Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 seconds ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -2 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -2 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -5 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 06/03/2024 - 08:35

Jy maak my skoon jaloers oor die vakansies, maar ook erg bekommerd as jy sulke syfers noem, ek verkoop sommer my karavaanwink

Nee wraggies, dit bly die moeite (geld) werd om jou eie kooi rond te sleep.

Môre oor twee weke sleep ons Zelpy by Magaliesberg toe, die kleinseuns kan nie meer wag nie en tel al die ure af.

'n Chalet kos vier meer as die staanplek en my diesel kom steeds nie naby die verskil in prys nie, dan praat ek nie van die verskil in genot van vakansie hou nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/03/2024 - 09:38

Asof dit nie erg genoeg is dat ek my brood (en vakansiegeld) in die sweet van my aanskyn moet verdien nie, moet ek nog die premie betaal omdat my kinders op skool is en ek binne seisoen tariewe moet betaal. Maar vakansie is nie vir my onderhandelbaar nie. Ek eet eerder (nog) minder rooivleis as om dit op te offer. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/03/2024 - 11:08

... kamp is nie, vertrek ons volgende Vrydag (15 Mrt) noorde toe. Ek het my volledige inpaklys aangepas vir hierdie kort vakansie in vaste wooneenhede. En dit kos nogal 'n bietjie kophou, want ek moet versigtig wees om nie té veel goed in te pak nie. Die hoofdoel is mos om karweier te gaan wees vir die bagasie van die 9 persone vanuit Roemenië en Noorweë. Die Snomaster, wat nogal 'n bietjie plek opneem, is egter 'n moét, want ek neem vir alle praktiese doeleindes al die vleisprodukte hiervandaan saam. Ek het vanoggend begin om die items wat moet saamgaan bymekaar te sit ten einde die inpakkery volgende Donderdag so maklik moontlik te maak.

Mensig - vaste akkommodasie kos jou 'n arm en 'n been. Een van die 16 aande bly ons oor by Ralie se skoonsuster in De Aar, maar die ander 15 aande se akkommodasie beloop R22 341 - m.a.w. ongeveer R1 490 per nag, waarvan die 10 aande in die wildtuin alleenlik R16 881 kos. Dan moet die brandstof nog bykom. Ek voorsien om minstens 5 000 km te ry. Die Hilux gee met gemak meer as 10 km per liter sonder om te sleep, maar ek berei my berekeninge daarvolgens voor - m.a.w. ongeveer 500 liter diesel @ sowat R26/liter = ±R13 000.

Vakansie is sonder twyfel 'n duur item.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/03/2024 - 13:06

Voorspoed met die inpak Chris. 

So in der waarheid het jy 11 mense se bagasie saam yskas en groceries agter in die dubbelkajuit. As ek kyk hoe lyk ons pakasie vir net 2.... sal jy tot teen die dak vol wees. En miskien die venterjie moet saamsleep.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/03/2024 - 13:46

... 'n Ventertjie 'reverse' te moeilik wanneer olifante hul snaaks hou in die wildtuin😀

Sou dit volgende Donderdag tydens die pakkery lyk of dit gaan neuk is die waentjie darem gereed om gehaak te word. Maar ek is vol vertroue dat ek gaan regkom daarsonder - altans ek hoop so.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 06/03/2024 - 14:08

Volg lugdiens reëls, 1 tas van niks meer as 23kg plus 1 stuk handbagasie van niks meer as 7kg plus 'n brood, bietjie margarien, klein botteltjie konfyt en 'n klein koffie (dis mos 'n "budget" vervoerdiens!)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/03/2024 - 14:11

ChrisWH, dink nou net hoe moet ons ou pensioenarisies voel as dit by vakansiekostes uitkom, veral as jy al 'n geruime tyd met pensioen is !  Ek het presies vandag 16 jaar gelede afgetree.

Ek beny julle om so baie te kan wegbreek en terwyl jy dit kan bekostig, stem ek saam dit is ononderhandelbaar, en veral saam met jou kinders is dit baie kosbaar.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 06/03/2024 - 16:07

Ek hoop nie dit het geklink asof ek kla nie. Ek het net besef wat alles betaal moet word van nou af tot die einde van die jaar. Ek is bevrees ons korter wegbreke tussenin gaan waarskynlik opgeoffer moet word. Ons het gewoonlik probeer om in die somermaande een keer ‘n maand te gaan kampeer, maar die stygende lewenskoste het my ingehaal.
 

Daarmee saam styg my annuïteite, die effektetrusts wat ek vir die kinders koop en my lewenspolisse se bydraes elke jaar met 10% en dit gebeur terwyl my salaris nie naastenby met 10% styg nie. Ek weet nie hoe lank ek sal kan voortgaan met die ruim vakansies nie. Ek weet net dat ek dit sonder ‘n wa glad nie sou kon doen nie. Kyk nou maar wat kos Mnr Boucher se verblyf in die Kruger wildtuin, en hulle is net twee mense. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/03/2024 - 16:47

Gelukkig is hulle beperk tot 1 stuk ingeweegde bagasie van 23 kg met die vlug SA toe (KLM) en slegs 20 kg met Airlink Skukuza toe. Gevolglik is hulle gedwonge om by 20 kg te bly.  Dit sal darem my laaiery vergemaklik. En die bussie sal darem seker ook 'n tas of 3 kan akkommodeer. Hulle kan darem met die terugvlug (Turkish) elk 2 x 23 kg saamneem. Dit gee hulle darem 'n redelike toegewing om 'n klompie goeters uit SA saam te neem (soos ons maar altyd vir hulle moet saamneem).

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/03/2024 - 16:59

.....gaan ook minder word. Julle gaan vind dat aktiewe kinders se sportgeleenthede baie inbreuk maak op kamp kanse. Hetsy weens tyd, maar ook geldelike verpligtinge.

Julle is gelukkig met lieflike oorde naby, wat die diesel uitgawe bevoordeel. 

Sommer 'n vroeë waarskuwing, as jou kinders uitblink in 'n sport en begin provinsiaal deelneem, dan loop die geld dik uit jou beursie. Wel dit was die geval met my 3 kinders wat provinsiaal deelgeneem het. Dis vliegkaartjies, hotelkoste ensovoorts. Dan moet sommige ouers help betaal aan die kwota spelers se onkostes, wat in die span moet wees.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 11/03/2024 - 13:54

Ek sien uit na die volgende paar maande se KNP wilds besigtigings foto's

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 13/03/2024 - 19:23

Ek moet ongelukkig n paar dae nog in die skool vakansie gaan aangesien my seun weer die 21ste terug moet wees. 

6-14 Julie Satara

14-18 Julie Lower Sabie

18-21 Julie Berg en Dal

Datums mag dalk moontlik weer verander aangesien my seun nou deeltydse werk gekry het tussen sy studies. Moontlik gaan hy dan besig wees in sy vakansie tyd wat dan maak dat my vrou en ek alleen sal gaan. Indien wel, gaan ek alles tot na die vakansie aanskuif

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 14/03/2024 - 18:09

Met die dat neef nou volkshuisie moet saamflans, is al wat ń plan is by die deur uit.

Kyk nou net na Wessel se datums, en kan dalkies ń draai gaan maak daai tyd in die Karoo N Park. Von kyk my juis onderlangs aan met die wat ek ons planne so opgedonner het. Mens sou sweer ek het die huisie afgebrand. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/03/2024 - 19:57

....maak daai plan, dit sal lekker wees!!!!

Net vir duidelikheid ons datums in KarooNp is as volg;

aankoms: 11Mei

vertrek:   16Mei

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/03/2024 - 05:05

....'n bottel Pinot Noir in watte toe. Dit moet darem heel daar aankom, sodat ons dit saam kan geniet.

Ek sal net aan die prop ruik, die aande wat ek Vino Cartonne in MokalaNP drink.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus