Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -3 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Julie Algemeen Gesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees

Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 04/07/2023 - 09:38

Ja, Anton...ons was nou vir 2 dae op die watertrok gewees, darem het ons nou weer water. 3 Maande terug was dieselfde probleem by ons, maar was toe vir 9 dae lank. Gelukkig het ons swembad om toilet te spoel....water wat ons haal maak ons warm met minigeza om te was en skottelgoed te doen. Drinkwater koop ons. Foto is afgelope Sondag

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 04/07/2023 - 09:52

Geert, hierdie is net die begin van iets waaraan ons sal moet gewoond raak.   

Hulle het gisteraand 9pm ook so 'n trok met 2 kanne agterop hier in ons woonbuurt kom staanmaak.  Teen die tyd wat ek daar aangekom het was die water alreeds op en die trok weg.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 11:56

Ek hoop daar gaan opgetree word. Nou wonder ek, as dit ek was en ek haal ook my tradisionele wapen uit, wat sal die gevolge dan wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 12:20

Ten minste weet ons nou dat die bende toegeken is om die Visie President te karwei en te "beskerm". 

Die uiters belangrike vraag is-----Was die Visie Pres. in die voertuig terwyl die aanranding plaasgevind het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/07/2023 - 13:54

Volgens 'n RSG nuusberig was Paul Mashitile nie in die motor nie en het hy in 'n persverklaring sy uiterse misnoeë oor die voorval uitgespreek.

Niks drasties sal gebeur nie want OPOD wat die saak moet ondersoek, het reeds 'n 40 000 agterstand met ondersoeke teen polisielede.  Hulle is hopeloos verby.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/07/2023 - 13:58

Bietjie verkenning word........................................tans deur Elmarie in Knysna, Sedgefield omgewing gedoen. Ons kleinkind hou haar besig in die vakansie terwyl ouers werk. 

Ons huis is verkoop en wag net vir die papiere en geld so plan is  nog op koers om Augustus te begin toer. Moet net idee kry waar ons gaan aftree want paar sentimentele goedjies moet iewers gestoor word. Wil dit so naby as moontlik stoor waar ons koppe heen staan.

Nou sit ons met probleem want om plek op die grond te kry met garage in die prys wat ons wil betaal is baie skaars. Kan heelwat plekke kry maar net skadunette is deesdae die inding.  Amper op skeisaak uitgeloop toe daar geskimp word dat my gereedskap maar moet gaan.

Pragtige plek gekry maar op 1ste vloer en dan trappe om te klim. Maar op die oomblik vee ek my maar af van alles en gaan toer. Sal sien wanneer ons eendag in daardie omgewing is wat beskikbaar is. 

Wil ook nou nie vir die volgende paar maande vrou kwaad maak nie want die nagte is koud.😅

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/07/2023 - 14:02

Anton, as dit die geval gaan wees, oorweeg gerus 'n watertenk met 'n pomp gekoppel aan die huis se watersisteem.  Hou die tenk vol met munisipale water en as dit opdroog, het julle water in die tenk vir julle gebruik.  In myne se geval hou ek dit vol met reënwater en in die somer wanneer ons nie reën het nie, met munisipale water, maar water-onderbrekings hier by ons is ongekend.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 14:05

Middag Jan

Julle planne vorder fluks. Ek sal wag tot geld in bank is, en verkoop is verseker deur en afgehandel, voordat ek op enige stippellyn teken.

Ek sal ook 'n dubbel garage met skadunet slegs vir die wa verkies. Of dan 'n garage waar die wa ook inpas. Oeps, sal nie vind nie, want Classique pas nie in gewone garage deur nie.sad

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/07/2023 - 14:26

Jan, baie bly dat julle juis "verkoop" is.

Ons huis is sondag op skou. Ek sal ook eers aanbod op 'n nuwe huis maak as my huis verkoop is en klaar geteken is by die prokureurs. Het ook al die nodige CoC's laat doen op my huis.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/07/2023 - 14:48

Garage belangrik.

Wessel, miskien is ons na 'n jaar klaar gekamp en verkoop die Classique. Indien nie sal ons nog kamp en wil maar net plekkie kry as die gesondheid ons nie meer toelaat om te kamp nie. Sal die Classsique stoor maar het tenminste een garage nodig.

Hennie, dankie en ja groot verligting want wou nie toer begin voordat alles hier afgehandel is nie. 

Gelukkig kon ons voorlopig 'n vrag deel vir meubels en het al begin pak. 

Droom al van foto neem van Ford en Classsique voor ons eenheid, want dit sal al wees wat ons besit, voordat ons die pad vat. Begin al opgewonde raak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 04/07/2023 - 17:24

Hello Jan.

Ek het n maat in Knysna wat bote stoor, en ek dink nog ander spasies. Knysna het ook n storage Park met garages en n plek wat containers uithuur op hulle perseel. Self het ek n industrieële gebou met  fabriekspasies. Weet nie of daar nou iets vakant is nie, maar dit mag te groot vir jou wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 19:27

Na aanleiding van Len en Herman se gesels oor gehekelde lappie, ons huis is ook vol daarvan. Meeste kom van onse ma's se huise af. My ma en vriendinne het omtrent gespog en gekompeteer met hekelwerk en patrone. 

Tot tafel bedekkings wat onder die glasblad geplaas was.

Dit is seker ook 'n aktiwiteit wat uitsterf. Ek het nog nie van my generasie en jonger sien hekel nie. Noudat ek so daaraan dink, ook nie meer kappies dra nie.laugh

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/07/2023 - 19:45

Herman, dankie.

 

Wanneer ons datums het sal ons kontak maak. 

Ons seun besit Trellidor in Knysna maar sy perseel is alreeds beknop. Ons het reeds kwotasie gekry by die storage park in Knysna wat een eenheid beskikbaar sal hê vir Augustus. 

Om geld te spaar wil ons gebruik maak om die vervoer te deel maar dan kan jy nie datums vasmaak nie en moet maar inval waar hulle jou kan inpas. 

Gelukkig kan ons aanpas en daarom wil ons nie bespreek vir die Kruger nie. Sal vat wat ons kan kry. Dag wat meubels gelaai word sal ons die pad vat.

Hel is eintlik lekker om amper sorgloos te wees en dinge stadig te vat. Nie gewoond daaraan nie maar van die oomblik wat ons die besluit geneem het staan ons saam. Dit is seker hoe die sestig jare se blommekinders gevoel het. Ons kinders skud net hulle koppe want die optrede van ons ken hul nie. 

Glo vir baie is dit vreemd (selfs vir ons) maar dink altyd aan al die jare se reëls wat ons moes gehoorsaam en nou is dit ons reëls en ons vertrou op die Vader. 

Is miskien "kens" soos die oumense gesê het maar gelukkig darem nog nie  onosel nie en trap alles goed deur. 😋

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 04/07/2023 - 20:43

Jan,... jy maak n droom waar word, nie net droom van n droomtyd nie. Well done, as jy in Knysna opeindig sal ons mekaar raakloop op n stadium. Sal jou voorstel aan die klomp ou manne daar wat nog probeer fiks bly.

As jy hou van stap, dan is daar paar stukke strand wat min mense sien wat ek die paadjies ken.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 07:13

Môre vriende

Ek sien vanoggend die verkoopsyfers vir Junie. 

Hilux---3795

Ranger--2099

Isuzu----1953

Nou wonder ek, waarom verkoop die nuwe Rangers dan nie so goed as verwag nie. Kan dit die prys wees.

Voertuigpryse het baie gestyg, as ek Grompie nou moet koop, sou dit my ongeveer kR90 meer kos as laasjaar Maart.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 05/07/2023 - 09:36

Sommiges skryf n duisend Rand afgekort as kR 1 en ander R 1k.

Het probeer kyk wat is die regte term. Wat se die Maters??

In die metrieke sisteem waar mates en volumes betrokke is  skryf mens die k voor die kg of die meter. As jy nou n outyds Brit is en die mates is anders, en Kilo bestaan nie, en word n thousand genoem. Nou confuse neef homself heeltemal...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus