Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -7 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago

Advertensies

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek kyk waarskynlik té veel TV. En ek weet dat enige media is grootliks afhanklik van advertensies. En dit kos blykbaar baie geld om 'n advertensie vir TV te vervaardig. Maar as mens darem dieselfde advertensie vir weke moet oor en oor kyk - soos die huidige advertensie van Toyota se nuwe Hilux GR of die nuwe Land Cruiser Prado, voel dit vir my asof ek later my eie Hilux met klippe kan gooi. Nét so is die advertensie vir Ekseketeurs, waar die twee ouens op die punt is om te begin by baklei, nou-al irtiterend om keer op keer te kyk.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 25/08/2024 - 16:30

..............hope vervelige Outsurance advertensies nie !  Ek het nou al selfs die gebruik om interessante programme waarna ek graag kyk, eerder op te neem en dan later by die advertensies te "fast forward".  Sodoende slaan ek die irritasies oor.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/08/2024 - 16:55

... ek het vergeet van Outsurance. Dit werk ook waaragtig op my "kerrie".

Ek neem ook baie programme op, maar die meeste wat ek opneem is hetsy BBC- of National Geographic programme. En laasgenoemdes het minder van die genoemde minder irriterende advertensies.

Maar ongelukkig word jy gebombardeer met genoemde advertensies op die Afrikaanse kanale Kyknet en VIA.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/08/2024 - 17:21

Op watter kanaal kry jy die advertensies wat sulke kwaliteit produkte tot vervelens adverteer???laugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/08/2024 - 19:50

Jammer Chris B, ek lees soms soos my blaker. Ten minste is dit toyota pradukte se advertensies waaroor jy kla, en nie dames vormdrag nie!!!devil

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/08/2024 - 20:21

Terwyl ek nou sit en Voetspore kyk, sien ek weer bogenoemde advertensies. Een ding wat ek darem van Outsurance se advertensies kan sê - dit is nie elke liewe keer dieselfde advertensie nie. 'n Ander een wat ook afgesaag raak is All Life se advertensies.

En so terloops, so van Voetspore gepraat - toe ek Vrydag in die apteek staan, kyk ek toevallig  om. En agter my staan Johan Badenhorst se dogter Nina agter my. Só 'n oulike meisie op haar pa se Voetspore program, maar maggies, watter mooie meisie om haar in lewende lywe te sien. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 26/08/2024 - 06:22

watter mooie meisie om haar in lewende lywe te sien. 

Sy is 'n mooi meisie en ek dink sy het ook 'n mooi geaardheid. Die tye so saam haar Pa moet darem baie waardevol wees.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/08/2024 - 08:39

was ons betrokke by die vervaardiging van advertensies/films. Dit was vir ons die lekkerste "brood-verdien" ooit en ek verlang steeds na daardie dae. Ons het advertensies op TV uit 'n heel ander oogpunt bekyk en baie daaruit geleer t.o.v. ons werk. Om een advertensie te skiet het meer as 'n plaas se geld gekos en dit is waarskynlik daarom dat dit tot vervelens gebruik word. Vir lank nou al word baie sommer op rekenaars vervaardig. Ek moet egter saamstem dat dit baie irriterend/vervelig raak om oor en oor na dieselde te kyk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 26/08/2024 - 09:01

Ek kan nie onthou wanneer laas ek iets anders as sport op live TV gekyk het nie. Met stroming waar mens kyk na iets wanneer jy wil is daar gelukkig geen advertensies nie. Ek kyk wel taamlik gereeld op YouTube video’s, maar daar kan mens darem die advertensie aan die begin oorslaan na vyf of 15 sekondes. Ek het wel al gekry dat daar in die middel van ‘n langer YouTube video ‘n advertensie speel. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus