6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Smalle na Oom Paul se tuin Julie ‘23

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.  
 

So lyk ons program:

29 Junie Worcester na Kambro

30 Junie Kambro na Potchefstroom 

2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa 

3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi 

9 Julie Shingwedzi na Tsendze 

14 Julie Tsendze na Potchefstroom 

15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes

16 Julie Victoria-Wes na Worcester 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 18:36

................het oor die Smalle se gesprekslyn gedaal, nie omdat Chris die moer in is nie, maar omdat daar geen sein by Tsendze is nie.  Hy word dus verskoon vir die afname in terugvoer.

Môre (Donderdag) is julle laaste voldag in die Wildtuin en Vrydag begin die terugreis via Skoonma in Potch.  Dis tans blêddie koud daar en maak julle maar gereed daarvoor  -  nie dat dit hier in die Kaap beter is nie,

Worcester

Wildehont

Thu, 13/07/2023 - 08:26

Die roofdiere het hulle skaars gehou. Ons het net twee keer leeus gesien sedert ons Shingwedzi verlaat het. Buffels, streepdonkies en wildebeeste was egter volop. Ek vertel later meer van ons besoek aan Tsendze.
 

Ek het ‘n krul in my gat gekry en eergister gevra of Sable skuiling vanaand beskikbaar is vir oornag. Ons pak dus vandag op en slaap vanaand daar vir bietjie avontuur en sodat ons môre vroeg in die pad kan val Potchefstroom toe. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/07/2023 - 09:03

.... om by Sable oor te bly. Ek lees graag hoe julle dit ervaar het. Met een van ons besoeke by Sable-skuiling (nie oorslaap) het Ralie taamlik spinnekoppe in die skuiling gewaar en baie uitdruklik gesê dat as ek ooit 'n oorslaap by 'n skuiling (soos ook by Shipandane) oorweeg, moet ek weet dat ek alleen daar gaan wees. Ek reken weer dit moet 'n uitsonderlike belewenis wees.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 13/07/2023 - 09:47

ChrisS, ek hoop nie dit was iets wat jou van Tsendze ontstel het nie, maar eerder net " 'n gekrap waar dit nie gejeuk het nie ".  As iets jou wel daar ontstel het, wil ons graag weet wat.

Ek is ook baie nuuskierig om te hoor hoe het julle Sable ervaar.

Ns.  Het julle vanoggend 'n sein in Tsendze gehad toe jy die boodsap vanoggend kon plaas ?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/07/2023 - 13:32

..... om laaste aand, voor die lang sleep tot in Potch, eerder weer in SafariPark te oornag. 

Met jou uitruil van die laaste aand is julle egter steeds in die wildtuin, maar dit kos jou ook nie ekstra nie.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/07/2023 - 17:03

Naand Len

Ja, Chris S maak groot spronge huistoe. Kenmerkend van iemand wat nie verlof wil mors op oorslape tussen Kruger en huis nie.

Ek het ook so gemaak toe ek veel jonger was, en nog gewerk het. Nou hou Marie my in toom, en dan moet ek nog stadig ry ook.laugh

Pretoria

Geert

Fri, 14/07/2023 - 07:02

Pragtige foto Wildehont! My jonger broer is ook tans daar by Tsendze....hulle het wit VW Kombi en Caravette karavaan

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/07/2023 - 07:43

Ek wag dat jy meer gaan deel oor daardie ervaring by Sabledam. Watter voorreg om so 'n uitsig te kon hê. Ek kan myself nie lekker oriënteer t.o.v. die skuiling se posisie oor die dam nie. As ek reg het, is die uitsig meer in 'n suidelike rigting. Was dit dus sonsondergang of sons-opkoms? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 14/07/2023 - 09:44

Ek raai dis 'n pragtige sonsondergang in 'n westelike rigting oor die dam in die rigting van Phalaborwa.  As ek reg onthou is die uitkykpunt aan die ooste kant van die dam met noord regs en suid links.

ChrisS moet maar kom sê wat is wat daar.

Ek aanvaar die Kruger Wildtuin is vir die Smalle reeds iets van die verlede en hulle is nou ernstig oppad Skoonma toe in Potch.

Worcester

Wildehont

Sat, 15/07/2023 - 17:19

9 ure gery gister en 8 vandag. Ons is veilig in Victoria-Wes. Die kombinasie loop nog soos ‘n droom en sonder probleme. Mag dit hou môre tot in Worcester. Maandag val ek in by die werk, met wat voel soos ‘n verkoue wat besig is om te ontkiem. Ek vertel later meer en antwoord vrae. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/07/2023 - 18:56

Naand Chris S

Dit mag 'n onskuldige verkoue wees, maar Marie was nou 'n week in die hoë sorg van hospitaal, met erge griep virus. Blykbaar is Transvaal omgewing vrot daarmee.

Soos genoem as die simptome vererger en neig na koors, warm en/of koud, laat toets maar vir malaria. Moenie kanse vat nie, 'n negatiewe uitslag gee gemoedsrus, veral by die kinders. 

Worcester

Wildehont

Sat, 15/07/2023 - 19:21

Salomien het ook keel seer. Ek het vroeër vir haar gesê ons moet ons dophou. Dis nog bietjie vroeg vir malaria. Inkubasie is gewoonlik tussen 14 en 28 dae. Dus tussen 14 dae tussen eerste aankoms in ‘n malariagebied en 28 dae na vertrek daaruit. As simptome in daardie tyd opkom sal ons vir toets/e gaan. Ek het ‘n universiteit vriendin verloor aan malaria in 1992, en sal nie kanse vat nie. 

Worcester

Wildehont

Sun, 16/07/2023 - 08:06

Omdat ek vir ‘n lang tyd min of meer permanent in malaria gebiede gebly en gewerk het, kon ek nie profilakse gebruik nie. Ek het altyd muskietweermiddels aangewend, en onder muskietnet geslaap - selfs toe ek in Botswana toere gedoen het en sommer op die voertuig se dak geslaap het. Mens parkeer net onder ‘n boom, en hang die muskietnet aan ‘n tak. 
 

Ek het oor die jare vir vier malaria toetse gegaan toe ek griepsimptome gehad het. Gelukkig was elkeen negatief. Wat my nog altyd gekwel het, is hoe moeilik ons dit maak in SA - wat veronderstel is om meer ontwikkeld as ons buurlande te wees. In Botswana het die dokter ‘n stafie gehad wat soos ‘n  swangerskapstoets lyk. Jy prik jou vinger, drup bloed daarop en as dit negatief toets weet jy dat jy nie malaria het nie. As dit positief is moet jy vir ‘n verdere bloed toets gaan. Toe ek hom vra waar hy dit kry sê hy SA. Ek het toe later self daarvan gekoop en by my gehou. 
 

In Zambië het ek na die kliniek gegaan, my vinger is geprik, en onder die mikroskoop is my bloed bekyk vir die parasiet terwyl ek daar sit. Ek het dadelik die negatiewe uitslag gekry. 
 

In SA moes ek eers huisdokter toe, en verwysing kry na patholoog. Toe daarheen vir bloed toets en wag vir huisdokter om eers volgende dag die uitslag te kry. As dit steeds so werk is ons werklik ver agter. Met malaria is vroeë diagnose en behandeling baie belangrik. My universiteit vriendin is verkeerdelik met griep gediagnoseer en huis toe gestuur die Woensdag. Donderdagaand is sy opgeneem en het in ‘n koma gegaan, en Vrydagoggend is sy dood. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/07/2023 - 08:47

...was as volg;

Ons het 17 Junie uit wildtuin gekom, en teen 7 Julie het ons begin grieperig voel. Die Saterdagoggend na dokter, en daar weg met sak vol antibiotika, strope ensovoorts vir slym ens. Hy het aanvraag geskryf vir malaria toetse, uitslae in na hom toe, en ons het Maandag [10Julie] gehoor dis negatief. Wel, toe is Marie net opgeneem in hospitaal, nadat sy flou geval het in die huis. Genadiglik het sy toe net erge influensa onderlede gehad. 

Dus, werk dit nog soos jy dit beskryf. As julle gemoedsrus wil kry, laat toets maar so gou moontlik. Gaan kyk na simptome op google, maar die koue en warm koors/gloede is goeie aanduier. Ons dokter het nie 'n eie vingerprik toets gedoen nie, dalk dek 'n volle bloedtoets meer malaria opsies.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 16/07/2023 - 22:05

.............ek vertrou julle is veilig tuis in Worcester.  Die een ding wat lekker is om NIE Wildtuin toe te gaan NIE, is jy hoef nie terug te keer huis toe na die normale doen van dinge nie,

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus