Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -12 minutes ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -12 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago

Julie Algemeen Gesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees

Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/07/2023 - 11:27

Middag Len

Noudat die kinders uit die huis is, en uit die land, gaan ons eintlik nie meer see toe nie.

Voorheen het ons altyd vir 20 dae gedurende Desember Oos London toe gegaan. Kinders veral, het dit baie geniet.

Ons was laasjaar 'n paar aande in Dwarswegstrand, sommer om daai omgewing te verken. Hierdie jaar gaan ons paar aande in Jongensfontein staan. Bloot om pad Bellville toe korter te maak. Jongensfontein is my ma se grootword wêreld, en ek wil so bietjie daar rondkyk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/07/2023 - 14:55

Middag Geert, Paul

Ek sien julle praat van raak kamp in Pilansberg. Ek is 11 Sept terug van blommekyk. 

Ek sal daarna ook 'n kamp in Pilansberg oorweeg, maar dit is dan alweer warm en donderbuie kan lol.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 21/07/2023 - 08:25

Ek begeef my tans in Wildehont-omgewing. En dit is beslis kouer hier in die skadu's van die Brandwagberge as by ons by die see.

Ons het gisteraand 'n toneelfees by ons kleinkinders se skool (HTS Drostdy) kom bywoon en besluit om oor te slaap in 'n Lekkeslaap plek. Gelukkig vir 'n elektriese kombers en 'n waaierverwarmer, plus my eie gasverwarmer wat ek saamgebring het.

Vanoggend moet ons die tyd verwyl totdat die kinders se skool uitkom, want hulle ry huistoe saam met oupa en ouma, want pa en ma woon 'n begrafnis by in Bredasdorp. Maar iewers gaan ons darem intussen 'n lekker brekfis eet en mammie is vol planne om 'n kledingstukkie of twee te gaan soek by die plaaslike "mall" met die oog op ons Roemeense besoek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/07/2023 - 08:40

So sluip die Bouchers in my dorp in sonder om te kom hallo sê. Ek vergewe julle, want ek sien julle het gisteraand ‘n opvoering gaan kyk. Ek het vanoggend ook gedink aan hoe koud dit die winter is. Die minimum is darem nog ‘n paar grade agter plekke waar ons onlangs was soos die Noord-Kaap en Potchefstroom en selfs Tsendze waar ons een oggend 4 grade gehad het. Die maksimum is egter maar lui om te styg. Vandag word darem 15 voorspel. Ons kry gereeld dae wat nie bo 11 kom nie. En as die wind waai voel mens die bietjie sneeu wat eergisteraand geval het. 
 

As julle tyd het, kan julle gerus ‘n draai maak by Bosjes. Die afdraai daarheen is oorkant Botha kelder op die Ceres pad. Afgesien van ‘n paar restaurante waar julle kan eet, het hulle ‘n lieflike tuin daar uitgelê waarin mens lekker kan wandel. Dis amper soos Babilonstoren (spelling?) maar sonder die skares. ‘n Ander mooi plek om iets te nuttig is by Nuy on the hill op die Robertson pad. Dis op die Nuy pad, net van die R60 af.

Sterkte met die klere koop. Ek vermoed die Whale Coast Mall in Hermanus het egter ‘n beter verskeidenheid. Ons ry môre 05:30 Hermanus toe vir ‘n sportdag. Chris Jnr se O/8 B-span moet al 07:20 daar wees om op te warm. Gelukkig is ons platsak na die vakansie so daar gaan nie klere gekoop word nie. Ek hoop nie so nie!

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 21/07/2023 - 08:50

Ons het gisteraand 'n toneelfees by ons kleinkinders se skool (HTS Drostdy) 

My een kollega se dogter is onderwyeres daar by Drostdy. Mej Bianca Coetzee (Tegnologie vakhoof). Ek neem aan die kinders is ook dus in die koshuis.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 09:59

Môre Chris B

Waarom is die kleinkinders op kosskool. Wel, dis wat ek aflei van jou inset. 

Vra die man wat sy eie kinders uit Brits se skole gepluk het, al in 1995!!! 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/07/2023 - 10:21

Drostdy is ‘n goeie skool. Kinders kom van oral oor hierheen - plekke soos Calvinia, Sutherland en duidelik Grabouw. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 21/07/2023 - 10:45

Grabouw se hoërskool, waar beide my kinders op skool was, is al vir 'n paar jaar 'n "no-go". My kleinkinders was in die Strand met hul laerskooljare. My skoondogter het hulle elke oggend weggeneem en middae gaan haal. Sy't haar half besimpeld gery. Hulle is toe van die begin van dié jaar kosskool - en hulle klink heel gelukkig. En soos die Wildehont sê, Drostdy staan bekend as een van die Boland se uitstekende skole.

Chris - ons eet sommer ietsie hier in die Spur, maar dankie vir jou voorstelle. Ons tyd kan dalk op ons uitloop as ons nog verder gaan rondry. Oupa is gisteraand baie duidelik laat verstaan dat hy mag nie laat by die koshuis opdaag nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 10:56

dat ek wil verhuis en dus 'n tuiste naby die laerskool soek nie.

Dis eintlik hartseer dat omstandighede sulke ontwrigting op 'n gesin afdwing. Ek vermoed dat baie van die kleiner dorpr se skole deesdae 'n "no go" is.

Gedurende my skooldae het Bonnivale se skool weer baie kinders uit Kaapstad omgewing getrek. Goeie ou skool gewees, en kinders met probleemouers of huislike probleme het 'n veilige skool en koshuis daar gevind. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/07/2023 - 11:18

Ons tyd kan dalk op ons uitloop as ons nog verder gaan rondry. 

Kaap Agri in Hoogstraat se drankwinkel verkoop die omgewing se wyne teen billike pryse, en ek herinner my dat julle van Brandvlei kelder se een wyn hou. Julle kan eintlik maar by die kelder self aandoen oppad huis toe ook. Dis nie te ver van die Villiersdorp pad af nie. Julle kan gerus ook by Aan de Doorns kelder gaan proe, dis reg langs die Villiersdorp pad (ek glo julle weet waar). Hulle wyne is soos meeste kelders die kant van die tonnel baie billik geprys, en hulle Sauvignon Blanc is blykbaar veral lekker. Die rooiwyn maker is ‘n kennis van ons, sy naam is ook Chris. Dus duidelik ‘n goeie man. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 21/07/2023 - 12:18

Ons seker maar verbeeldingloos - vandaar die feit dat ons al jare vashaak by wit Toyota's en by BC Wines se wyne. Inderwaarheid is dit net Ralie wat geen ander wyn soek as BC se Bachanté nie. Ekself verkies weer Du Toitskloof se Sauvignon Blanc en Badsberg se Merlot.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/07/2023 - 13:08

Dit getuig van goeie smaak. Die wyn hier is net so goed soos die anderkant die tonnel. Dit kos net ‘n kwart van die prys. Moenie vir almal sê nie, anders stoot die groter aanvraag die pryse op. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 22/07/2023 - 15:43

Dagsê maters.

Paar koue dae agter die rug, simpel wind. Vanoggend sit 2 van die katte sommer binne in die vuurmaakplek. Warmste plek in die huisie.

Katte

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/07/2023 - 15:50

...lyk omtrent soos 'n grofsmid se werkplek. Allerhande "tools" wat daar staan en hang.

Ek hoop die hopie kole was darem al dood.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 22/07/2023 - 16:57

Daar was nog rooiwarm kole! Ou Vettie wat links slaap gereeld snags daar. Sy het hier opgedaag met n halwe stert. Daar is n groot moontlikheid dat sy die ander deel by haar vorige huis afgebrand het. Ou Lucy, regs, is besig om seniel te raak, en vang vreemde goed aan, ek dink sy het afgekyk by Vettie.

Die klomp tools in die braai, is maar " toerusting" vir braai ,potjie, en staanrib. Daar is ook n Madagaskar houtskool stofie wat ek soms gebruik vir potjie maak, of peri peri hoender in n wok op hom. Als goed wat mens oor n leeftyd vergader, en lief voor raak.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 24/07/2023 - 06:54

Toevallig is Bianca Coetzee my kleindogter se klas-onderwyseres. My kleindogter sê sy is kwaai.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 24/07/2023 - 16:33

.... of Len wel vandag verjaar nie - Lapskag reken so. Indien dit wel so is, dan sê ek ook "Happy Birthday Len". Synde jy self sê dat jy soms stroomop is, word jy seker eerder jonger as ouer?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus