Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

Hoe gemaak met ou water in die watertenk en pype ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het die gebruik om die watertenk leeg te tap na 'n lang kamp en die water in die pype bly maar daar tot later. Net voor ons gaan kamp, koppel ek die tuinslang aan die karavaan se water-inlaat en draai dan al wat 'n kraan is oop, in die warmwater-lyn en die kouewater-lyn en spoel sodoende alle ou water oral uit die sisteem, ook uit die geyser.  Die water wat uitgetap word vang ek in emmers op en gooi dit op plante in die tuin.

Ek het nog nooit chemikalië in die watertenk gegooi nie en op hierdie manier het ons altyd skoon, reukvrye water wanneer ons kamp.

Hoe maak jy, is daar dalk 'n makliker/beter metode ?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 08/12/2023 - 15:56

Ek dreineer die watertenk sodra ek tuis kom. Voordat ons dan vertrek maak ek weer vol, maar voeg so 'n goeie koppie Milton by die 120 liter water. Selfs as ek tydens kampering die tenk volmaak, sit ek 'n bietjie Milton by, vir die wis en onwis. Ons drink nie die tenkwater nie, en die effense Milton reukie pla ons nie. 

Met my Palma het ek die battery ontkoppel, die kraantjie oopgedraai, en sommer met die mond die water uit die pype geblaas. Sodoende was daar nie water wat in pype bly staan nie.  

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 08/12/2023 - 19:29

My Penta het nie 'n permanente water tenk nie en ons ry maar 'n 60 liter kan saam wat by die oord vol gemaak word. Hierdie water is vir skottelgoed en gesig was.

Vir drink water en kos, het ek 2 x 25 liter kanne wat by die huis gevul word, en dit moet in die Kia saam ry. 'n Slep, maar ek kan nie boorgat water drink nie, daar word ook water suiwering pilletjies in die huis water gegooi wat twee dae voor die tyd al gedoen word.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 11/12/2023 - 14:45

Ek maak ook soos Wessel. Die laaste dag van ‘n toer /naweek draai ek die kraan op die A-raam oop. Dis die laagste punt, en die tenk loop dan leeg. Ek gooi ook Milton by elke keer wat ek volmaak met water, maar net ‘n doppie van die Milton bottel vol. Ek het dit uitgewerk volgens hulle aanbevelings en dit behoort voldoende te wees om kieme dood te maak. 
 

Ons drink egter nie die water nie. Daarvoor vat ons ‘n 25l kan met ‘n kraantjie saam wat hervul word met gekoopte water. Ons drink nogal baie water. Ons gebruik wel die karavaan se water vir skottelgoed was en as iets gekook moet word sal ek dit ook gebruik. Gekookte water is steriel. 
 

Dit hoef eintlik nie eers te kook nie. As jy water in ‘n deursigtige bottel soos ‘n leë 2l koeldrank bottel los in die son vir vier ure sal dit veilig wees om te drink. Daar was een keer ‘n Amerikaner saam met my op toer in Zambië. Hulle was deel van ‘n vrywilligersorganisasie en het ‘n was wat smelt by 70° in geseëlde plastiek buisies saamgebring. Elke buisie was aan ‘n kabeltjie vas waarvan dit in water wat warm gemaak word kon gehang word. Iemand wat bv water uit ‘n rivier gaan haal kan dit in ‘n pot warm maak oor die vuur. Sodra die was smelt in die buisie weet jy die water is veilig om te drink , en hoef nie vuurmaakhout te mors om dit tot by kookpunt te bring nie. Hulle het klomp van die toestelletjies uitgedeel in ‘n landelike gebied buite Suid-Luangwa wildtuin. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 12/12/2023 - 07:53

Ons het nog nie n woonwa gehad met stort in nie....net die Splash en Swing het n wasbak ingehad. Het nie chemikalie ingegooi nie en een keer amper opgegooi om te sien wat uit pyp gekom het. Vandaar het wasbak ook maar wit olifant geword. Met die Expo het ons geen krane nie en dit nog nie 1x gemis nie. 99% van oorde waar ons kamp is kraan paar tree vanaf karavaan...minder moeite volgens my om daai paar tree te loop as om ure voor en na die tyd te spandeer aan onderhoud om pype higienies te kry en hou

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 12/12/2023 - 10:46

minder moeite volgens my om daai paar tree te loop as om ure voor en na die tyd te spandeer aan onderhoud om pype higienies te kry en hou

Geert, in my geval sien ek dit nie as moeite nie, trouens dit is vir my lekker  om die wa voor te berei vir 'n wegbreek of vakansie saam met al die ander normale voorbereidings vir 'n kampvakansie. Om die pype, geyser en watertenk higiënies te kry deur dit deur te spoel, is werklik nie 'n taak wat ure duur nie, dis eenvoudig, maklik (so te sê outomaties) en neem maksimum 20 minute om dit behoorlik te doen .Ons kombuisie-wasbak is onontbeerlik, veral tydens oorslaap oppad vanaf Kaapstad Kruger Wildtuin toe en terug  -  ons slaap vierkeer oor voor ons by ons eindbestemming arriveer. Die wasbak in ons badkamertjie gebruik ons voluit opreis en tydens ons vakansie en die stort gebruik ons net soms, veral as weersomstandighede nie gunstig is nie. Dis heerlik en gerieflik om warm- en kouewater altyd beskikbaar te hê, veral as die jare aangestap het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/12/2023 - 11:07

....moet water kry.laugh Ek stem saam Len, ons geniet die luukse van warm en koue water aanboord. 

As ons naby die opwasplek staan, sal ek daar gaan warmwater haal, maar dis gerieflik om skootelgoed by woonwa te was, en direk weg te pak. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 12/12/2023 - 11:25

As ons naby die opwasplek staan, sal ek daar gaan warmwater haal, maar dis gerieflik om skootelgoed by woonwa te was, en direk weg te pak. 

Ons was ook skottelgoed by karavaan. Sou daar geen warm water wees....of ver loop, gebruik ons Minigeza

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/12/2023 - 11:59

..wat is daai roesvryestaal rak. Is dit 'n netjiese droograk, of die mini geiser?? 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 17/12/2023 - 14:31

Gooie middag aan almal.

Ons gebruik so veel van die water op die laaste dag as wat ons kan. Tot dat die rooi liggie aan is. Dan staan die woonwa so by die huis tot ons weer vertrek. Gewoonlik binne n' maand.

By die kamp sit ons eers die kraane en die stort aan vir so 30 secondes. Dan maak ons die tenk vol as die kamp water skoon is. Ons drink gekoopte water of ons kook die kamp se water. Die tenk is vir alle ander water gebruik. As die water nie lekker ruik nie (klankie) gooi ons so drie eetleepels koek soda in die tenk. Ons gebruik nie Milton nie want dit korodeer stainless staal.

Gewoonlik maak ons n' emmer vol water by n' nuwe kamp en dan kyk ons vir afsinksels. As daar is maak ons nie die tenk daar vol nie.

Ek het vanogend die filter van die water pomp skoon gemaak na 2 maande se kamp. Dit het min vuil in gehad. Stukkies alge en sulke swart stukkies. Lyk soos hout skool.

Lekker kamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/12/2023 - 17:12

Middag Paul, teoreties is jy korrek dat chloorhoudende chemikaliee roesvryestaal kan korrodeer. 

Ek twyfel egter of mens in praktyk, waar klein hoeveelhede Milton by seg 100l water gevoeg word, die konsentrasievlakke gaan bereik waar langdurige blootstelling tot "pit corrosion" kan lei.

Roesvryestale en veral die dupleksreeks is uiters weerbarstig teen pit korrosie. Sommer vir interessantheid,

the pitting resistance equivalent [PRE] is calculated as follows;

PRE = %Cr  + 3.3% x %Mo + 16% x %N

daarom is die gewone 316 reeks beter as die 304 reeks, omdat dit Molibdeen[Mo] in het.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 17/12/2023 - 22:47

...het Jik ook dieslfde korosie moontlikheid as Milton ?  Ek het oor die 18 jaar van my Exclusive se ouderdom nog nooit enige reiniger in my watertenk of pype gegooi soos vermeld in my inleidende skrywe hierbo nie,

Na aanleiding van hierdie gesprekke het ek gewonder of ek nie ook maar my spulletjie moet reinig nie ?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 07:11

More Len,

Teoreties kan Jik dieselfde potensiele roes gevaar inhou as Milton, behalwe dat dit 3 keer minder Natruimhipochloriet bevat, slegs 5.25%. Om dit effektief as 'n ontsmettingsmiddel te gebruik, moet mens dit 1:10 verdun, as dit meer verdun is, is dit oneffektief.

Ek voorsien geen probleme as mens 'n bietjie Milton of Jik in 'n vol tenk water gooi, en die stelsel 'n ruk laat staan, en dan leegtap nie. Om gemoedsrus te kry, kan jy die stelsel self daarna 'n skoonwater spoel gee.

Die teoretiese gevaar is soos met enige suur ook maar, hoe sterker, en hoe langer die blootstelling, hoe groter die waarskynlikheid vir korrosie. 

Volgens my tabelle kan sekere roesvryestale in 'n 5% NaOCl oplossing teen minder as 1mm/jaar korrodeer. Kan jy dink dat die effek  amper weglaatbaar is met 'n verdunning en kort blootstellings??? Hoeveel tyd per jaar  het ons water in ons woonwa stelsels, bitter min dae.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2023 - 07:43

Dankie Wessel  -  hoeveel Jik moet ek in my watertenk van 40 liter gooi en hoe lank moet ek dit daarin laat staan ?  Ek aanvaar die tenk moet propvol gemaak word om oral in die tenk by te kom en daarna moet alle krane in koue en warm posisie oopgemaak word sodat die Jik behandelde water deurgespoel word, ook deur die geyser.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 08:03

My Kavango se watertenk is van plastiek gemaak. Ek gooi ook net ‘n proppie Milton by elke keer as ek die tenk volmaak. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2023 - 08:16

My Exclusive se watertenk en alle waterpype is ook van plastiek gemaak.  Die Hansen-geyser is egter van vlekvrye staal gemaak.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 18/12/2023 - 08:32

Classique se water....................................het gestink toe ons hom gekoop het van lang staan met water in die tenk. 

Het paar keer nuwe water ingegooi en weer deur al die krane laat uitloop. Het nie gewerk nie en toe half koppie jik in emmer water gegooi en met tregter by amper voltenk water gegooi.  Het met movers wa vorentoe en agtertoe gery en tenk weer deur krane leeg gepomp. Gelukkig het ek soos Len groter Surflo pompie ingesit wat toe goed gewerk het. 

Toe tenk paar keer vol gemaak en  gedreineer todat ek nie meer jik kon ruik by die krane nie. Nooit weer water gekry wat stink nie maar elke keer as ons by 'n kamp ry dreineer ek die tenk terwyl ons ry. 

Gelukkig kamp ons gereeld en Elmarie gebruik die badkamer en het nog nie gekla nie.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 11:02

V0lgens wat ek lees op internet moet die Chloor konsentrasie om disinfeksie eienskappe te he, meer as 0. 53%massa/volume wees.

Ons bottel Jik se etiket seg die volgende 

inhoud =1l

Natriunhipochloriet konsentrasie = 3.5%m

Dit beteken dat in die bottel dus 17g Chloor is.

 

Nou om 0.53% massa Cl konsentrasie te kry in 40 l water, wat 40kg of dan 40 000g is, het jy 210g Chloor daarin nodig.  Dus kan jy eintlik 210/17g = ongeveer 12 van die liter bottels ingooi.

Dit klink nogal baie, daarom sal ek net 5 [duimsuig]bottels ingooi, so 'n uur laat staan en dan uitspoel. Ek kan jou egter belowe dat selfs met 12 bottels, jy geen newe effekte selfs na etlike ure gaan bewerkstellg nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 11:39

ek moet net die bogenoemde formule regstel;

PRE = %Cr + 3.3 x %Mo + 16x %N

ek het dit gister verkeerd verkeerd getik. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus