6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -30 minutes ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -3 hours ago

Namibia Augustus 2023

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Goeie middag vriende en Mede Kampeerders,

So ek het weer n bietjie raad nodig, ek wil in Augustus die Hele Namibia doen, van onder by Ariamsvlei tot bo by Epupa Watervalle, en baie blekke tussen in ook.

Watter plekke sal julle aanbeveel wat n moet sien is. wat wel reeds in die beplanning is:

Sesriem, Luderitz, walvisbaai, hentiesbaai, swakopmund, skedel kus, Ais-Ais, Torrabaai, Sossusvlei Duin 45, fish river canyon,

Wat sal julle bysit wat fantastiese natuur tonele het. Ons gaan Kamp natuurlik en is ook teen dan reg vir remote camping!

Sal baie graag Etosha wil doen maar ek hoor dit is moker duur om nou daarheen te gaan.

Hoor graag van julle. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 07/03/2023 - 09:25

As jy besluit om Kgalagadi deur terug te kom, moet jy vir minstens twee dae in die park bespreek wees  om die grenspos by Unions End  te gebruik. Ek glo dit is om deurverkeer te keer.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/03/2023 - 09:57

... net 'n klein foutjie gemaak. Die grenspos is by Mata Mata. Unie-end is 'n doodlooppad reg bo in die noorde van die park waar Suid-Afrika, Namibië en Botswana ontmoet. Laasgenoemde is beslis 'n besoek werd as jy nog nooit daar was nie. Maar dit is slegs bereikbaar vanaf Nossob vir 'n dagreis heen en terug.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 07/03/2023 - 11:25

Ag wat, lig net die draad op en ry onder deurdevil

Die grenspos is by Mata Mata. Unie-end is 'n doodlooppad reg bo in die noorde van die park waar Suid-Afrika, Namibië en Botswana ontmoet.

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 07/10/2023 - 12:11

So het die beplanning gladnie uitgewerk om van Plett na Namibia toe te toer die jaar nie, het intussen die caravan canopy verkoop en nou is ek opsoek na n Kappie vir die bakkie en dan moet n Rooftop tent op kom met n 270 grade Awning en n stort cubicle. Daarna die drawer system, ekstra brandstof en water houers, beligting en batery stelsels.

Het die videos gekyk wat hier bo na verwys is en sjoe nou water my mond behoorlik vir Namibia.

Ek het toe ook besluit om eerder volgende jaar April Mei maand te gaan wanneer die ergste hitte gebreek is alhoewel dit nog steeds vrek warm gaan wees, ek slaap eerder warm as wat ek moet vrek van die hitte wanneer ek wil slaap.

Ek lees dat die manne dalk met die karavane wil saam gaan, daai kan vir my ook werk, sou daar iemand wees wat wil saam gaan, laat ons gesels en kyk of ons nie ten minste 3 of meer voertuie kan wees nie, sou ek iets anders wil kyk dan kan ek mos weg breek en verder vorentoe weer opvang met julle.

So die beplanning is tans vir my 40 dae in Namibia, toer van Suid na Noord en oos en wes heen en weer om meeste goed te kan sien. ek besef nie almal kan vir 40 dae gaan toer nie, dit is vrek lank maar terwyl ek daar is doen ek dit behoorlik.

Natuurlik gaan die brandstof prys n groot rol speel maar ja ons spaar nou elke sent.

Maar ja ek is maar tans tussen twee vure rondom die rooftop tent, wou graag n hardshell gehad het maar R35k is baie vir iets wat jy net gebruik om te slaap, maar ja n mens wil ook lekker slaap, ook die verskil tussen hard top and soft top is die opslaan en afslaan tye, want as jy wil gou ry moet jy alles opslaan, hardshell is maklik. 

SO WIE GAAN SAAM?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/10/2023 - 13:41

Middag Shaun, help tog ons vriend met goeie raad oor uitrus van 'n bakkie met kappie ens.

Dalk moet jy aansluit by JW vir die toer, jy is mos al afgetree.

Ek raak sommer roekeloos en durf binnelandse sake aan, vir 'n paspoort. Ek erken ruiterlik dat dit soos 'n moerse berg voor my lê. veel groter as om my beter in te rig vir so 'n omvattende toer.

Indien daa rpersone met waens wil saamgaan, sal die solo[ slegs trokkie] ouens en die boswae manne tot 'n vergelyk moet kom. Volgens ons neef Herman sal die ouens met boswaens nie kan ry waar die solo- trokkie manne kan waag nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/10/2023 - 15:50

Middag JW, jy moet eintlik nou 'n nuwe gesprek begin met nuwe titel;

Josef se Namibie 2024 toer

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 09/10/2023 - 06:10

Ek raak sommer roekeloos en durf binnelandse sake aan, vir 'n paspoort. Ek erken ruiterlik dat dit soos 'n moerse berg voor my lê.

Wessel, doen eerder aansoek via die web en dan maak jy afspraak by 'n Bank tak. (Die inligting is beskikbaar). Proses is baie vinniger/pynloos en minder frustasie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus