Middag vriende
Aangesien ek heerlik deelgeneem het aan die besoedeling van Shaun se gesprek, begin ek die ene. Duidelik is daar wel 'n groot belangstelling in die onderwerp.
Ek het so vinnig op Toyota se blad ingegaan, en interessante inligting gevind. Byvoorbeeld;
1]Hilux bakkie: deeltyds 4x4, het 'n oordragkas wat voor en agter se dryfaste hard koppel [draai 100% saam]. Daarby het dit standaard 'n sluitbare agterste ewenaar.
2] Prado: permanent 4x4 aandrywing, met 3 ewenaars. Slegs die middelste en agterste ewenaar kan gesluit word. Volgens my is dit dan gelykstaande aan 'n Hilux met 4x4 gekoppel, en agterste ewenaar gesluit.
3] Land Cruiser 79 model" blykbaar 4x4 permanent, wat beteken 'n sentrale ewenaar, plus voor en agter. Dan kan beide die voor en agter ewenaars gesluit word, maar niks word genoem van die sluit van sentrale ewenaar nie.
Gedagtig aan die info as voorbeeld, hoe besluit 'n mens watter tipe veldvoertuig is die mees aangewese vir elke persoon se doel. Wat ek wel weet is dat mens geld moet hê vir veldvoertuie. Dan ook moet mens dit gereeld [baie] gebruik.
As 'n leek wonder ek watter opsie is die beter ene,
a] voertuig waar voor en agter ewenaars kan sluit,
b] voertuig waar al drie ewenaars kan sluit
c] voertuig waar sles sentrale en agterste ewenaars kan sluit.
Nou moet die manne met die voertuie kom saamgesels, detail invul, en vertel waar hulle al met hulle veldvoertuie gesleep en vakansie gehou het.
Shaun: Ekskuus vir die besoedeling van jou gesprek.
Wessel: Los dit, jy is te oud en arm om nou verder oor die goete te kwyl
Ou 4x4
Om darem meer as 'n miljoen te betaal en dan in die veld rond te voeter is sekerlik net vir die paar bevoorregtes onder ons beskore.
Ek wil nou nie “in die veld rond foeter” nie, maar ons gesin geniet net soos Anton s’n die avontuur. Dis hoekom ek ‘n Kavango gekoop het, en nie ‘n Penta nie. Maar al wil ek nie in die veld rond foeter nie, en eintlik maar net nie in sand wil vassit nie, is daar nog twee redes waarom ek nie bv ‘n nuwe Prado (of wat volgens Ford daarmee kompeteer - ‘n nuwe Everest) vir dieselfde prys sal koop as wat ek vir my huis betaal het 8 jaar gelede nie.
Eerstens kan ek dit nie bekostig nie. Tweedens weier ek om ‘n huis se prys vir ‘n ryding te betaal, en derdens het ek klein kinders wat nog baie besig is soms foutjies maak wat ‘n voertuig kan beskadig/verniel.
Daarom het ek eers my navorsing mooi gedoen, en ‘n ouer Prado wat aan my behoeftes voldoen en in my beursie pas het oor my pad gekom. Die model is al lank genoeg op die pad in SA en Australië en daar ry genoeg van hulle nog rond dat daar eindelose hulpbronne en inligting is oor die voertuie, en wat met hulle kan fout gaan. Gelukkig is daar min wat kan fout gaan wat die voertuig tot stilstand gaan bring.
Ek het my lysie van voorkomende onderhoud wat ek eersdaags gaan laat uitvoer, en dan is ons gereed vir ons eerste avontuur in die Kalahari sand begin April.
Nog 'n bonus van 'n 4x4 en…
Nog 'n bonus van 'n 4x4 en meer spesifiek die lae strek funksie is dat dit lekker werk om die laaities in die veld te leer bestuur. Omdat hulle bene nog kort is en hulle sukkel om die versneller en koppelaar te beheer, werk die lae strek uitstekend vir hulle om net rustig vorentoe te kruip en die stuurwiel te draai waarheen hulle wil gaan.
Len 4x4 KarooNP
Middag Len
Die kwik is al geruime tyd bo 30C, die Boeing is oor, dus maak ek dit sommer "middag", en daar is nie 'n kappie "e" nodig nie.
Jou gebrek aan die "Wow" gevoel nadat jy die 4x4 roete voltooi het, was dit omdat;
1] jy nie eers 4x4 en laestrek nodig gehad het nie of
2] omdat julle nie noemswaardige wild daar te siene gekry het nie?
My swaer het ook so 'n Pathfinder gehad, net die petrol weergawe. Ons het saam gaan kampeer in 2010 in Oos Londen, en hy sit toe syne in 4x4, seker High, om sy Penta teen 'n effe sanderige helling, op die staanplek te stoot. Daar hak die ding vas, en hy moes na die handelaars gaan om dit terug in 4x2 te kry.
Prado 120
Middag Chris S
Ek gaan nou hier aan met die Prado bespreking , hopenlik gee jy nie om nie.
Strek die Prado-120 weergawe oor etlike vervaardigingsjare? Ek het redelike teenstrydighede op die internet gevind, juis oor die traksiebeheer. Dit wissel van, dit kan afgeskakel word, tot smeltdrade verwyder, of sekere draadjies ontkoppel. Die mees korrekte is sekerlik jou spesifieke handleiding voorskrifte.
Jare gelede saam met swaer in sy Discovery gery, in Marloth se leeu-kant. Hy waarsku my toe ook dat ek nie bekommerd moet wees as ek die snaakse kreun/grom/vibrasie geluide hoor nie. Dis blykbaar normale klanke as al die beheer funksies oorneem.
Prado 120 vastrapbeheer
Wessel, die 120 is die vorige model, van 2003 tot 2009 as ek dit nie mis het nie. Toe kom die 150. Die 120 se vastrapbeheer gaan aan as jy die kar aansluit, en bly aan. Daar is hacks om dit af te skakel. Een is om ‘n sekering te verwyder, die ander is om ‘n draad uit te prop op die master cylinder pressure sensor. Wanneer die sekering teruggesit of draad terug geprop word, veroorsaak dit dat ander waarskuwingsliggies (bv die een wat soos ‘n enjin lyk) later aangaan. Ek wil nie wonder of dit is omdat ek gelol het waar ek nie moes, en of dit werklik rede tot kommer is nie. Veral nie as ek in ‘n afgeleë plek soos Kgalagadi is nie.
Van wat ek kan aflei is dit meestal (hier in die Wes-Kaap) ouens wat in die duine by Atlantis gaan speel, wat nie hou van die vastrapbeheer nie. Ek het niks om te bewys nie, en wil ook nie petrol mors of onnodige slytasie op die voertuig veroorsaak nie. Ek gaan dus nie daar rondneuk nie. Ek wil in sand soos aan die Botswana kant van Kgalagadi kan ry en die Kavango kan sleep.
‘n Skoolvriend van my het ‘n 2005 Prado 120, en het met die standaard voertuig (sonder om sekerings te pluk ens) met ‘n gehuurde Kavango deur Mabuasehube en toe die SA kant van Kgalagadi getoer, so ek glo ek sal dit ook kan doen. Maar vir eers is dit net Polentswa en Rooiputs.
Op die ausie forums is die…
Op die ausie forums is die in diepte bespreek. Fuse no55 is die een wat jy uithaal om die Vsc en Traction af te sit. Dit sit glo niks anders af nie.
So maak maar n aantekening vir waneer die Kalahari sand jou Prado se brein baasraak. Dan sluit jy die middelste ewenaar en ry hom soos n army Bedford.
Te rof en te stil en te eensaam ...
Len hier is ek saam jou.
Maar, te rof en te stil en te eensaam as 'n kampervaring is nie vir my en my annerhelfte nie. Miskien sou dit anders gewees het as ek op 'n plaas of in die platteland grootgeword het - ek het maar as 'n stadsjapie grootgeword en in my werkende lewe in stadskantore my brood en botter ver
Al het ek op die plaas of klein plattelandse dorpies groot geword en my Pa nooit geglo het aan vakansies nie (hy was op sy oudag na 'n begrafnis in die Kaap maar nooit aan die see water geraak nie) het ek ook die eerste keer die see gesien toe ek in Jan. 1973 Vloot toe is.
Ek het eers begin vakansies vat toe ek 1 April 1987 by Nampak in Rosslyn begin het. My eerste karavaan het ek Desember 1986 gekoop kort voor ek Pretoria toe gekom het.
Met dit saam verkies ek steeds om soos Len sê "te rof en te stil en te eensaam" is ook nie vir my so lekker nie.
Uitskakel van vastrapbeheer
Op die ausie forums is die in diepte bespreek. Fuse no55 is die een wat jy uithaal om die Vsc en Traction af te sit.
Dankie, ek het dit ook daar gelees en op 4x4community. Lg noem egter dat dit selfs ‘n dag of twee nadat die sekering teruggesit is kan veroorsaak dat waarskuwing liggies aankom, tensy die battery ontkoppel word.
Dis egter goed om in ‘n noodsituasie te weet hoe om die vastrapbeheer uit te skakel. Ek glo nie dit gaan mens laat vasval in sand nie, maar dit kan blykbaar nogal krag wegvat in dik sand. Ek glo maar in afblaas vir ‘n groter voetspoor sodat die bande makliker “dryf” op die sand. Maar ek het nog nooit ‘n 4x4 met vastrapbeheer in dik sand bestuur nie, so ek weet nie of dit ewe goed gaan werk as in my dom Everest nie.
Praat jy van Battery…
Praat jy van Battery ontkoppel.
My skoonseun het die prado hele paar jaar gehad voor my. Hy het eendag terloops vertel van die "reset" prosedure as die battery uitgehaal word. Onthou iets van deure oop en toe, en vensters en aan en af skakel???
Jy sal die kar se handboek lyk my "Deeglik" moet deurwerk.
P/F 4x4 in Karoo NP
Nee Wessel, met daardie trippie was die doel nie wildkyk nie - ek was nuuskierig om die P/F se 4x4 laestrek te "voel". My kamp-pel met sy Landcruiser 200 was net voor my. Ek het toe "gevoel" die knaap kry maklik die klipperige, skerp opdaende gedoen ten spyte daarvan dat ek die P/F teen die opdraende laat vrek het - seker uit 4x4-onkunde. Wat sleep deur sand van die Exclusive met die P/F duskant Kgalagadi op 'n vakansie-plaas betref, was ek (of eerder die P/F se 4x4) suksesvol.
Dus, ek weet die P/F kan, maar ek hou nie daarvan nie.
Len...
Middag Len
Ek weet nou presies waarom daar geen "Wow" was nie. Volgens jou eie inset;
" my kamppel met sy LC 200 was net voor my" ![]()
Terg ek nou iemand wat 'n volwaardige 4x4 besit, en ek word aangeraai deur sommige forumvriende om liewer my herfsjare ingedagte te hou, en nie sulke bose gedagtes deur te voer nie.
Dalk geld die.....
....die volgende rekenaar omgewing en terminologie vtaag;
"did you try to press control/alt/delete"
Herman...
...sommer om jou ook terug te vat na die vorige insette oor die onderwerp.
'n Unimog met gelisensieerde 50mm Browning op die dak is net die ding wat ons hierbo nodig het om veilig rond te ry.![]()
Ek wonder of die prys van deesdae se 4x4's, soos selfs 'n Prado, 'n Grenadier, Lexus, wat 'n 4x4 Hilux sal ore aansit, mense nie ontmoedig om dit ten volle op die rowwe paaie te gebruik nie. Oeps, dit is sekerlik die persepsie van 'n afgetrede kripvreter.
Voertuie genoem is bloot as voorbeelde geneem, en geen benadeling was bedoel nie.





Ter plaatse feite sendings
So gepraat van 4x4 foefies, of dan eerder elektronies/rekenaar ondersteunde funksies, dink julle dat oorsese maatskappye, byvoorbeeld Land Rover, Jeep, Toyota, Ford, noem maar op, hulle kom vergewis van plaaslike toestande??
Ek het verneem dat Toyota-Japan se tegniese personeel blykbaar nie kon insien waarom Hiluxe 'n 80l brandstoftenk in SA moet hê nie. Met 'n besoek hier, word hulle toe per pad van JHB na fabriek in Durban omgewing geneem. Skielik het hulle 'n begrip gekry toe hulle die afstande, en die bote/woonwaens op sleeptou sien.
Dit laat my wonder, is 4x4 kontrei in Europa soortgelyk as hier, ek twyfel. Dalk kom Australië se toestande naby. Dalk werk al die lekker katoeters daar puik, maar hier lei tot frustrasie.