Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -1 hour ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -13 hours ago

Julie Algemeen Gesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees

Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 18:10

.... dit lyk beslis kouer daar by jou as by ons. Geniet daai kaggel my maat. Sit maar weer 'n lekker dik stuk hout op - vir die katte se onthalwe.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/07/2023 - 20:11

Seker een van die beste boontjiesop resepte ooit, is wat Von gebruik. Genaamd onverbeterlike boontjiesop. Huisgenoot se wenresepte no 3 van Anette Human gedruk 1987 bladsy 42.

Dit is nie n goedkoop resep nie, maar die resultaat is onverbeterlik. Nou net my kommetjie gehad met 4 dik snye rogbrood.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 11/07/2023 - 19:18

Ons vallei was al bewoon deur trekboere in die 1700's Gereeld word interessante stukkies opgetel. Von versamel stukkies porcelain, ek die ysters. 

Vandag tel sy ń top op waar daar redelik onlangse huisie was, so kortetjie. Ek kan wtagties nie die Afrikaans naam vir n "top" onthou nie.  Die ouer garde ken seker die wat Carrot en botterkop genoem was. En dat jy n ander top " ertjie" as jy hom raakgooi.

Die naam van die kort dik toppe, ontgaan my. Wie het nog top gespeel.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 11/07/2023 - 19:22

Tol is die woord wat jy soek. Botterkop was die groter een as ek reg onthou.

Net soos alies albasters geword het dinge uit lang vergete dae. Al waarvoor albasters deesdae gekoop word is vir kettie ammunisie.

Groetnis

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 11/07/2023 - 20:24

Met twee jong seuns gaan daai nie lank hou nie. Lekker.....

Ek begin more my volgende klomp maak wat hopelik gevries kan word en nie uitgedeel of verorber gaan word nie

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 12/07/2023 - 21:05

Wat dink die maters van Escom se antwoord op "loadshedding" , Sit n paar miljoen slim meters in wat jou beperk tot n sekere ampere, op die stadium glo 10 amp wat van n afstand beheer word. En wie word getyken, glo die paar rykes wat met hulle bystands megafters, batterye vol laai vir huidige Load shit..shedding. Maar intussen gaan  die mense wat onder n stuk seil bly met n pre paid meter, 2 plaat stofie en ketel  die " brunt" vat.

Dit lyk na damage controll". In my eenvoud verstaan ek nie werklik hoekom die benadering nodig is indien die loadshedding nie as permanent beskou word nie.  So die langtermyn plan sal wees om te kan oorleef met 10 amp toevoer, ofminstens vir helfte van die dag.

Positiewe kant is dat die ekonomie dalk kwytgesteld kan. Asook hospitale ens, en boere, myne fabrieke vir nou totdat ons n paar goeie oplossings in plek het. oiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqqwiiiiiiiiiujhnnbgv

En die laaste paragraaf was Hetta, ons ondeunde kat se opinie terwyl ek n stompie vir die kaggel gekry het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 21:28

In my eenvoud verstaan ek nie werklik hoekom die benadering nodig is indien die loadshedding nie as permanent beskou word nie. 

Die arme Regering weet nie herwaarts of derwaarts nie.  Met al die ge-baie praat van die Minister van Eletrisiteit gee hulle eintlik erkenning daaraan dat beurtkrag altyd met ons sal wees omdat hulle nie die Eskom probleem kan oplos nie. 

Laastens, ek stem dus saam met Hetta.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 13/07/2023 - 08:26

Ek dink al hulle leuns omtrent die beter kapasiteit wat sielik beskikbaar was /  is n verkiesings foefie wat hulle klaar in die g@t byt.

Ek persoonlik dink dat solar al is dit `n klein sisteem om slegs die noodsaaklike aan die gang te hou vir `n paar uur is ons almal se voorland is en ja panele is `n moet want volgens my maak dit geen sin dat jy weer die batterye met Eksdom moet laai as die son dit " verniet"kan doen nie.

Die grootste probleem met solar stelsels is dat die ontwerp nie behoorlik gedoen word nie en die goedkoopste is nie altyd die beste opsie nie maar dat daar skielik hordes instaleerders daar buite is ,is maar net `n teken van kansvatters wat gou `n paar rand uit jou wil maak en verdwyn.

As jy `n solar stelsel het moet jou verwagting daarvan nie die realiteit wat dit kan lewer oorskry nie want dan is jy klaar in jou kanon in. Mense wat gewoond is aan net alles aansit en aanlos en dink daar is geen einde aan voorsiening nie gaan `n gawe verassing kry.

Terug na Herman se 10 amp as dit die geval is kan ek maar van al my houtwerk gereedskap ontslae raak. Al is my hele huis op solar al vir 2 jaar werk alles in die werkswinkel nog direk van munisipale krag juis om die solar stelsel nie te verkrag as ek daar doenig is nie.

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/07/2023 - 13:25

Ek sien nou net in die Daily Maverick dat mens by jou munisilpaliteit uitklaring moet kry oor jou installasie. Die installeerder moet ook 'n elektrisien wees, en 'n COC uitreik vie die werk.

Die artikel het juid gegaan oor Kaapstad metro. Die onderskeie versekeringsmaatskappye dring ook daarop aan.

Blykbaar was daar reeds in Brits ten minste 2 huise wat se brand hierdeur begin het.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 13/07/2023 - 14:29

Die installeerder moet ook 'n elektrisien wees, en 'n COC uitreik vie die werk.

Daarom het ek my huiswerk mooi gedoen met my installasie.

  • Die kontrakteur is 'n gekwalifiseerder elektrisien.
  • Geregistreer by die Elektriese Kontrakteurs Raad (ECB - Electrical Contractor's Board)
  • CIDB Registered - Construction Industry development Board
  • OHSA Compliant- Occupational Health and Safety act
  • VAT Registered 

Jammer vir die laaste notas in Engels, maar ek was nie lus om dit te vertaal nie.

Met my installasie het hulle ook die Distribusie Bord oorgedoen deur al die sekerings met die nuutste te vervang. Toe ek nou my CoC vir die eiendom gedoen het, was daar basies niks wat nie reg was volgens regulasies nie.

Ja, jy betaal 'n premie as jy "regte" mense gebruik, maar dit gee jou ook meer gemoedsrus.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 13/07/2023 - 15:06

Hennie

Ek het dieselfde gedoen al het ek die kwalifihasies om `n solar instellasie te kan doen en selfs `n COC te kan doen. 

Glo my ek wou nie sukkel met versekering as iets verkeerd gaan en hulle sien ek het self die werk gedoen en CoC geskryf nie.

Buurman se instellasie was gedoen deur `n skelm en na die tyd het daar `n knaap aangekom met `n klaar getekende COC wat hy net kom invul het.

Terloops volgens wetgewing moet die persoon wat die COC uitskryf en onderteken teenwoordig wees as die werk gedoen word en sou dit deur handlangers gedoen word moet hy heeltyd daar wees om toesig te hou.

Nodeloos om te sê buurman se oorspronklike "belegging"in solar van R169 000 kos hom nou al meer as R230 000 en die hoop om enige verliese te verhaal is maar skraal.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 15/07/2023 - 10:45

Sjoe noudat ek van die solar lees moet ek met julle deel.

Ekskuus eers goeie more!

Hierdie is een van die projekte in my lewe waaroor ek maklik die trotste nog is.

Ek was projek bestuurder om by 35 van ons kantore "alternative power supply" te installeer.

Dit bestaan kortlks uit die volgende per site:

5 kWp Sunsynk Hybrid Inverter
10 kWh Hubble LifePo4 battery
5 kWp Tier 1  JA Solar panels
Gebou se bedrading so verander dat net die server room, ligte en rooi plugs tydens load shedding werk.
R 239 000 per site

Al 35 sites gekonnekteer na die internet waar ons hulle monitor en verstellings kan maak vanaf die cloud.

Kyk ons tune die wille wiks uit daai systems vanaf die kantoor.
Die remote opsie is n groot wins want die sekuriteit en werkers vat gat deur die nag en selfs deur die dag deur heaters en al daai, nee nee`s, tekoppel.

Ons bol hulle deur die batterye te stel om net tot 85 persent te discharge deur nag. Nog ander goete ook. Mens kan dit heerlik stel en monitor op enige plek vanaf laptop.

Ek werk vir `n staats instansie en het n tender proses gevolg.

Soos oom HennieBo hierbo:

Die kontrakteur is 'n gekwalifiseerder elektrisien.
Geregistreer by die Elektriese Kontrakteurs Raad (ECB - Electrical Contractor's Board)
CIDB Registered - Die ouens moes ten minste EB 5 of hoer wees om te kwalifisser.

Ons network availability vir computers om aan die systems by Head Office te connect het van 82% voor die installasies na 97 % persent na die installasies opgegaan.

Ek is voorwaar trots en die amptenare by die kantore as ek besoek doen kan nie genoeg se hoe bly en beindruk hulle is nie.
Dit is lekker om sulke werks satisfaksie te kry.... dit help noudat n mens bietjie ouer raak vir die seks ding satisfaksie, hehehehehe. 

Ek het baie geleer

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 20/07/2023 - 10:40

As ek so kyk na die (bietjie) gesels op die forum wat wel plaasvind, lyk dit vir my of wildtuin-vakansies die bo-toon voer oor see-vakansies.

Ek is self lief vir beide en het altyd in Februarie 'n Hartenbos-vakansie geniet en net daarna in Mei 'n KNP-vakansie.  Die laaste paar jaar het ons egter Hartenbos 'n bietjie oorgeslaan.

Waar lê jou liefde ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus