Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Wie van julle het/het al ‘n…
Wie van julle het/het al ‘n Ford Ranger 3.2 gehad?
Koop hom....
Ek het die Mazda gehad wat `n identiese enjin ratkas ens het. Dis maar `b Ford met `n Mazda badge. Daar is niks wat daai 5 silinder diesel beat nie. Behalwe vir die krag ens het daai bakkie se veiligheid my en die vrou se lewe gered.
As ek een kon kry met min kilos op voor ek my afgeskryfde een vervang het sou ek hom dadelik gekoop het.
Groetnis
Leon Coetzee op die ander…
Leon Coetzee op die ander forum het 2 gehad. Ongelukkig moes hy sy laaste een verkoop agv omstandighede. Ek glo hy sou hom nogsteeds gehad het.
Het tans my 2de 3.2 Ranger…
Het tans my 2de 3.2 Ranger Outo XLT D/K, maar 4x2 en nie 4x4 nie. eerste ene op sowat 48 000km "geskenk" aan die heropbou program. Was 'n 2015 model en het hom in 2018 verloor. Daarna die huidige ene gekoop, (Desember 2018) ook 4x2 XLT Outo (tans rondom 38000...ek weet ek ry nie genoeg nie, maar hy moet lank hou!). Beide was basies probleemvry, eerste ene heeltemal so, die huidige ene se turbo "boost" pyp moes vervang word, en die voorste rempype is onder 'n "recall" vervang. Ek is nie juis handelsmerk sensitief nie maar na die eerste ene gesteel is was dit nie moeilik om weer ene te koop nie (beide nuut gekoop). Wat gerief en krag aanbetref, is die trokkies tops, uiters gemaklik met al die "bells & whistles" wat nodig is. Die ouer modelle van so 2012 tot vroeg 2016 het 'n klein skerm en nie 'n navigasie stelsel nie, die "facelift" modelle tot onlangs het egter almal 'n groot skerm met navigasie. Brandstof verbruik is nie te lig nie, ek meet dit egter nie, as hy leeg is moet hy vol gemaak word ongeag wat die verbruik is...maar dit is relatief, teenoor my vorige Territory loop die trokkie op die reuk van brandstof! Wat daai 2013 model aanbetref het die 2012/2013 modelle 'n probleem gehad met die outo ratkas se verkoeler, 'n spesifiek waterpyp was geneig om deur te skuur, al die water loop dan uit en teen die tyd wat mens dit agterkom is die enjin daarmee heen. Daar was egter 'n recall gewees om die spesfieke pyp te vervang. As jy wel die ene wat genoem word wil koop, maak seker daai pyp is onder wel recall vervang. As hy al die ekstras by het neem ek aan die eienaar het boendoe bashing met hom gedoen, laat die trokkie maar eers goed deurgaan voor jy enigiets teken. Ford behoort sy geskiedenis ook te kan aflaai teenoor die VIN.
Terloops myne is wit...net sodat Wessel nie te sleg voel met sy wit Grompie nie!
Myne is wit
Middag Grootwind, hopenlik dra jy nie ook die meegaande dik swartraam brille nie. Dis mos die prentjie wat Jan alleman van ons het in 'n beroeps omgewing. Ek het die HP sakrekenaar aan die belt vergeet.
Chris S: wat wil jy met al die voertuie op die werf maak, Prado, Rav, Everest, Fordjie [?] en nou oorweeg jy nog 'n Ranger ook.
Neem Grootwind se opmerkings en raad ter harte.
Ek kon nog nooit daai HP…
Ek kon nog nooit daai HP somme maak masjien kleinkry nie en het maar eerder vir 'n Texas (dink dit was 'n SR50A?) ene gegaan. Maar ek was heel verslaaf aan my skuif liniaal, het nogals twee, 'n volgrote ene vir die ernstige somme en 'n sak model vir die lighartige somme...dalk moet ek die spul weer bietjie smeer met Johnson Baba Poeier, kan dalk vir Chris S help om die "regte" somme te maak!![]()
Het nou die handleidings vir die "slip sticks" uitgekrap, gaan bietjie die naweek speel en kyk of ek die goed nog kan gebruik! Jammer ChrisS, eintlik is jy besig om trokkie te koop en hier gaan ek en Wessel op 'n tangent af :)


Lighartige somme....
....soos in die koop van 'n Ranger. ![]()
Ek is seker Herman gaan ook nog 'n skuifliniaal in 'n kas aanhou.
Oorwegings
Ek het ‘n vriend met ‘n kontak by Jaffe’s Ford hier in Worcester wat op die stelsel gaan kyk wat die voertuig se volle geskiedenis is. Volgens die huidige eienaar (wat die voertuig nuut gekoop het) is die voertuig jaarliks by Ford gediens en het hy dit opgepas like a baby. Ford sal ook kan bevestig of die pyp vervang is in die recall.
Hy is 70 jaar oud, so het die voertuig gekoop toe hy 60 was. Hy het dit gebruik om te reis Botswana en Namibië toe, nie vir bundu bashing nie. Maar my goeie vriend in Pretoria wat na die Kavango gaan kyk het voor ek dit gekoop het (dit was ook in Pretoria) gaan môre 10:00 na die voertuig kyk en daarmee ry. Hy sal my laat weet voor ek besluit.
Ek het terloops ook seker gemaak die enjin is oorspronklik en is nie gechip of iets nie. Hy het dadelik gesê hy glo nie daaraan nie, en het niks van die aard gedoen nie.
Jou vriend....
....is baie behulpsaam. Hy moet sommer by die garage waar die verkoper sy dienste laat doen het, inry sodat hy in verkoper se teenwoordigheid onder die bakkie laat kyk, en sommer verneem van die recall pyp.
Dit is op sigself nie 'n Ranger-smash nie, jy weer mos nou daarvan. Dit kan sekerlik deur jou werktuigkundige ook gedoen word, indien nodig.
Ek is seker dat 'n ge-oefende oog gou sal waarneem of daar bundu-bashing gedoen is. Check net vir die kopskerm agter op die bak![]()
Hoekom “nog” ‘n voertuig koop?
Om Wessel se vraag te antwoord. Die Everest leen ek steeds vir iemand wat sukkel. Hy se hy wil dit by my koop wanneer sy ergste geldelike uitdagings verby is. Ek weet dit klink vreemd van my om iemand my voertuig te laat gebruik deur iemand wat nie betaal daarvoor nie, maar dis ‘n lang storie en ek het maar net besef ek kan iemand help wat dit nodig het.
Die RAV raak lank in die tand. Oor agt jaar moet ek ‘n aftree ryding koop, en die RAV gaan dit nie maak tot dan nie. As ek die Ranger koop behoort dit my te hou vir agt jaar. Dit sal my ook ‘n belastingvoordeel bring omdat dit duurder is as die RAV en ‘n groter enjin het. Maar dis ‘n bysaak.
Die Prado is ‘n luukse, en sal moontlik moet gaan as ek die Ranger koop en dit weeg en nie te lig bevind nie. Die Ranger sal seker net so lekker sleep soos die Prado, maar teen aansienlik goedkoper as die Prado.
Besluite besluite
Ai my maat, jy het 'n paar groot besluite voor.
Dink jy, jy gaan die Prado verkoop met modifikasies en al. Die gefoeter is, om met skuifliniaal te dink, en nie met die hart nie.
As jy eers gewoond is aan die dubbelkajuit, met sy laaibak, dan gaan jy dalk die Prado makliker laat gaan.![]()
Het die Ranger 'n kappie op? Dit kan mens 2de hands vind maklik
2013 Ranger
Chris, ek kon nie rathas spesifikasies kry nie, maar dit blyk dat enjin as volg lewer;
krag: 147kW by 3000rpm
Wringkrag: 470Nm tussen 1750 - 2750 rpm
Sal graag die kurwe wil sien, want dit kan lekker sleep, hang nou net van rat en diff verhouding af, wat by wiele uitkom.
Eerder ‘n staalborsel?
Kyk, die RAV ry nog maar begin lol. Die alternator het ‘n paar maande gelede gegaan, en die kar het ‘n cold start probleem ontwikkel wat nie Hein die outo-elektrisiën of Pierre Nolte my werktuigkundige die oorsaak van kon kry sover nie. Noudat dit warmer is, is die probleem weg, maar as ‘n kar eers met sulke nonsens begin vertrou ek dit nie meer nie. Dis jammer, want dis ‘n vrek lekker ryding met alles wat in 2007 kon oop- en toemaak. Sluit selfs met ‘n knop aan en sluit self oop as ek naby kom. Die gerief sal ek mis. Maar dit moet een of ander tyd vervang word, en dit kan nie meer te lank wag nie.
Dit help nie ek koop nou ‘n nuwe bakkie vir R750k nie. Oor 13 jaar wanneer ek op aftree se drumpel staan moet ek dit vervang. Selfs al ruil ek dit in oor vyf jaar sal ek weer moet inruil oor 10 en dan bly ek in die skuld vir die volgende 13 jaar. En ek haat skuld. Dan praat ek nie eers van finansieringskoste nie.
Selfs R300k is baie om af te byt en te kou. Maar die RAV behoort ek vir R100k te kan swaai, en die Everest uiteindelik vir R140k (dis waarop ek ooreengekom het met die persoon vir wie ek dit leen). Dan kan ek stout wees en die Prado hou sodat die Ranger nie te veel km optel nie. My sleepvoertuig ry gemiddeld 9000km ‘n jaar en my dorpkar 7000km. As ek net een kar het gaan dit dus 16000km ‘n jaar ry. Dis seker ook doenbaar om met die Ranger te ry in die dorp en om te sleep want dan het dit oor 8 jaar omtrent 210000km op wanneer ek dit moet vervang met ‘n aftree ryding. Of ek kan dit druk na 300000km toe en die aftreeryding uitspaar.
Maar laat ek eers kyk of die Ranger werklik so goeie koop is as wat dit voorkom. Dis nie te goed om waar te wees nie, maar as dit goed opgepas is sal dit ‘n gawe koop wees met die ekstras by. Dit het ongelukkig nie ‘n kappie op nie, so as ek daarmee wil sleep gaan dit moet bykom met die tyd.
Hoeveel km het daai Ranger…
Hoeveel km het daai Ranger op Chris?
Net onder 98 500
So as ek dit koop sal dit amper 100000km gery het teen die tyd dat dit in Worcester is. Dis ‘n toer bakkie, so dis darem meestal langpad km.
Ek het fotos van die voertuig se diensboekie gesien, en die eerste drie jaar is daar ongeveer 15000km per jaar afgelê. Toe neem dit af na 10000 en minder km per jaar. Dis een eienaar wat die bakkie nuut gekoop het op 60. Ek lei af dat sy aptyt vir toer afgeneem het of sy omstandighede verander het. Wat my laat dink dat die voertuig dalk te ongerieflik vir hom geraak het is dat hy die Tough Dog vering redelik onlangs laat installeer het. Miskien het dit nog te hard vir hom gery, en duidelik het hy die fondse en besluit toe om ‘n Grenadier te koop. Ek raai maar.
Wag in spanning...
....om te hoor wat Chris se vriend gaan rapporteer, en wat se keuse Chris gaan maak.
Mens sou amper dink dis ek wat die besluit moet maak.
Bietjie vermaak
Ek het gedink ek moet bietjie vermaak voorsien noudat die rugby praatjies verby is en die Proteas ons nie veel gee om oor te praat nie.
Ek het al vertel, maar besef net gou weer hoe groot besluit die vir my is. Voertuie is nie vir my ‘n prioriteit nie. Hulle moet die werk kan doen wat ek van hulle verwag en betroubaar wees. Die Prado is die naaste wat ek nog daaraan gekom het om myself te bederf met ‘n ryding, en dit was 14 jaar oud met 370000km op toe ek dit vir R160k gekoop het.
Die Everest was R205k in 2014, die RAV R120k in 2018, die Kavango R160k in 2019 en voor dit het my 2.5 Ranger R110k gekos in 2009. Voor dit was daar ‘n Colt wat R80k gekos het en ‘n Audi 500SE wat ek vir R25k by my pa gekoop het.
Ek is dus nie iemand wat nuwe, duur rygoed koop nie en dis vir my baie erg om so klomp geld te betaal vir een. Boonop is ek allergies vir skuld, en sit eerder geld weg vir my kinders na skool en vir my oudag as wat ek dit uitgee op huisraad en rygoed. Vakansies is die enigste uitsondering. Daarop gee ek graag geld uit, maar ek hou dit so goedkoop as moontlike binne die minimum vereistes.
Miskien het dit nog te hard…
Miskien het dit nog te hard vir hom gery,
Dit gaan ook defnitief nie dieselfde rygerief as jou Prado vir jou gee nie. Dit is en bly maar 'n groot besluit.





Grootwind...
Antwoord gou ou Chris S
Chris, vir 'n nuwe battery ingesluit, klink dit na 'n winskoop