryf. Wees gewaarsku dat dit die f-woord bevat (ek kon dit nie op die onderwerp vermy nie, al praat ek net so wanneer ek alleen in die motorhuis werk en iets dom aanvang).
https://soundcloud.com/c…
Ag nee wat Chris, die land…
Ag nee wat Chris, die land is tops, wag maar, die twak kom nog![]()
Soos 'n minister gesê het, "...because of all the rain we have potholes..."🤣🤣🤣
Weet dat daar is baie goed…
Weet dat daar is baie goed in ons land wat nie meer is soos ons dit ken nie. Reis nogal heelwat in Afrika en sien dat lande wat nie deur die ANC regeer word of Eskom wat krag voorsien nie baie slegter daaraan toe is as ons.
Seker nie 'n vergelykbaar nie maar ek het geen begeerte om Suid Afrika te verlaat nie en alhoewel ek ook ongelukkig is oor die verval sal ek myself eerder positief hou.
Kyk maar hoe kla die mense oor ons eie volkie wat nie eers 'n badkamer netjies kan hou of nie omgee oor mede kampeerders nie. Vir wie gaan ons die skuld gee?
Steek maar my hand in eie boesem en ja praat oor die verval maar my lewe moet aangaan en my gesondheid is beter af as ek los wat ek nie kan verander nie.
Wessel
Wessel, die heer KW Miller is nie juis aan my bekend nie, ek moes sy profiel opsoek asook 'n paar van sy video gesprekke kyk/luister. n Paar dinge rondom hom staan vir my uit, hy hou van die begrip "...for all practical purposes..." wat eintlik maar net beteken dat hy kortpad probeer neem na 'n "antwoord" sonder te veel data? Dan ook herinner hy mense gereeld dat hy nie 'n politikus is nie....dit terwyl hy as 'n Florida (VSA) onafhanklike kandidaat in een of ander verkiesing in 2019 gestaan het en nie juis hond haar afgemaak het nie. In 2022 se kongres/senaat verkiesings het hy weer as kandidaat probeer staan, maar die keer vir die Republikeine (Trump aanhanger?), die Republikeine het op die ou einde besluit om hom nie as Republikeinse kandidaat te kies nie. Vreemde "nie-politikus"! Hy publiseer ook nie juis nie, blykbaar is sy suksesse vertroulik...maak maar jou eie afleiding!
Grootwind
Goeie môre Grootwind
Dankie ek het ook my gevolgtrekkinge gemaak aangaande die persoon.
Dit is wel 'n feit dat onse land groot uitdagings het rakende korttermyn krag oplossings. Sit ek en dink gisteraand, sal dit enigsins moontlik wees om die PBMR projek uit sy motbolle te haal.? Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die brandstofloodsaanleg bestaan nog. Die uitdaging gaan wees om die kundigheid te herwin en te poleer.
Dan natuurlik die fondse, teneinde suksesvol te wees moet die 3 faktore, tyd, geld en personeel gesinkroniseer word. Moontlik ontbreek aldrie.
Wat die PBMR projek…
Wat die PBMR projek aanbetref die volgende"
- Toe die projek in Oktober 2010 gesluit is het sowat 2000 hoogs kundige mense hulle werk verloor (ek het nog nooit voorheen by 'n plek gewerk waar daar soveel PhD's in een omgewing was nie...daai tyd was die gemiddelde kwalifikasies iets soos 3 grade per individu (ou Zumpie het, toe hy ontslae geraak het van Mbeki, mos gesê dat hy nie van slim mense hou nie, en dit komende van iemand met St 2 agter sy naam!).
- Die enigste werklike kompeteerder was die Sjinese wat destyds sowat 7 jaar agter PBMR was (hulle het nou twee korrelbed reaktore in bedryf...). In tussentyd het meeste van die destydse PBMR kundiges landuit verkas en is nou te vinde in 'n verskeidenheid korrelbed projekte (nou bekend as "small modular reactors" oftewel "SMRs" of "High Temperature Reactors", "HTRs") Sowat drie van die klein firmas is in die VSA gesetel en alma het geld by die Amerikaanse regering gekry met ons eie kundigheid wat gebruik word een ou wat jy dalk sal onthou is Dr Eben Mulder wat lyk my die beste kans staan om suksesvol daar te wees (X-energy).
- Ek hoor van tyd tot tyd geluide dat hulle weer die PBMR wil hervestig, oa. wil jou ou jagveld by Pelindaba ook dit doen. Maar soos ek in my prille jeug in die Denel omgewing gevind het, jy skakel nie sommer 'n komplekse projek af en 'n klompie jare later weer aan nie. Die sleutel is die mense en as hulle weg is begin mens effektief van voor af (groot koste, groot risiko's). Wat die oorblywende mense by Pelindaba nie besef nie is dat die volle ingenieurs werk op PBMR nie daar gedoen was nie, slegs party materiaaltoetse asook die brandstof lab (sg. 'Fuel Development Lab", beter bekend as die "FDL", Dieter Zimolong het die lab bestuur, hy was 'n ruk terug nog onder een of ander kontrak daar maar meeste van sy sleutelmense is ook al lankal landuit of afgetree). Dan dink ek ook die lab is nie behoorlik onderhou nie en waarskynlik is dele reeds gekontamineer? My groep in Centurion was die brandstof ontwerps kundiges en het pa gestaan vir die brandstof ontwerp en spesifikasies (jy mag oa nog vir Deon Joubert, Johan Venter (hy bly mos in jou geweste?) en Fanie Swanepoel onthou).
- Pelindaba huisves ook nog die helium toets fasiliteit, weet nie of dit behoorlik onderhou word nie....
- Alle PBMR labs by oa. NWU en ander universiteite is in tussentyd tot niet gemaak...
- Laastens is PBMR as maatskappy nooit gesluit nie, daar is nog iets soos 20 of so mense in Megawatt Park by Eskom gebaseer wat die intellektuele eiendom moet onderhou (vir wat dit werd is). Eskom was oorpronklik ook die aandeelhouer van PBMR, maar ook hulle het heelwat van hulle kernkrag kundiges verloor.
In kort dus, om jou vraag te antwoord, alles is seker moontlik maar die neiging van die ANC om oral politieke vingers in te steek verseker dat PBMR nooit suksesvol weer op die been gebring sal word nie. Hulle sal seker nooit besef dat as dit by kernkrag kom die tegnologie uiters veilig en skoon is nie MITS die mense wat daarmee werk darem ook weet hoe die fisika daaragter werk...nie baie van hulle meer oor in die land nie. Hou ook in gedagte dat dit (my afskatting) sowat 20 - 30 jaar sal neem om 'n nuwe korrelbed projek tot aflewering te voltooi (insluitende brandstof sertifisering, wat moet insluit sertifisering van 'n vervaardigings aanleg (FDL was slegs gesertifiseer vir ontwikkeling en nie vir vervaardiging nie)
Jammer vir die lang antwoord maar ek het nie tyd gehad om 'n korter ene te skryf nie om Churchill aan te haal!
Wat 'n hartseer hoofstuk
Al die genoemde name is welbekend aan my. Ek het weliswaar etlike maande gelede in Johan Venter vasgeloop. Of hy nog hier woonagtig is, weet ek nie.
Lekker projek saam/vir hom gedoen. Ons het SAFARI brandstof, kort na kern-uitpak gebruik as 'n bron van splytingsprodukte om julle BUMS toerusting te toets. Die uitdaging was om so gou moontlik die Cs-137 piek te kon waarneem, om verbranding te bepaal.
Nou ja, dit was 'n lekker "trip down memory lane".





Ek dink nie daar word as…
Ek dink nie daar word as sulks “gekla” oor dinge waaraan ons niks kan doen nie. Daar word wel daaroor gepraat, of dan liewer geskryf/getik. En daar word net kommer uitgespreek. Ek weet ek kan niks aan die situasie doen nie, behalwe om my eie voorbereidings te tref (sover dit binne my vermoë is) om die klaarblyklike papaja wat op pad is na die waaier toe se gemors tot ‘n mate te versag.
Ons “praat” soms oor baie dinge op hierdie forum (geensins kampverwant nie) – soos die regering, die ANC, die ekonomie ens. - waaroor ons nie kla nie, maar wel ons gevoelens/kommer uitspreek. Hierdie onderwerp – i.v.m. Eskom se mislukking – is maar een van dié onderwerpe.
My standpunt is net dat ek nie negatief is hieroor nie, maar realisties. Ek kla nie daaroor nie (dit mag vir sommiges so voorkom). Ek wil maar net oordra dat dit realisme is om te verwag dat die papaja wel een of ander tyd die waaier gaan tref as jy luister na die video wat Willem geplaas het en ook die kommentaar lees van ander gerekende kenners op die betrokke gebied.
Daarteenoor kry jy sommiges wat verkies om net die positiewe te sien ten spyte van die benarde situasie wat hierdie liewe landjie reeds is.
En al kan ek niks aan die situasie doen nie (en miskien juis daaroor - die feit dat ek niks daaraan kan doen nie) is dit tog logies dat 'n mens jou oor so-iets bekommer.
En ek gaan 2023 tegemoet met nog vele blydskap in my wat baie aspekte betref. Maar die sorgwekkende toestand waarin Suid-Afrika tans is (wat vele dinge aanbetref) plaas 'n mate van 'n demper op sommige sake waaroor ek nog versigtig optimisties voel. En ja (weereens) - al kan ek "sweet blou boggherol" daaromtrent doen, is ek bekommerd.
Dalk sien sommiges hierdie inset van my as "kla".