6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -22 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -25 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -41 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/11/2023 - 10:44

................merk ek op.....  "As jy eers gewoond is aan die dubbelkajuit, met sy laaibak, dan gaan jy dalk die Prado makliker laat gaan.".

Dis ook maar goed ons het elkeen 'n eie voorkeur.  My voorkeur is presies die teenoorgestelde van joune  -  my SUV ruil ek vir niks anders nie en beslis nie vir 'n dubbelkajuit-bakkie nie.  Die ergste van 'n dubbelkajuit bakkie vir my is die versameling van stof in die laairuimte ten spyte van alle truuks om die stof te keer. En ook, die regop agterste ruit wat teenaan die agterste sitplek is voel vir my te beknop.

Wat laaiwerk betref staan my SUV vir niks agter nie : ek ry op die oomblik bourommel weg wat netjies in sakke gepak is voor dit ingelaai word.  Vir my swembad-pyp probleem het ek alle benodigdhede met die SUV vervoer, selfs sakke sand en sement.

Met vakansie word al ons los goedere gemaklik, insluitend die tent,  netjies (soos dit 'n ou bank-man betaam) in die SUV gepak  -  kyk foto hieronder (Jammer vir die skewe foto)

Maak nie 'n fout nie, ek gun julle d/k-bakkie ouens julle voorkeur.

.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/11/2023 - 11:03

Stem saam met jou Len. ń Bakkie is om mee te boer of tools te ry. Dubbelkajuit is vir die werkers op agterstesitplek en die greedskap agter in. Die bakkie manne is eintlik in hul harte nog plaasboere. 

So, neef verkies die stasiewa op groot wiele.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/11/2023 - 11:09

....onthou ek het ook 'n ruk met 'n Territory oor die weg gekom. 

Dalk slaan jy die 2de ry sitplekke plat as jy met vakansie gaan. Met 'n gesin van >4 kan mens dit nie doen nie, dan was my pakplek maar knap in die Territory.

Ek het ook maar dit as "netjiese" trokkie gebruik, veral met wegry van tuinafval. Ek het gewoonlik die laai gedeelte, ingesluit die 2de ry plat sitplekke eers toegemaak met groot ou gordynlappe, en dan maar vullis gelaai. Dit het my altyd gegrief.

Met die dubbelkajuite is dit net makliker. As die "rubberise" effe kneus, is dit nie 'n mat wat stukkend is nie. As die grondseile deurnat en vol modder is, pla dit nie meer nie, want die laaibak kan sommer met tuinslang skoon gespuit word. 

Soos jy sê, so het elkeen maar sy eie voorliefdes. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/11/2023 - 11:33

Middag Herman en ander

Ek hou van die beskikbare pakplek van 'n Dubbelkajuit[DK]. Ons het 'n klein boswaentjie met min pakplek, en Marie kan pak jong!!! Ek verstom my self vir alles wat ons saam karwei met 'n woonwa-vakansie. 

Ek twyfel of ek dit agterin 'n SNV [sportnutsvoertuig] sal kry, selfs met die sitplekke plat. Ek begin al daaraan dink om 'n rak bo-op die kappie te sit. 

Worcester

Wildehont

Fri, 10/11/2023 - 13:15

En so is dit. Ek spook nou om iemand te kry om my 17:15 lughawe toe te vat. My vriend wat ek al 43 jaar ken het vanoggend na die Ranger gaan kyk met my checklist vir tweedehandse voertuie wat hier iewers op ‘n gesprekslyn lê. Hy het ‘n outjie wat vir hom werk en ‘n 2015 Ranger 2.2 ry saamgevat. Die eienaar het hulle gekry by die handelaar waar die kar op die vloer staan vir R340k. Toevallig ken my vriend hom soort van. Hy was die eienaar van Giovanni’s restaurant in Brooklyn. Intussen het hy ook ‘n restaurant in Silver Lakes gehad en het nou ‘n lodge daar. 
 

My vriend se slotsom was dat die outjie wat vir hom werk tweede opsie na my vat en hy self derde opsie as nie een van ons die bakkie koop nie. Hy sê die bakkie het fyn krapmerkies op soos wat mens kry van tussen bosse deur ry op die tweespoor sand paaie in Botswana. My Everest lyk ook maar so. Dit het egter geen duike nie, en binne lyk dit soos ‘n nuwe kar. Die voorste sitplekke het oortreksels op gehad en die agterstes is nie gebruik nie. Daar is vier plekke op die bak waar die rubberising seergekry het van ‘n AHA kampeer kappie wat op die bakkie gebruik is. Dit verkoop die eienaar blykbaar los vir R160k. 
 

My vriend was so oortuig van die mooi toestand waarin die voertuig is en het fotos ook gestuur dat ek die eienaar toe laat weet ek gaan dit neem. Hy wou R310k gehad het maar ons het ooreengekom op R300k. Hy het aangebied om die bakkie te gaan haal by die handelaar in Gezina sodat ek dit by sy huis in Silver Lakes kan kry môre oggend. Hy het ook aangebied dat ek gratis by sy lodge kan oorslaap. Ek sal egter by my ou vriend oorslaap in Menlopark. 
 

Die uitstappie daarheen en terug gaan my seker nog so R6k kos. Dan sal ek ook ‘n kappie moet kry as ek besluit om die bakkie te hou. Ek glo dit sal ek weet teen Sondag wanneer ek DV terug is in Worcester. En dan sal ek moet werk maak van die RAV verkoop. 

Worcester

Wildehont

Fri, 10/11/2023 - 13:29

Ek het vergeet om te noem dat die eienaar vir my ‘n foto van die registrasiesertifikaat gestuur het op my versoek. Ek het dit na Jaffe’s Ford gevat waar die vriendelike dame vir my die diensrekord uitgedruk het. Die recall van die probleem pyp is gedoen op 12 Maart 2014. Daar is terselfdertyd ‘n kalibrasie gedoen wat voorkom dat die turbo sy voorgestelde spoed oorskry (wat volgens die nota op die rekord under certain conditions) kon gebeur. Verder is ‘n foutiewe ABS pomp vervang 22 Feb 2013 en ‘n dreun geluid op die agterste ewenaar is reggemaak op 30 Sept 2015. Die enigste ander fout was ‘n haarlyn kraak op ‘n velling wat ‘n stadige lek veroorsaak het. 
 

Al die dienste is by dieselfde Ford agent gedoen, en ek voel redelik rustig afgesien van die groot uitgawe en skuld wat ek gaan maak. 

Irene

Grootwind

Fri, 10/11/2023 - 14:14

Vergeet van die turbo probleem met die eerste modelle. Ja hulle het aanvanklik onder Hoëveld toestande turbo's ge-eet, die ding het in die dun lug te vinnig begin draai. kalibrasie het dit reggestel. Later modelle het nie die probleem gehad nie. Eerste klomp BMW 320d's het dieselfde probleem gehad...die ontwerpers is geneig om die hoogte wat ons bo die groot dam is te vergeet! Daar onder sal dit in alle geval nie 'n probleem wees nielaugh

Irene

Grootwind

Fri, 10/11/2023 - 14:23

Geniet daai "blue oval"! Glo jy sal gelukkig wees. Terloops, die Ranger ry met standaard suspensie nie juis hard nie, dis van die bakkies wat die "sagste" ry (weet nou nie wat sy ander suspensie gaan doen nie) in alle geval ry hy heelwat sagter as 'n HiLux. Wat sleep aanbetref dink ek jy sal vind dat dit beter as die Prado met sy V6 petrol is...myne weet skaars van die Fleetline. Onthou om met sleep die ratkas in Sport mode te sit....in die Ranger se geval hou dit bloot die ratkas langer in 'n spesifieke rat voor dit oorskakel en dit "hunt" glad nie tussen ratte teen opdraandes nie. Die ratkas is 'n ZF eenheid wat onder lisensie deur Ford vervaardig is (ZF ratkaste word wyd gebruik, selfs deur ons eie Rooikat gevegsvoertuig (nie dieselfde as die Ranger sinne nie, net groter!)

Worcester

Wildehont

Fri, 10/11/2023 - 14:39

Ja, die turbo se kalibrasie is reggestel. Nou praat jy my bang met verskillende modes. Ek is nie vreeslik mode bewus nie. Sê gou watter gebruik ek waar, ek moet môre vroeg die lang pad vat Beaufort-Wes toe waar ek aan die kant van die dorp net so na die N12 afdraai op ‘n plaas by ‘n Lekkeslaap selfsorg slaap.

Ek is maar ‘n vervelige outjie en hou by die spoedgrens, so ek soek die manier wat die minste diesel gaan eet. Met die ekstra tenk en die duurder diesel gaan die voertuig amper net soveel kos as die Prado om vol te maak. Maar dit sal darem seker ‘n entjie verder ry vir die prys. 

Irene

Grootwind

Fri, 10/11/2023 - 15:34

As jy niks sleep oppad terug nie sit jy hom bloot in "D" en vergeet van hom! As jy wil speel, as hy in Drive is druk jy die hefboom net na regs, as jy wil maual ratte verander sien die + en - , jy tik hom net na + of minus as jy wil op of afrat (ek gebruik dit omtrent nooit). As jy hom van Drive na regs gedruk het en niks verder doen nie is hy in Sport, jy sal veral sien tussen robotte dat hy die omwentelinge toelaat om langer hoog te bly voor hy oorskakel, lekker vir speel maar dan drink daai 5 silinder so 'n bietjie! Geniet! (Daai 5 silinder grom ook al te mooi in vergelyking met Wessel se Grompie laugh)

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/11/2023 - 15:50

Jis Grootwind, nou hoekom betrek jy my vervelige wit Grompie by die gesprek.laugh

Bedoel u dat daai Ranger net so grom soos Grompie, of dat Grompie nie 'n grom het nie.

Chris S: Ek hoop jy gaan baie gelukkig wees met jou "veldwagter". Die pad is lank terug huis toe.  Daar is lang ente stil pad op N12, laat hom GROM!!!!

Worcester

Wildehont

Fri, 10/11/2023 - 15:51

Die ratte klink darem eenvoudig genoeg. Is daar ‘n manier om te keer dat dit ‘n te hoë rat kies wanneer mens sleep? In die Everest en Prado kan ek die ratkas in outo hou maar beperk tot 4de rat op die hoogste. 
 

Ek sien nou-nou die ou Ford bakkie (ek sien hy is op sy kop). As hy so lank kan aanhou toer behoort my nuwe ou Ranger my deur te sien vir agt jaar. 
 

A

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/11/2023 - 21:45

................julle jonger outjies sukkel darem nie as dit by kar-koop kom nie - sommer een-twee-drie en die koop is gedoen !  Die laaste kar-koop transaksie wat ek gedoen het was 10 jaar gelede !

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/11/2023 - 06:08

Môre Len 

Ek sluit by jou aan, ek verstom my ook oor Chris se waagmoed en spoed waarmee hy te werk gaan. Ek kan nie help om te onthou wat Herman hom gevra het met die Prado se aankoop nie, "was daar drank betrokke"laugh

Ek seg gisteraand vir Marie, die man het baie moed en 'n ongelooflike vertroue in sy Pretoria vriend. Tegnologie speel darem 'n rol, hy kon via Ford se sentrale databasis die volledige diensrekord bekom.

Ek sukkel om 'n gebruikte voertuig te koop, selfs in Brits as my getroue werktuigkundige dit nie gesien en rerig "onder" gesoek het nie. 

Ek wonder net hoe en waar het Chris van die bakkie te hore gekom. Ten minste hoef hy hom nie oor roes te bekommer nie. As die ou oom [60-70jaar] laughhoofsaaklik die bakkie vir Botswana en Namibië toere gebruik het, was dit seker nie in seewater nie.

Met my aankoop van my vorige trokkie, het ek dit op 'n Saterdag  sien staan by die handelaar. Ek sê toe dat ek die volgende Maandagoggend met my werktuigkundige kom, sodat hy die bakkie kan deurkyk. Die verkoopman wil my toe boelie en sê dat dit dalk verkoop kan wees teen die Maandag. My antwoord was eenvoudig, as dit verkoop is, moes ek dit nie gehad het nie.

Terug na Chris en sy Ford trokkie, ek glo hy sal binnekort vir ons ook fotos wys daarvan.   

Worcester

Wildehont

Sat, 11/11/2023 - 06:30

Ek koop net tweedehandse voertuie, maar soek hulle mooi uit. Die spreekwoordelike ou tannie wat net winkel toe gery het geval. Wel die ou oom het net getoer buurlande toe. Toe my vriend my gisteraand kom haal by die lughawe vertel hy my die omie is in sy eie woorde baie pedantic. Toe ek hom gister oor die foon vra vir die VIN nr sodat ek die diensrekord kan kry het hy nie ‘n oomblik geweifel nie. Daarna sê ek dat ek nog een vraag het; het hy spaar sleutels? Sy antwoord was ‘n effe verontwaardige But of course I do. Voor ek nou-nou die geld oorplaas gaan ek darem eers self na die kar kyk en daarmee ry. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/11/2023 - 07:55

Môre Chris, as jy nog tyd het om te lees, jy moet jou blaker roer!! Die Kaap is vêr as mens met so 'n "under power" trokkie ry. Dalk moet jy maar eerder by Kambro oorslaap.

Onthou om spaarwiel te pomp by 1ste vulstasie, dis dalk effe pap.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus