Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -29 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

My reënwater tenk by die huis

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Ek het so 'n week gelede op die Koffie-draad die volgende gesê :- "Ja, ek is darem nog hier rond, was net lekker doenig hierdie week met 'n self opgelegde projekkie om 'n watertenk hier by ons huis op te sit. Gegewe die skaarste van reën probeer ek maar om die bietjie reënwater op te vang. Ons het eergister 3mm reën gehad en gister weer 6mm, die tenk het nou 350 liter water in ! Die tweede rede vir die tenk is dat Auntie Pat (Patricia de Lille ons burgemeester) het aangekondig dat die Stad Kaapstad met beurt-water gaan begin en ek moet dus gereed maak om as dit ons beurt is, dat ons ongestoord water in die huis sal hê. Ek het dus ook 'n pomp geïnstalleer wat aan die huis-sisteem gekoppel word en dan outomaties sal aanskakel as 'n huiskraan iewers oopgemaak word of 'n toilet gespoel word. Dit reën mos maar min in die somer in die Kaap en as die tenk leeg is, sal ek maar munisipale water "leen" om voldoende water in die tenk te hê wanneer Auntie Pat ons water afsny. Ek het dus hierdie week loodgieter en elektrisiën gespeel want ek moes krag aanlê om die pomp te laat werk. " Ek het intussen ook die geut van ons huis se oostelike dak na dieselfde tenk herlei en die gevolg is die volgende verstommende resultaat :- Dit het vanoggend net 5mm gereën en 1000 liter water is bygevoeg - die tenk is nou 3/4 vol met 1600 liter water ! Dit wys net hoeveel kosbare water het ek in die verlede na stormwater-dreine weggespoel. Jammer vir die nie-kampverwante onderwerp. .

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 25/10/2017 - 16:21

Baie smart Len, nog net die elektriese bedrading permanent en veilig maak?

Ja dit is ongelooflik hoeveel water n dak kan opvang!

Wat is jou volgende projek,solar krag?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 25/10/2017 - 16:36

Uitstekend, Len.   Ek glo jy kry geweldige bevrediging uit die feit dat daar reeds soveel skoon en vars water tot jou beskikking is.   Ek glo julle gaan nog baie bly wees dat julle dit gedoen het. 

'n Paar jaar terug toe ons in die Baai ook streng waterbeperkings gehad het, kon die verskaffers van tenks amper nie voorsien in die groot aanvraag nie.   Ek glo by julle in die Kaap word daar ook nou baie tenks verkoop.

Ek hou duimvas dat julle deurentyd reën sal kry sodat jou tenk altyd genoeg water gaan inhê.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/10/2017 - 20:28

Arie, die elektriese bedrading is reeds gedoen.  Op die eerste foto kan jy sien hoe ek die krag aangelê het teen die muur tot by 'n waterdigte muurprop.  Die pompie kom met 'n verlengkoord en 'n verseëde prop wat ek nie kan afsny nie want dan verloor ek die 3-jaar waarborg.  Dit het die verdere voordeel dat ek die nuwe muurprop ook vir ander kraginstrumente kan gebruik.  Die pompie sal natuurlik net gebruik word as ons water deur die Stad Kaapstad vir rukke afgesny word.

Wat volgende projekte betref, ons het reeds solar panele op wat ons standaard elektriese geyser met son-verhitte water inpomp sodat die elektriese element net aanskakel as dit bewolk is en reën.  In die somer word feitlik geen elektriese krag vir die geyser gebruik nie.  Ons het ook sedert die beurtkrag episode 'n gekoppelde inverter met batterye wat elke kamer in die huis van 'n afsonderlike lig van krag voorsien, ook  kragpunte om ons rekenaars in die studeerkamer en TV en klanktoerusing in die woonkamer van krag te voorsien - heeltemal afsonderlik van die Eskom-krag installasie.  So lyk die inverter, self gebou van individuele komponente :

.

Volgende takies is om ons twee tuintjies weer aan die gang te kry  -  ons het mos nou water !  So het dit twee jaar gelede voor die droogte gelyk :-

.

Wat kampering betref, die Exclusive kort 'n bietjie aandag voor ons in Februarie 'n bietjie by ATKV Hartenbos gaan kamp.  Die A-raam en stutte moet weer geverf word terwyl die PowrTouch "movers" pas deur die installeerder gediens en verstel is.  Ek sal ook my neuskas weer wil opruim en skoonmaak en dis omtrent dit !

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 25/10/2017 - 21:20

Len, ek wens ek het daai spasie vir daai tenks.

Jy het man Wilsur, steek hom weg daar agter die car-port?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 25/10/2017 - 21:24

Len ek het ook vir my so 'n inverter aangeskaf en hy kom baie handig in.  Ek dink myne is 'n Mecer met 1 x 120 aH battery -  dit was 'n goeie belegging, en hy kan 'n solar charger vat!

Ek gebruik hom vir al die krag in ons woon en stoep area, TV ens. en Ligte en 'n paar plugs waar fone en laptops gewoonlik inplug word daaraan gekoppel -  selfs my koortlose Bosch tools het altyd krag.  Dit is lekker hier in die kompleks as die krag af is en ons sit en kyk TV met ligte aan -  my solar LED sekuriteits ligte verlig ook altyd my tuin -  (hulle werk al probleemloos vir 5jaar!)

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 26/10/2017 - 21:54

Baie netjies en proaktief Len. So gaan ons nog almal water op gaar en spaar.

Ek het een van die 210L dromme by my afdak wat net reen water opvang, ek gebruik 'n 12 volt hoëdruk pompie om dit leeg te maak in my groente tuin, werk fantasties.  Na slegs 10mm reen is die drom vol, en ek kan nat lei wanneer die reen weg bĺy.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 27/10/2017 - 14:25

Vir die manne in en om Pretoria wat daaraan dink om `n tenk aan te skaf

Tank Africa by Cullinan

2500Lt @ R1530

4000Lt @R2600

5000Lt @ R3400

Die tanks bestaan uit 3 lae Buitenste laag is UV bestand Middelste laag ondeursigtig swart (Keer dat alge groei) en Binne laag voedsel veilige wit plastiek.

Beste waarde vir geld ooit

Groetnis

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 27/10/2017 - 17:10

Bogenoemde is baie goeie pryse.  Die beste prys wat ek hier by ons in die Kaap vir 'n 2200 liter Eco-tenk met 10 jaar waarborg kon kry, was R2000.  Hulle het fabrieke in Queenstown, Kaapstad en Pretoria. Vraag en aanbod bepaal beslis die prys hier by ons, want tenks is amper onverkrygbaar skaars en handelaars kan amper vra wat hulle wil.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/11/2017 - 06:29

My reënwater tenk van 2200 liter het gisteraand na 'n uurlange bui weer oorgeloop, selfs nadat ek vir 30 minute lank water na ons swembad gepomp het !

Ons het die reën verwag want daar was 'n 100% reën voorspelling en ek het gisteroggend reeds ons munisipale watertoevoer afgedraai en oorgeskakel na die watertenk.  My ander helfte het gister twee groot bondels wasgoed met ons 20 jaar oue Speed Queen (wat baie water gebruik) gewas, alles met reënwater !  Ons gaan vandag nog 'n 24 uur water uit die reëntenk gebruik voor ek gaan terugskakel na die munisipale water.

Nog los buie word vir vandag voorspel en as dit realiseer, was ek vandag die Exclusive !

Ons is só dankbaar !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 21/11/2017 - 08:01

Dis wonderlik, Len.   Ai, as die damme maar so maklik kan vol word soos die watertenk.   Ek hou duim vas dat jul nog baie reën kry.

Dit is prysenswaardig hoe julle munisipale water probeer spaar, as almal maar so was!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 21/11/2017 - 08:10

Dit is prysenswaardig hoe julle munisipale water probeer spaar, as almal maar so was!

Ek stem saam Freda.  Ek haal my hoed af vir Len en ander wat planne maak en pro-aktief is soos hy.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 03/12/2017 - 20:33

Verskoon maar as dit 'n vervelige storie raak, maar die water-storie hier in die Kaap hou 'n ou op jou knieë.  Ons het gister duim vasgehou vir 'n bietjie reën omdat dit by ons nou vir twee weke kurkdroog was.  Na daardie reëntjie twee weke gelede het ek dit reggekry om vir 5 dae ons munisipale water af te sluit en ons het net reënwater gebruik.  Toe my 2200 liter tenk na 5 dae se gebruik gedaal het na tussen half en driekwart, het ek maar weer teruggeskakel na munisipale water.

Ons kry toe wraggies vanoggend 'n lekker sagte buitjie reën wat 4mm in my reënmeter meet en daardie 4mm reën gooi toe sowaar 550 liter in my tenk wat toe weer vir 'n rukkie oorloop na ons swembad toe. Ek het nou dadelik weer die munisipale watertoevoer afgedraai en gaan weer probeer om vir 5 dae net reënwater te gebruik.  Ongelukkig blyk dit dat daar vir minstens die volgende 10 dae geen reën gaan wees nie.

Dit bly vir my verstommend hoeveel reënwater 'n mens kan oes van 'n bietjie reën.  In my 2200 liter tenk benodig ek net 16mm reën op die dak van my huis om die tenk van dolleeg tot tjok-en-blok vol te kry. So 'n vol tenk behoort ons huishouding met 3 weke se water te voorsien !

Uit die aard van die saak kos ons waterverbruik ons nou minder EN ons bespaar verder nog op rioolwaterkoste omdat laasgenoemde bereken word as 'n persentasie van munisipale waterverbruik.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 03/12/2017 - 21:15

Dit bly vir my verstommend hoeveel reënwater 'n mens kan oes van 'n bietjie reën. 

Dit wys jou net Len, WAT kan gedoen word met slim water bestuur.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/12/2017 - 22:10

As ons net almal so wil optree, dink net hoeveel gaan ons die druk op bestaande infrastruktuur verlig.

Die 2015 /2016 was die ergste water beperking hier sedert 1983.  Daai jaar ('83) mag ons nie eers 'n tuinslang aan 'n kraan gekoppel het nie.

Verlede jaar kon ons darem tussen 6 en 8 uur saans, of soggens nat maak, sonder 'n sproeier,

Dit was moeilik genoeg, ek kan my nie indink wat julle mense daar deur gaan nie.

Ons bid dat julle, buite jul reen seisoen, darem reen kry, al is dit ook net om die boere deur te sien, en dors te kan les.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 04/12/2017 - 05:08

Was laas donderdag by my ma in Phalaborwa gewees sy het n wassery maar agv water wat gesny word na phallas het sy om en by R10000 se besigheid verloor so ek wil iets soorts gelyk opsit vir haar maar wag vir toesteming van kompleks eienaar

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus