6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -12 minutes ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago

Mollers ATKV Eiland 2023 Maand Kamp

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal Berdien sopas  bevestig ons maand kamp vanaf 17 Julie tot 18 Augustus 2023 is betaal by die Eiland ons staan in Blok F staanplek  240 ons roete verander drasties die jaar pad wat ons altyd gery het vanaf  Belfast ,Dullstroom , Lydenburg Origstad baie agteruit gegaan , so ons sal N17 vat tot in Pretoria dan N1 vat tot in Polokwane (Pietersburg ) vandaar Magoebaskloof of Duiwelskloof deur na Tzaneen en dan na Eiland ons super opgewonde

Secunda

Sleep nou

Tue, 18/04/2023 - 13:43

Yes ons oefen al laugh maar sal self soos hulle toer en kamp maar nie aansluit by hulle nie ek Berdien doen maar ons ding dankie julle Magoebaskloof sal dit wees waardeur julle 

Secunda

Sleep nou

Sat, 17/06/2023 - 11:13

Die karavan se wiel laars nagegaan handbriek , wiele , gasbottel vol gemaak karavan is gepak met droei voedsel en spices bed klaar oorgetrek sit vanmiddag sy kombers oor dan is dit net ons kleure wat kort reg om te gaan komende maandag oor 4 weke ry ons 05h00 uit Secunda vat dan N1 tot in Pietersburg en vandaar oor Magoebaskloof in kort kannie wag nie 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/06/2023 - 11:32

Ek sou dit geniet om nou by Eiland Spa te wees om hulle "somerweer" te geniet. Lekker vooruitsig Shaun.

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/07/2023 - 13:34

Oor twee vandag 17 Julie is ons seker bitter naby ATKV Eiland groot uitpak opslaan van tent en dan 30 dae kamp sien baie daarna uit sal dan ook somer maandag die 17 Julie ook braai saam oord se mense en dans in groot saal man feeste 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 13:54

Middag Shaun

Vir so 'n 30 dae kamp by die Eiland, pak julle seker maar baie speelgoed in. Ek bedoel, hoe kry mens die tyd om, dus speel julle seker kaart, domino's, woordspeletjie[scrabble], rumicup, strippoker ensovoorts.devillaugh

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/07/2023 - 16:14

... die man gaan sy longe uitdans. Na só 'n aand van braai en kuier het jy minstens 2 dae nodig om te herstel. En vat hy seker sy rolballe en jukskeie ook saam.

My seun-hulle daag oormôre daar op. Vanaand nog in Skukuza (waar hulle vanaand op 'n Sunset Drive gaan) en môre-aand by Swadini. Die kinders kan blykbaar nie wag om by Eiland te kom nie.

My skoondogter stuur vroeër vandag vir my dié twee foto's. Ek weet nie wanneer die eerste een geneem is van die twee kleingoed nie, maar die tweede een is vanoggend geneem.

Skukuza

Skukuza

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 16:53

...die tyd. Daai 2 fotos moet julle soos goud bewaar.

Die prys van kinders en kleinkinders oorsee is DUUR.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 17:48

.............ek aanvaar dit is Boet en Sus.  Kan nie glo hulle tydjie in die Wildtuin is so te sê iets van die verlede nie.

Ns.  Die somer-kleredrag is iets om te waardeer as jy van die koue Kaap af kom !

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/07/2023 - 08:29

Boet en sus. Verskil slegs 15 maande. Die tyd vlieg. Ek kan amper nie glo dat dié 2 pikkies wat so gereeld sommer vir 'n week of langer by oupa en ouma kom kuier het in hulle kleuterdae, nou hoërskoolkinders is nie.

Secunda

Sleep nou

Tue, 04/07/2023 - 13:05

Kaart speel ons maar in die minderheid genoeg om ons besig te hou daar en omligende area soos Chris se maandae aande gaan ons ook bietjie skoffel ek lief vir stap en dit sal goeie oefening wees vir Berdien ja kleinkinders word groot Chris mooi fotos van hulle

Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 13:14

....of nie. Is julle ook gaande oor die wildtuin??

Jy moet tog met fotos en al vir ons agtergeblewenes ophoogte hou van julle vakansie.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 10:43

.... jammer dat ek dit op jou draad plaas. My seun-hulle het gister by Eiland Spa arriveer en vir my 'n paar foto's gestuur van hulle kamp. My hart trek met 'n punt daarnatoe.

Eiland

Eiland

Eiland

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 06/07/2023 - 11:06

.................so 'n karavaan-vakansie lyk darem (en is altyd) hemels.  Daardie staan-skinkborde wat oral rondstaan is tipies ook van ons kampopset  -  onontbeerlik.  Daardie lang, dun, swartpaal op die eerste twee fotos is seker een van daardie herlaaibare spreiligte wat vir Eskom kompetisie gee.  Die twee dames op die laaste foto spog seker via hul selfone met vriende tuis hoe lekker hul nou kuier.  Lyk vir my hulle maak vuur op die grond en daarna gaan die kole op die braaiertjie wat staan en wag.

As ek so na die beligting van die Penta kyk, lyk dit vir my of die McGyver "fuse" nog sy ding doen !

Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/07/2023 - 11:31

...daar is vele sterk manne en hande betrokke. Tot 'n groen heining, seker maar vir wind[?] of privaatheid!!

Ek en Marie kampeer in vergelyking met die foto's spartaans, of dalk soos plakkerslaugh

Die ergste is, ons wil nog afskaal wat werk aanbetref.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 12:30

..... werk nog. En die lang paal is toegerus met 'n LED spreilig.

Die groen heining is iets wat die klong by sy pa "aangeleer" het. Maar ek gebruik myne (40 meter in totaal) slegs as ons lank kamp by Eiland. By Eiland is dit nogal redelik algemene gebruik. En ek laaik dit. Dit gee amper 'n gevoel van "dit is my erfie". Dit bied geen privaatheid want die net is deursigtig - maar dit gee vir ons 'n "cozy" gevoel.

Secunda

Sleep nou

Fri, 14/07/2023 - 09:01

Cheers my verlof begin amptelik om 10H00 vanoggend mooi loop

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 14/07/2023 - 09:15

Toe ek nog 15 jaar gelede gewerk het, het my verlof na die laaste dag se werk om 16:30 begin.  By Sasol werk dit blykbaar deesdae anders en sal alleenlik begryp kan word as jy verlede nag se nagskof gewerk het !

Shawn, geniet julle kuier by Die Eiland wat sekerlik 'n heerlike verandering na Secunda se sneeu gaan wees.

Wanneer ry julle ?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/07/2023 - 14:11

.....nou wag ons maar geduldig om van jou Eiland vakansie te hoor en te sien. 

Moet nou nie te veel goed opslaan en uitpak nie, mens moet dit gewoonlik later terugpak.laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus