Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.
Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard het, die spesiale geleentheid hier deel.
Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.
Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.
Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep.
Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.
Groetnis.
Chris, jy is ń moerse…
Chris, jy is ń moerse lekker mater!
ń Goeie storie moet so effe met ń kwassie ingekleur word.
Die waarheid
Moenie dat die waarheid in die pad van ‘n goeie storie kom nie.
Watter rakkers....
...bly nog 'n paar dae aan ?? Ek weet Chris B kruie
môre aan tot in Montagu, maar daar is mos nie iets wat julle ander jaag nie!!
Nou laat middag hier. Die…
Nou laat middag hier. Die ouer garde het al vroeg die afdakkies afgeslaan en stoele weggepak. Daar word reen voorspel vir vannag, so dalk ń goeie besluit. Ons gaan netnou begin.
Vanoggend 3 Renosters gekry. Bul. Koei en kalfie. Sommer naby, en het ń mock charge van die bul gekry. Die kalfie is te pragtig met sy stamper beentjies, hy hardloop voor, en die ou dik ma waggel agterna.
Nou ja, dit was lekker om tyd saam die maters te kon spandeer. Kyk, die was nie ń georganiseerde vooruitbeplande kuier met vaste reelings nie. So die lepelresies en jukskei was nie beplan nie. Maar dit was lekker om ń draai te loop en ń geselsie aan te knoop. Ek hoop ook Chris B voel ook so, ons het after all sy party ge " gate crash". Groetnis.
Ek stem 100% Neef
Dit was lekker om sommer so ongeorganisseerd saam te kuier of sommer net 'n paar woorde te wissel.
Wessel - nee, almal vertrek môre. Die ander drie na hul onderskeie huise, maar ons het nog drie aande wat voorlê in Montagu.
Armond en Tiber het ń draai…
Armond en Tiber het ń draai kom maak om koebaai te sê. Was aan diens met hekke sluit.
Ek glo nie hulle weet hoe baie ons dit waardeer nie. Jurgie het se vensterplakkers is verwig.

Stem saam. …
Stem saam. Was nou 'n baie aangename kuiertjie en het dit baie geniet.
Gelukkig gistermiddag opgepak want dit reën lekker hier en is baie mistig.
Nou die pad terug huistoe want die gras moet versorg word. ![]()
Met daai plakker...
....het Jurgie se aantrekkingskrag/persoonlikheid sommer verdubbel!!!
Ek is só dankbaar ...
... dat ons gistermiddag opgepak het - maar veral vir reën in die Karoo. Oral word reën waardeer, maar ek het dit in die Karoo beleef dat daar beswaarlik boere is wat reën só waardeer soos hulle.
Daar 's niks wat my jaag nie, dus drink ek maar rustig koffie in die karavaan en wag vir 'n moontlike openinkie in die reën om die finale dingetjies te doen voor ek haak.
Veilig ry aan my mede-rakkers wat saamgekuier het.
Dit is net Len.....
....wat 400+ km het om te sleep. Julle ander behoort nie so lank op die pad te wees nie.
Jy en Len sleep nie saam tot by Matroosberg nie??
Wat maak Herman en Jan, sleep hulle saam tot in Oudshoorn??
Julle klomp moet veilig reis.
Renoster gewoontes
Die kalfie is te pragtig met sy stamper beentjies, hy hardloop voor, en die ou dik ma waggel agterna.
Vir die wat nie weet nie, by wit renosters hardloop die kalfie voor die ma en by swart renosters andersom.
Klink of julle lekker saam gekuier het. Daardie plakker is pragtig. Veilig reis almal.
Veilig tuis. …
Veilig tuis. Afgepak en als. Nogmaals dankie aan almal vir die lekker gesels en kuier.
Rona. Die plan was om die Weskus te besoek maar ons het nuwe gras 'n week terug laat insit en die moet baie water kry. Gelukkig het ons van Vrydag af 20mm reën gekry maar nou moet die gras versorg word - tot groot vermaak van Len
- om seker te maak dit het mooi gevat.
Weskus moet maar nog 'n rukkie wag.
Jan...
....goed om te hoor julle is veilig tuis.
Ek vrek van nuuskierigheid, wat behels die "gras versorging"??
Onthou die koue water OMO met lekker skuim vir die krieke, ander vra jy ons gifsmous/ekspert vir goeie spuitstof.
Jy kan moontlik 'n bestelling by Herman insit vir plaaslike vervaardigde steriele urine toediening.![]()
Lekker gery, pad was stil…
Lekker gery, pad was stil. Af en toe bietjie dou. Ons toegangspad was nogals glad, het in 4x4 gery die laaste 2km.
Jurgie is vol modder en moet eers gewas word voordat dit gebêre word. 2 baie bekwame manne wat regstaan vir die takie.
Von sê nou sy is lus vir braai vanaand.
Afgepak.
Wessel. …
Wessel. Ons het nuwe gras in sooie laat lê. Dit moet nat gehou word vir twee weke om seker te maak dit vat. Mag ook nie gesny word nie.
Die toets is om die gras met die hand te probeer oplig en as dit nie kan nie is dit reg om gesny te word mits dit langer as 40mm is.
Ons sin is nou reg en wag vir die weer om op te klaar sodat ek kan sny. Dan moet 4.1.1. kunsmis gegooi word.
Dit is 'n duur storie en wil alles volgens die instruksies doen wat die mense ons gegee het.
Sovêr is ons baie tevrede en die gras lyk mooi. 
Om dom te wees, is nie ń…
Om dom te wees, is nie ń verskoning nie. Neef erken dat waneer hy met kamera fotos neem, die proses van net een of twee op die geheuekaart te deel, bokant sy pay grade is. Elk geval, gister het ons mooi renosters gesien, en Vuka, die Bul se naam , het ons ń mock charge gegee. So hierdie foto het ek geneem van die kamera se skerm met die cellfoon. Die foto op kamera is pragtig. Jy sien die stof waar hy vas- steek, en elke plootjie op sy gesig. Die rooi neusgate maak dit besonders.

Herman...
....ek kan steeds nie glo dat hulle horings nog sit nie.
Jy moet kamera fotos oordra ma jou rekenaar toe. Dan as jy op kampforum die ikon druk om foto te laai, moet jy dit gaan soek op rekenaar, met die "browse" funksie wat forum bied.
Ek neem al my fotos met kamera, en laai dit oor op rekenaar of skootrekenaar, en dan kan ek dit op forum plaas.
Ek het geen idee hoe om dit direk van kamera af op forum te plaas nie.





Kyk ...
... as strontpraat nou 'n .... Wag, dat ek my bek hou.
Maar aag, ek vergewe hom want hy is eintlik so 'n nice ou.