Ek het elders vertel van 'n nuwe, klein 12v-inverter wat ek vir ons huis gebruik aangeskaf het om ons lomp, 24v-inverter te vervang. Kyk foto hieronder - die multi-meter is net om aan te dui hoe groot die nuwe invertertjie is. Dit was nooit die bedoeling nie, maar hierdie nuwe klein inverter sal maklik en lekker kan werk in die Exclusive want dit hak bloot af van die muur in die huis waar ek dit aangebring het. Ook die bedrading prop alles maklik uit.
In die wa kan ek dit baie gemaklik naby die karavaan se 100Ah battery aanbring en al wat dan nodig is, is 'n solar-paneel buite. Sou ons dan iewers (bv by Balule of Tsendze) kamp waar nie krag is nie, kan ons ook 220v hê ! Soos ek vantevore verduidelik het, kom ons eintlik sonder 'n inverter en 220V reg omdat ek die karavaan-battery elke aand vanaf die P/F "op-top".
Nou wonder ek, sal hierdie inverter gesteun deur 'n sonpaneel dalk ons lugversorger kan aandryf ? Dis 'n 9ooo btu met 'n rating van 900/1170W. Wat sê ons slim vriende ?

Kapasiteit
Soos Mnr Slot tereg uitwys moet mens eers weet wat die omsetter se kapasiteit is. Ek raai ook nee.
Kapasiteit van omsetter
Naand Len, soos Johann noem die omsetter moet 'n uitset hê van meer as die gevraagde lading. As die lugversorger 1170 watt is, en jy wil dit saam met paar ander goed gebruik, moet die omsetter die som van al daai goed kan lewer.
Maak ook net seker dat jou battery genoeg woema het om dit te ondersteun.
Ek het 'n te klein omsetter in woonwa gesit. Myne is 'n 1000watt, en dis te min om 'n bielie haardroër te voer. Die goete is maklik 2kWatt deesdae. Dit help met laai van fone, flitse, skeermes en rekenaar gebruik.
Len…
Len..............................................................ek neem aan jy het nog die ou tiepe kompressor lugverkoeler en nie die nuwe inverter een nie.
Soos jy noem die nuwe omsetter is 'n "pure sine wave" wat goed is vir motors/kompressors. Maar motors trek +-3 keer die naamplaatjie ampére wanneer hulle begin alhoewel net vir 'n oomblik en ek sal nie daardie kans waag as dit nie 'n 2Kw omsetter is nie. Hoe laer die volts daal met "opstart" hoe hoër die ampere.
Dankie menere................
..................die vraag is beantwoord : NEE ! Dit vergemaklik sake eintlik, want ons het dit regtig nie nodig nie. Ons kamp slegs vroeg in die winter by Balule en Tsendze waar daar nie krag is nie, en het dan nie eintlik 'n lugversorger nodig nie. Ek kan nou die nonsens dinkery wat my uit die slaap hou vergeet en rustig slaap.
Korrek Jan, my lugversorger is nog die ou kompressor tipe.
Wessel, ek het ook reeds 'n 300W invertertjie wat ek ook gebruik vir die laai van batterye van kameras, selfone, koplampe en my laptop en dit werk soos 'n droom.

12v air-conditioning
Ons het soortgelyke inverter en is basies net vir Tv, internet. Sal nie groot goed kan hanteer nie.
Ek was onlangs by Kragdag waar CJ Aircons n 12v aircon demonstreer het. Werk baie nice, maar is prysig. Maar dit hang seker ook af hoe jy kamp....die manier hoe ons kampeer, is dit vir my nie geld werd nie.
Ons het vir loadshedding tye n battery waaier...dit het nie dieselfde effek as aircon nie, maar beweging/sirkulasie in lug maak reeds verskil





Len.
Sonder om die kapasitteit in watts, te ken, vat 'n raai skoot en sê nee. Dit lyk na 'n maks van 1000 watt, en jou aircon trek reeds meer as dit.
Kom ons kyk na die ander mense se opinies?