Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -54 minutes ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -12 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Secunda

Sleep nou

Sun, 10/09/2023 - 06:45

Hoor net bietjie hier die reels maak die game dood kaart hier kaart daar die ouens weet nie meer of hy mag tackle of nie mag hy in lug spring om bal te vang nee wat rugby raak nou n pissie game

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 10/09/2023 - 07:25

Die het vir my gelyk na n insident wat kan gebeur in die normale verloop van die spel. Die in my boeke sou nie eers n geel kaart wees nie. Die twee oogbanke wat mekaar tref was ek glo bloot net n ongeluk. Die baie bloed het dalk die besluit van die assistent skydsregtig beinvloed.

Maar, ek het nie die reelboeke gelees nie...rusbankskydsregter se mening.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 10/09/2023 - 10:39

Ek wonder of die Springbokke se senuwees nou pla. Myne begin. Ons het beurtkrag van 16:00 tot 18:30, en ek is bang die omsetter se batterye hou nie lank genoeg nie. Ek hoop ook nie ons is so stil môre soos wat die AB ondersteuners tans is nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/09/2023 - 11:05

..........is dit die omsetter se batterye of die Sprinbokke se batterye wat jou senuwees op hol het ?

Wat eersgenoemde betref kan jy maar ophou worrie.  Jou omsetter moet net vir sowat die eerste 30 minute van die spel help en dan na 18:00 kan die Minister van Elektrisiteit en sy span oorneem  -  hulle is mos staatmakers en stel nie sommer teleur nie !

Wat vanmiddag se wedstryd betref, die Skotte se volkslied sal ons s'n wen, maar nie hulle spel nie.  Hou dus op worrie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/09/2023 - 11:18

die Skotte se volkslied sal ons s'n wen

... is dit die mooiste volkslied-melodie wat ek ken. As dit op hulle tuisveld (Murrayfield) gesing word en daardie Skotse skare sing saam, is dit hoendervleis-oomblikke. Hulle volkslied en die feit dat hulle meestal die "underdogs" is tussen die vier Britse/Ierse rugby-unies, maak dat ek graag die Skotte ondersteun - maar nie vandag nie.

Ek hoop maar die feit dat Gert Viljoen (van Bloemfontein) wel die Skotte vandag "support" sal nie 'n "jynx" oplewer nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/09/2023 - 20:14

... maar die Bokke is die eerste hekkie oor. Teen rustyd het ek nog maar 'n groot kol senuwees op die maag gehad. Gee die Skotte wat hulle toekom - hulle het ons hard laat werk vir die oorwinning.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 10/09/2023 - 20:18

Geluk Springbokke.

Eerste wedstryd en alreeds is daar probleme op loskakel. Libbok is 'n goeie speler maar om die bal aanhoudend weg te skop op die opisisie se doellyn gaan ons nog duur te staan kom. 

Gelukkig is ons pad nou makliker om deur te gaan. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 10/09/2023 - 20:31

Hulle het die eerste helfte soos ‘n Hilux gespeel. Nie mooi nie maar dit werk. 
 

Die tweede helfte was meer soos ‘n Prado. 

0
Pretoria

Geert

Sun, 10/09/2023 - 22:36

Eks bly vir SA se oorwinning, maar hoeveelheid punte verlore weens swak skopwerk is te veel vir WCR gehalte. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/09/2023 - 22:55

.............eienaar van ChrisWH se Prado toe die Bokke se eerste drie in die 2023 Wêreldbeker !

As ek dit nie mis het nie is die Skotte die 5de beste rugbyspan in die wêreld en dit in ag genome het die Bokke nie te vrot gevaar nie.  Ook het die Bokke die meeste van die tyd in Skotte se gebied geboer, maar laasgenoemde se verdediging was rotsvas.  Die heelwat mis-vatte van die bal deur die Bokke het my ook gepla.  Die skrums het ook maar gesukkel en my nie juis beïndruk nie.

Soos reeds gesê weet ek nie veel nie, maar die geskop van die bal in die hande van die Skotte ( en nie by die kantlyn uit nie) het ek stupid gevind.  Hoekom sal 'n mens as jy in besit is van die bal dit "oorhandig" aan jou teenstaanders om 'n teenaanval te loods ?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 11/09/2023 - 06:50

.... ek vra ook, soos menige rugby-entoesias daardie selfde vraag wat jy in jou laaste sin stel.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 11/09/2023 - 07:52

Volgens die statistieke het ons die bal 9 keer uit 27 weg geskop. Die ander 18 keer het ons dit weer teruggekry na die skop. Hulle het net 6 van hulle 28 skoppe teruggekry.
 

Ek stem egter saam dat daar ten minste twee keer was wat Libbok onnodig die bal geskop het naby aan hulle doellyn. Sy stelskoppe was weer kommerwekkend. Daar kan ‘n dag kom dat dit ons die wedstryd kos. Meeste finale is nie sulke hoë tellings soos wat ons teen Engeland gekry het in 2019 nie, en 3 punte minder kan verloor beteken. 
 

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 11/09/2023 - 08:16

Len moet nie warry nie, hier is ek.  Ons "All Blacks" hardloop nie weg nie, ons het karakter en word net meer en meer per dag. 

Wat kan 'n man sê?  Ons All Blacks is nie cry babies nie, ons vat die hou op die ken en staan op en kom twee keer sterker terug.  Dit wil voorkom of die spangees en selfvertroue weg is.  Die game was plan en verbeelding loos.   Dis amper of hulle nie wou wen of speel nie.   Op wereldbekker vlak as jy opslip is jy uit.  Ek het meer verwag van my span.  Gaan hulle hierdie Wereld beker terug kom?  Ek glo amper nie.  Maar ons sal by julle staan.

Oor die Bok / Skot game het ek ook meer verwag van die Bokke.  Die Skotte het die eerste helfte goed vertoon maar het begin moed en spoed verloor in die tweede helfte.   Ek hoop net dat Jessie Kriel nie uitgewys gaan word vir kopkontak teen Jack Dempsey nie want dan is sy wereld beker verby.  Oor die Bok no 10 (gaan nie eers sy naam noem nie) kan ek net sê "Doen so voort."  As bestuur jou kies om aanhou te skop dan moet hulle maar die blaam dra.   Op Wereld beker vlak is jou skopper 'n gamer wenner.    

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 11/09/2023 - 09:06

Stem saam met realistiese uitkyk.   Onthou, Wonderwerke gebeur in die tyd wat jy dit die minste verwag.   Om eerlik te wees die rugby wat die All Blacks huidiglik speel is voorspelbaar en eentonig.  Dis te stadig.  Dit wil voorkom of hulle onfiks is.  Die onvoorspelbaarheid en dink op jou voete het iewers verlore of verroes geraak. 

Die ander kant van die munt is oorselfvertroue. Dit byt jou gewoonlik aan die gatkant.    

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 11/09/2023 - 10:18

As Damian loskakel gaan speel vir AB is daai agterlyn bitter gevaarlik kyk as hy daar speel gebeur die dinge Bokke - Ons skrum nie so giftig gewees soos altyd hoop Eben nie te erenstig beseer nie en dalk Eleende uitskuif na resewe bank en Grant Esterhuysen op 12 speel en Libbok speel goed maar skop pla baie go bokke go

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 14/09/2023 - 10:35

Ouderdom is 'n lelike ding as dit by professionele sport en  sport beserings kom.   'n Man van 33 kan nie teen 'n jong man van 25 kompiteer nie as dit by sportbeserings en hersteltyd kom nie.  

Dis jammer want hy is 'n yster.  Miskien het dit nou amptelik tyd geword om sy steuwels op te hang.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus