Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -16 hours ago

Kamp kragkabel(s)

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek hou nie daarvan om kragkabels tussen die oord-kragpaal en die karavaan te las nie.  Ek het dus vir my seker 20 jaar gelede 'n lekker dik 25 m kabel aangeskaf wat ek op 'n tol oprol terwyl ons reis.  By die oord rol ek die volledige kabel af en rangskik dit in lengtes langs die karavaan sodat geen elektriese veld geskep kan word nie. In die Wildtuin het hierdie lang kabel dikwels baie handig te pas gekom. Ek het ook 'n tweede lekker dik kabel van 5m sou die oord-kragpaal nie te ver wees nie.

Hoe maak jy ?

.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/01/2024 - 16:50

...soos jy nie Len.

Die Kavango gekry met 'n nogal lang lengte kabel, ek skat so 10m. Gedagtig aan die Kruger plekke, het ek ook 'n 25m swaarstroom kabel opgemaak. 

Laasgenoemde het uiters handig te pas gekom in Punda Maria. Soms is dit nodig om ook beide in Manyane kamp te gebruik. Ek het ook so 'n oranje plastiese "rugbybal" katoeter om die koppeling in te sit, as ek moet las. Ten minste ry die ouens dan nie mens se proppe stukkend nie.

Ek maak ook seker dat ek 'n ekstra 3-punt prop saamry. Mens weet nooit wanneer dit benodig word nie. Vir die direkte buite kombuis gebruik onder/in die die tent, gaan daar ook 'n paar kort verlengkoorde saam.

Ek het die gewoonte om sodra ek begin staanplek soek, en op ene besluit, toets ek eers die krag by die staanplek paaltjie, sommer met my boor. Ek wil nie afhak, begin wa oopmaak, en dan uitvind ek het nie krag nie.

  

0
Irene

Grootwind

Sun, 14/01/2024 - 18:12

Maklike en goedkoop manier om 'n oord se krag "te toets" is om een van daai rooi Ellies "surge arrestor" proppe los in jou gereedskap kissie te hou. kos onder R200 by meeste hardeware plekke soos Builders.

Ellies Electronics Plug High Surge Protection

Die prop het LEDs asook die betekenis daarvan op die prop. Dit wys o.a. of die krag polariteit verkeerd-om is, of die Aarde werk, en so aan. Geen nodigheid om die prop te koppel aan enige kabel nie, werk as net so los ingeprop word. (My meer sensitiewe katoeters insl. die karavaan self is egter ook met so iets toegerus, net ingeval daar 'n paar weerligstrale te naby kom!)

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/01/2024 - 18:21

..............'n permanent geïnstalleerde "voltage protector" wat aandui of die polariteit van die oord verkeerdom is, of as die volts te laag daal of te hoog styg.  In sodanige gevalle laat dit nie die krag deur na die wa nie en wanneer die probleem regkom of reggestel word, skakel dit die krag na die wa deur.

.

0
Irene

Grootwind

Sun, 14/01/2024 - 18:46

Uiteraard is dit die 1ste prys Len. Die voordeel van die Ellies prop is dat dit geen installasie van enige aard vereis nie, maar 'n handige vinnige toets verskaf of die basiese goed darem reg is (dit spreek egter nie onder- of oor-spanning aan nie, maar daarvoor is daar ook inprop produkte beskikbaar wat bv yskaste teen so iets beskerm). Ek prop my wa geensins in by 'n oord voordat "rooikappie" nie haar liggies vir my gewys het nie laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/01/2024 - 19:29

....ek is ook 'n apie vir fabels, gaan vir my ook 'n Rooikappie aanskaf. 

Is dit bloot 'n toetsprop, of gebruik mens dit as tussenganger , maw ek prop my wa se kabel daarop in, sodat rooikappie in die oord se prop is?? 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/01/2024 - 21:32

.............ek verstaan GW se Rooikappie-prop is net 'n toets om te kyk of die oord se kragpaal korrek bedraad is.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/01/2024 - 08:16

Ek het ‘n 15m en 25m verlengkoord. Ek gebruik gewoonlik die 15m een, behalwe as die krag ver is soos die pas afgelope staan by Dwarswegstrand. Ek het nog net twee keer nodig gehad om albei te gebruik weens kragpunt wat baie ver was. Ons eerste  keer by Onrus en ons laaste keer by Augrabies. Ek het sommer ‘n Tupperware bakkie gleufies ingesny weerskante net onder die deksel om die punt waar die twee by mekaar ingeprop word droog te hou. Ek sit die koppeling in die bakkie, met ‘n draad wat in die gleufie aan beide kort kante van die bakkie lê en sit dan die deksel op. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 15/01/2024 - 08:56

Ook twee kabels...............................................een van 30meter en een van 10meter. Altwee is 2.5mm x 3aar kabels. 

Net in die Kruger die 30meter gebruik by Satara en Onder Sabie. 

Tuinslang ook twee van 15meter. Rol dit net af as ek die watertenk volmaak. Bêre dit dan weer. 

Tuinslang
Tuinslang

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/01/2024 - 08:57

... 3 kabels. 'n 15 m, 25 m & 50 m onderskeidelik. Laasgenoemde het ek spesiaal laat maak vir sommige wildtuinkampe soos o.a. Punda Maria en selfs Satara - die enigste 2 kampe waar ek dit al gebruik het.. Ek ry die lang kabel nie onnodig saam nie, want dit is 'n dik kabel en baie swaar.

0
Irene

Grootwind

Mon, 15/01/2024 - 08:59

Wessel....ek hou altyd 'n los Rooikappie in die karavaan. Maar die wa se kragkabel het ook ene gemonteer. Proses as ek arriveer by 'n staanplek...(1) Prop die los Rooikappie in by die staanplek se krag koppeling en maak seker dat slegs die korrekte twee LEDs brand (maw daar is 'n aard verbinding en lewendig/neutraal verbindinsg bestaan en is nie omgeruil nie) - LW, ek prop niks anders in voordat die toets nie geslaag word nie!, (2) indien alles reg, prop die wa se kragkabel (met 'n Rooikappie) in. Rede waarom ek die kabel ook met 'n Rooikappie toegerus het is sodat mens altyd kan sien wat die status van die staanplek se toevoer is (partymaal laat parke 'n tuin ingenieur los om gou iemand se toevoer probleme te probeer oplos - resep vir 'n gemors en in alle geval onwettig). Die tuin ingenieur (en partymaal selfs die plaaslike "vonkie" (soos in "sparkie"!) het die vermoeë om iets reg te maak en terselfdertyd iets wat reg was in ruil op te voeter. Dan ook, Rooikappie het 'n redelike vermoeë om die wa teen krag stuwings ("power surges") te beskerm insluitende, tot 'n mate, weerlig. Wat ek nie kan doen met Rooikappie nie is beskerming teen oor/onder spanning, maar daarvoor kan mens een van verskeie inprop produkte koop wat veral yskaste teen so iets beskerm (o.a. verkoop Ellies so iets, so ook Clearline. Lg se permanent gemonteerde stelsel dink ek is wat Len het? Clearline se plek is sowat 10km van ons huis af in een van die besigheids parke in Midrand, sien ook meer detail rondom hulle produkte op hulle web blad, https://surgeprotection…

Terloops, ek gebruik 'n aantal Rooikappies in die huis vir sensitiewe toerusting, o.a. TV, alarm, ens. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 09:22

Julle ouens wat so spog met verskeie kabels, is almal toegerus met die prop wat by die woonwa inprop?

Of, is van daardie lengtes slegs verlengkoorde??

0
Irene

Grootwind

Mon, 15/01/2024 - 09:42

Ek het 'n enkele swaardiens 25m kabel met die blou prop wat by die karavaan inprop kant en 'n Rooikappie 3-punt ene aan die staanplek toevoer kant, Daarmee saam ook 'n 3-punt na blou "adaptor" ingeval 'n park se staanplek toevoer nie die normale 3-punt pas nie. Ek sien nie juis 'n rede vir die aanhou van verskillende kabels met verskillende lengtes nie, behalwe miskien by uitsondering...as dit moet kan mens sekerlik die ekstra lengte bylas met 'n gewone verlengkoord (maar wees bedag op die stroom wat tipies getrek kan word). 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 15/01/2024 - 09:48

Ek het vir my wa ‘n kort kabel gemaak met ‘n blou prop wat by die wa inprop aan die een kant en ‘n driepuntprop aan die ander kant wat by die onderskeie verlengkoorde inprop. Die verlengkoorde kan elkeen twee driepuntproppe vat, so as ek krag vir iets anders benodig is daar ‘n sok beskikbaar. Ons vat egter niks soos ‘n waaierbraaier of mikrogolfoond saam wat krag benodig nie.
 

Al wanneer ek dit al gebruik het was vir my boor. Lg het ek natuurlik tuis vergeet die afgelope besoek aan Dwarswegstrand. Ek moes toe my penne inkap op die hoeke waar die plaveistene bymekaarkom. Die dunner penne was maklik genoeg. Van die dikker penne was nie so maklik nie maar ek het dit reggekry sonder om die plaveisel te beskadig. Die penne het ook lekker stewig gesit, maar nie maklik weer uitgetrek nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/01/2024 - 09:57

... by die karavaan inprop (10 m) beskik oor 'n blou-prop en aan die ander punt 'n rooi prop. M.a.w. my ander kabels is slegs vir verlenging. Om die "las" te beskerm, gebruik ek een van die oranje beskermers wat vir daardie doel gemaak is. Maar ek weet nou-al dat die rooi prop nie daarin gaan werk nie - dus roomysbak is seker maar my voorland.

'n "Blinde" ouballie het my vorige oranje beskermer in Satara in sy moer gery het. Hy't darem sy verskoning kom aanbied nadat my buurman, wat die voorval gesien het, hom aangesê het om dit te kom doen. Hy't aangebied om die vervangingskoste te betaal, maar omdat hy so verleë gelyk het, het ek sy aanbod van die hand gewys. Daarna moes 'n roomysbak toe maar die ding doen totdat ek weer 'n nuwe een by 'n karavaanwinkel kon koop.

0
Irene

Grootwind

Mon, 15/01/2024 - 10:18

Chris B, in 'n noodgeval gebruik ek ook 'n 2-l roomysbak. En party keer (elke keer?) word mens mos verplig om 'n vol ene te gaan koop en eers op te eet voordat mens die ding kan hergebruik (dis mos ook omgewingsvriendelik!) laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/01/2024 - 10:23

my twee kragkabels (lange en korte) het elkeen die standaard prop wat by die karavaan inprop en op die ander punt 'n gewone driepunt prop. (Kyk my foto hier heelbo). Ek ry ook altyd saam die blou-prop omskakeling van die driepunt prop by oorde wat dit benodig.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 10:29

Daai roomysbak word seker deur 90% van alle kampeerders gebruik.

Net jammer deesdae se bakke is maar papperig. As mens eers die kepies gesny het vir die drade, wil die deksel nie meer lekker toebly nie. Dis seker waarom Chris S sy vrou se tupperbak gegaps het.

Mens moet darem wraggies mooi mik om daai oranje torpedo raak te ry!! Die goed is boonop duur ook. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 10:33

...as mens mooi kyk na jou openings foto, lyk dit of die aard draad in die 3-punt prop ontbreek. 

Dalk moet jy net sekermaak voordat jy willetuin toe gaandevil

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 12:16

In die Penta is ook twee koorde, 1 van 30m en een van 10m. Die tien meter het eenkant 'n standaard 3 punt prop, en die anderkant die blou prop wat in die karavaan in prop.

Vir die oorde met die blou proppe het ek 'n kort koord met eenkant die blou prop wat by die oord se kragpunt in gaan, en 'n gewone koppeling wat in die oranje beskermer in pas, dan gaan die 10m koord na die karavaan soos normaal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus