6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/08/2023 - 07:03

Onlangs was daar n artikel van n 2018 2,4 Hilux wat 876 000km op die klok het. Het so 175 000km/jaar afgele, en het n volledige diensrekord.

Die moderne enjins is uitstekend gebou en het goeie verrigting deur slim tegnologie. Neef glo nie dat die enjin besig is om homself vrek te werk nie, meer doeltreffend sou ek se. Ja, as jy dit in die rooi ry teen die bergpasse uit, kan jy dit skade doen. Net so kan jy jou vinger in die h.l breek met n bietjie geweld. Intussen is dit baie ekonomies. Ek sidder as ek aan volgende maand se prysverhogings dink en sit met n de tuned v8 lump voor onder die bonnet. In my jong dae, toe petrol skaars was, het die manne met die v8's gekla dat as die enjin idle, dan se dit liter, liter, liter...sad

Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 07:36

Die nuwer voertuie is vir seker baie meer ekonomies itv brandstofverbruik. Maar hulle kos só vrek duur. En tensy jy amper ‘n miljoen het wat rondlê moet jy die nuwe ekonomiese ryding finansier. Ek het daardie som al gemaak. Ek gaan baie ver moet ry voor ek begin spaar met ‘n nuwe ryding. Verder as wat ek nog kan of wil ry in my leeftyd. En as mens nog die tydwaarde van geld in ag neem moet jy nog verder ry. Ek betaal dus maar eerder my premie by die pomp. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/08/2023 - 07:50

Môre Herman, dankie vir die mededeling van daai Hilux met die baie kilo's. Ek sal dus my vingers uit verkeerde gate hou, en my oge op die revcounter.laughdevil

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/08/2023 - 07:52

Getroud met 'n Karoo-blommetjie wie se pa 'n skaapboer was, het in my jong-getroude jare beteken dat ons nie geweet het wat vleis-aankope was nie. Karoovleis was aan die orde van die dag totdat my skoonpa siek geword het en die boerdery moes opgee. Eers toe het ons besef wat dit kos om vleis te koop.

Karoo-lam is lekker - ongetwyfeld!! Maar die afgelope klompie jare, nee dekades, koop ek my lamsvleis grootliks in Moorreesburg. Een van my oud-kliënte van Moorreesburg het eendag vir my gesê: "Chris, Karoo-lam is baie lekker, maar niks lekkerder as 'n Swartlandse Dohne Merino nie". En ek stem 100% saam.

Ek het sowat 'n maand gelede uit lamsvleis "geloop". Ek sien toe by ons plaaslike slagter dat hy lam teen 'n baie billike prys adverteer. Toe ek navraag gaan doen, sê hy dat die laaste lam pas verkoop is, maar dat hy 2-tand skaap het @ R89,99/kg. Dit was Ile de France (spelling?) skape afkomstig van Bredasdorp. Hy sal myne vir 2 weke in die koelkamer laat hang. Maar ek kon my oë nie glo toe ek die grootte van die skaap aan die hak sien nie. Ek is gewoond daaraan dat 'n lam in die omgewing van 20 - 22 kg weeg. Hierdie skaap het die skaal op 34,5 kg getrek. Met 'n mate van skeptisisme het ek besluit om sy woord te vat dat dit geurige, sagte vleis sal wees.

Na 2 weke het ek my 2-tand Ile de France gaan afhaal. Ek het nou reeds 3 keer daarvan gebraai. Ek sal in die toekoms pal probeer om weer 2-tand Ile de France (wat 2 weke gehang het) in die hande te kry. Ek sal nie eens twee keer dink om weer Moorreesburg se Dohne Merino of Karoo-lam te koop as ek eerder van genoemde vleis kan bekom nie. Die slagter koop dit aan vanaf 'n spesifieke boer in die Bredasdorp-distrik. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/08/2023 - 07:58

.... is my lamsvleistande vir 6 weke getrek. Hier kry jy net lamsvleis oor die Paastyd te koop - en dit is blykbaar piepklein lammetjies wat eerder lyk of hulle nog nie gespeen kan wees nie. Hier is dit maar vark of hoender. Soms 'n stukkie baie duur beesvleis. Van vis praat hierdie visvreter nie eens nie. Vars salm is beskikbaar, maar teen 'n ongelooflike prys.

Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 08:11

Soos Mnr Boucher uit Oos-Europa bevestig, is ons baie bederf hier aan die suidpunt van donker Afrika. Ja, ons kla dat vleis duur is en duurder raak maar ons braai steeds tjoppies en biefstuk week na week. Die brandstof is duur maar ons onderneem steeds toere na die Kruger wildtuin uit die Wes-Kaap en na die Tuinroete en Namakwaland uit Noord-Wes. En ons internet is stadig en duur, maar ek was gisteraand by ‘n praatjie oor sosiale media by ons kerk. Die aanbieder, wat 24 jaar in die SAPD gewerk het - hoofsaaklik met selfoonrekords in kriminele sake, onder andere die Jason Rhode saak - het begin met die aanhaling:

The only industries which call their clients users are the software/social media industry and illegal drug trade. 

Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 09:06

Ek lees dat KIA ook teen volgende jaar ‘n 1-tonner bakkie gaan vrystel. Duidelik wil al meer vervaardigers ‘n hap van die koek hê waaraan Toyota en Ford so lekker eet. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/08/2023 - 09:48

Interessant hoe Anton en Wessel se grappie hierbo die voertuig-gesprek kan draai na skaap-/lamsvleis gesprek !

Die "gevaarlike klein enjin-hoë werkverigting" debat : ek is nie 'n ingenieur of motorwerktuigkundige nie, maar al wat ek kan bydra is my ervaring op dié gebied oor die afgelope 17 jaar :

  • Die afgelope 17 jaar sleep ek met twee Nissan Pathfinders my 2-ton Exclusive oor 40 000km.
  • Vir 7 jaar van 2006 tot 2013 met nr.1
  • Vir 10 jaar van2006 tot 2023 met nr 2
  • Beide modelle het die "klein" 2488cc, 4-silinder diesel enjin met 'n 6-spoed handrat ratkas
  • Die enigste aandag van 'n werktuigkundige wat hierdie twee voertuie met hulle "klein enjins" nodig gehad het, was hul dienstye na elke 15 000km of 1 jaar.

My ervaring laat my dus saamstem met Herman se kommentaar hierbo.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/08/2023 - 11:35

............ons trek maar mekaar se  bene so dan en wan.  Maar terwyl ons nou op die "topic" is, ons koop weer ons lam of twee-tand skaap by 'n slaghuis wat hul skaapvleis vanaf Robertson kry.  Wat my aanbetref, onverbeterlik - die spesifieke fabrikaat weet ek ongelukkig nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/08/2023 - 13:22

Op n stadium n paar Isle de France aangehou, en dit is groot skape!! Oorgeslaaan na meatmaster, heelwat ligter, en darrm nie so vet soos n Dorper nie. Dorper lammers se tjoppe is helfte vet en so klein stukkie vleis. Dit voel of jy Russian Roulette speel met elke hap.

Ek het ook waneer ek beplan om te slag, die diere op droee voer gesit, en n afrondingspil vir so twee weke. Self regtig nie lief vir die wilde smaak net so van groen voer af nie. En dan hang dit vir n week by 4C.

Worcester

Wildehont

Thu, 28/09/2023 - 09:49

My 2007 RAV raak nou lank in die tand. Die alternator het onlangs gegaan. Dis weer herstel, maar die kar sukkel deesdae om aan die gang te kom na dit oornag gestaan het. Ek soek nog na die oorsaak. 
 

Met platkar bedoel ek dit waarmee ek pendel en rondry vir werk. Die Prado is basies net ‘n sleepvoertuig. Dit sou lekker wees om weer ‘n bakkie te hê, maar bakkies is nog baie duur. Ek praat nie eers van nuut nie, ek weier om soveel vir ‘n ryding te betaal. As ek kyk na nie ouer as 2017 nie en met minder as 100 000km op, kos ‘n Everest min of meer ewe veel as ‘n Ranger. Ek kyk nie eers na Toyota nie, en Isuzu het my nog nooit gelok nie. 
 

Maar dan dink ek, dalk moet ek maar met die Prado ry werk toe ook. Die duurder petrol gaan steeds baie goedkoper wees as die paaiement en versekering op ‘n R350 000 voertuig. Dit gaan wel beteken ek moet dit vroeër vervang, want dis 7 000km ‘n jaar ekstra. Dis ongeveer R3 300 ‘n maand se petrol teen R25/l. Ek sal ‘n paar ekstra Mandela’s terugkry van die Ontvanger af met die Prado in vergelyking met die RAV wat ‘n 2.2 diesel enjin het. Dan koop ek maar iets soos ‘n Everest oor sewe jaar in die Prado se plek. Ek glo dit sal hou tot op 500 000km. 
 

Ek dink sommer hardop, so julle hoef nie kommentaar te lewer nie. My kop werk anders as ander mense s’n. Ek het maar so geleer by my pa. Hy het ook met ou, goedkoop karre gery tot net voor aftrede. Soms dink ek dat ek myself die plesier ontneem om met ‘n luukse ryding te ry, maar dit help veel ek doen lg en het nie geld oor vir vakansie nie. Dis maar die luukse waarop ek spandeer. 

Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 28/09/2023 - 10:22

Wildehond

Deesdae trek baie mense swaar en baie voertuie word daagliks teruggeneem. Dit sal miskien goed wees om bietjie na die veilings in jou gebied te kyk.   Ek het al 'n paar voertuie so gekoop en ek kan eerlik sê ek het nog net sukses so gehad.  Doen jou huiswerk goed voor die tyd en kry iemand om jou mee te help om na die regte goed te kyk.  Grootter duurder voertuie wat 'n bietjie meer kos om te onderhou is deesdae goedkoper op die veilings.  Doen jou huiswerk goed om teleurstelling te voorkom.   Omtrent al die handelaars koop hulle stock op hierdie veilings aan.  Baie keer as 'n voertuig nie verkoop op 'n veiling nie kan jy met die betrokke bank onderhandel oor 'n prys wat beide partye pas.

Sterkte met jou keuses en besluite

Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/09/2023 - 11:50

....'n nuwe battery wat nodig is.

Ons 2003 Corolla met 140 000km het laasweek so 'n nuk gehad. Ek laai die battery gereeld met CTEC laaier, maar omdat ons net in dorp rond tjorts, is ek maar sensitief dat battery nie genoeg laai nie.

Verlede week skakel ek dit 2 keer aan, sonder probleem, die 3de keer knor dit net vir my. Battery was 4 jaar oud, dit laai tot 14V, maar kan nie stroom lewer nie. R1350 later, is nuwe papperytjie in, en ek kan ontspan.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 28/09/2023 - 14:02

Lyk my dit is tyd vir die ou karre om te neuk. Verlede Vrydag op pad dorp toe, maak die Landrover n nare lawaai voor en vrek. Wil nie start nie. Als normaal gewees, temp, oliedruk, geen vreemde geluide vooraf nie. Loer soos n mechanic onder die enjinkap in, en daar is ook nie sigbare fout nie. Klim in , en daar start die ou, draai terug huistoe en wonder wat het gebeur.

Praat met n vriend wat goeie kennis het, en hy beveel aan dat ek die diesel tenk skoonmaak  lyne bloei. Sedimeter, brandstof filter en Lift pump vervang. Hy reken die geklater was pre-ignition weens te min diesel. So gedoen, moes die parte vanaf Kaapstad kry. Net voor lunchtyd klaar gemaak. Nou brom die ou weer netjies. Moet nog vat vir n langerige  toetsrit.

Worcester

Wildehont

Thu, 28/09/2023 - 16:00

Dankie vir die wenk Skerpioen. Die RAV gaan Woensdag na Pierre Nolte toe. Ek het volle vertroue daarin dat hy die oorsaak van die koue aansit probleem sal kry. As dit eers weg is gaan ek nie meer kwaad wees vir die RAV nie, en sal dit waarskynlik aanhou ry.
 

Om nou R350k plus die rente en versekering te betaal vir ‘n ryding wat waarskynlik in die dorp swaarder as die RAV op brandstof gaan wees maak nie sin solank lg betroubaar is nie. As ek ‘n stuk doringdraad deur my agterent trek sal die gejeuk ook weggaan vir ‘n ruk. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/09/2023 - 06:32

Môre Chris S

Ons kry almal die aanvalle en hunkering na ander voertuie en woonwaens. Genoemde items in titel is effe sagter op die gatvelle as doringdraad.

Ek wag in spanning om wa terug te kry, en dan vir volgende aanval.laughGelukkig is ek op potte/skottelgoed diens, dus weet ek waar om skuurmiddels te vind.

Worcester

Wildehont

Fri, 29/09/2023 - 07:56

Ek is genees. Gesonde verstand het geseevier oor agterent wat jeuk. Die RAV is lank in die tand maar ek glo dit het nog so 50 000km oor en die huidige pyntjie sal teen einde volgende week uitgestryk wees. 
 

Dit is die VX model, en het selfs meer luukses as die Prado (ook ‘n VX en ‘n jaar jonger). Die RAV se klimaatbeheer werk ook beter as die Prado s’n. Lg s’n is geneig om woes te blaas, en ek stel dit gewoonlik sagter. Die RAV s’n hoor mens omtrent nie, maar die temperatuur bly aangenaam. Die RAV het ook sitplek verwarmers wat die Prado nie het nie, sit aan met ‘n knop en sluit self oop wanneer ek naby genoeg is. Boonop ry dit heel lekker, veral op grondpaaie. En dis lankal afbetaal…

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus