Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -2 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -3 hours ago

November gesels

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.

Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 07:22

...kry julle weer lekker besoek van kinders en kleinkinders, wat ook al groot is??

Julle is bevoorreg om te kan bontstaan vir hulle

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/11/2024 - 08:14

Ons is ook bevoorreg om familie te hê wat van oral af (selfs uit Engeland ,Botswana en Pretoria !) by ons kom kuier oor die Kersgety.  Dit verg 'n bietjie van 'n geskarrel, maar dis 'n wonderlike voorreg om omgee familie te hê om te kan saamkuier  -  as die jare al ver aangestap het, weet mens nooit vir hoe lank soiets moontlik sal wees nie.

Baie dankbaar.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/11/2024 - 08:57

... om (veral) jou kinders oor die feestyd by jou te hê of dalk by hulle te kuier. Maar as sommiges van hulle daar ver is (soos my dogter en haar gesin), dan maak jy maar vrede daarmee na meer as 21 jaar. Gelukkig is my seun darem baie naby en gewoonlik kuier ons saam - al is dit soms net om op Kersdag saam te wees.

Ons keer op 16 Desember terug van ons 10 aande in Montagu en dan is my seun-hulle nog in die Sederberge, vanwaar hulle op die 17de Vioolsdrif toe gaan om vir 5 dae op die Oranjerivier te gaan roei. Ons saamwees-planne vir Kerstyd sal eers later gefinaliseer word.

Maar diegene wat al hulle kinders by hulle kan hê oor die feestyd - ek (maar veral Ralie) is lekker jaloers op julle.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/11/2024 - 10:09

Vandag hoop ek dat jy my bietjie moed kan inpraat of iets....

Dit gaan steeds oor die onkruide. Hulle verseg om dood te gaan. Ons het by die koöperasie Roundup Power Max Herbicide gekoop. Ek het dit verdun volgens die aanwysings: 200ml/10l water. Die eerste het ek Dinsdagoggend gespuit. Die etiket sê dat resultate verwag kan word binne 4-7 dae. Vandag is die 4e dag en die bossies en grasse lyk nog nie eens effe verlep niecrying . Ek het nou eers ongeveer die helfte van die erf bespuit.

Is ek te haastig? Kan die chloor in die dorpswater 'n rol speel? Wag nou om te sien of ek moet verder gaan....

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 01/11/2024 - 10:28

Kinders oor Kersfees.                                               

Ons het 'n nie geskrewe reël dat al ons kinders en kleinkinders elke 2de jaar by ons is vir Kersfees.  Het altyd gaan kamp by Drakensville maar nou sal ons ander planne maak. 

Hierdie Kersfees is ons egter alleen. Sal die Kersfeesbed in die sitkamer vir die kleinkinders mis. Dink hulle is bly want dan kan oupa hulle nie vroegoggend pla nie!

Die wat kinders vir Kersfees by hulle het moet die voorbereiding en kinders geniet. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/11/2024 - 10:57

Rona, ek meng 1 liter swembadsuur en 8 liter water vir onkruid op my plaveisel.  Binne 1 uur is dit verlep en dood !

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 11:00

...tog die spreekwoord;

onkruid vergaan nie !!!!laugh

Jy is te haastig, roundUp werk, glo my!!!

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/11/2024 - 12:14

Die mengsel wat jy gespuit het is 'n 2% oplossing - wat in die meeste gevalle voldoende is. Sommige onkruide (ek hoop joune is onkruid en nie bossies soos jy dit noem nie, want bossies oftewel struikagtiges, benodig 'n sterker mengsel) benodig wel 'n sterker oplossing. Maar jy is na my mening te haastig om resultate te sien. Glifosaat (Roundup) word deur die blare opgeneem en na die wortels "vervoer". Die plant begin van onder af doodgaan. My ervaring is dat jynie maklik tekens van verwelk begin sien alvorens 7 dae verby is nie. Gee kans.

Sommige onkruidspesies kan selfs met 'n swakker oplossing gedood word, maar 'n 2% oplossing is 'n goeie gemiddeld. Ek sê altyd dat kikuyugras hoef amper net Roundup te ruik. Laasgenoemde spuit jy sommer met 'n 0,5% oplossing dood (maar jy sien ook eers na 7 dae resultate). Cynodon dactylon, bekend as fynkweek, bloukweek, eendjieskweek en nog verskeie ander boerename vereis weer 'n sterker oplossing (3%).

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 12:54

...julle gaan omtrent bontstaan in Desember. Jy praat van die gaste uit Engeland, Botswana en Pretoria. 

Dan het jy ook al tevore genoem julle gaan saam met familie in Hartenbos kampeer. Is dit dieselfde persone of gaan julle kampeer EN by die huis onthaal??

 

Wat is nuus oor Annatjie se hand.??

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 13:01

Middag Jan, goed om te hoor dat versekering rekening gaan optel.

Nog beter nuus dat beterhelfte se nek beter voel. Het die sitplekgordel nie haar effe gekarnuffel nie??

Julle het lig daarvan afgekom, dit kon veel erger op lywe en Ranger gewees het.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/11/2024 - 13:24

Len: Eintlik sê jy vir my om 'n swembad te bou en met nog redelike plaveisel ook, het ek baie minder vierkante meter om oor te bekommer. Kan werk...laughlaugh

Chris: Ek dink ek moet vir vier dae wildtuin toe gaan en vergeet van alles hier. Al die ander grasse en bossies waarvan jy praat laat my dink dat ek vorentoe 'n sterker oplossing moet aanmaak en weer spuit. Sal maar eerder nog drie dae wag en sien. Baie dankie vir die raad, waardeer.

Wessel: dié dat ek nog vasbytlaugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/11/2024 - 13:49

Wessel, die spulletjie saam met wie ons by Hartenbos kamp, sal ook oor die Kersgety by ons in Brackenfell  met nog ander kuier.

Annatjie se hand : dit gaan nie goed nie, die bytplek lyk sleg en haar hand pyn kwaai. Annatjie se wondsuster kom vandag kyk wat dink sy daarvan en ek oorweeg dit dan om 'n afspraak by ons internis te maak om sy opinie te hoor.  Dis vandag twee weke gelede dat die bosluis haar gebyt het en 'n week gelede wat die bosluis verwyder is.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 01/11/2024 - 14:21

Jip, my kinders kom van Vredendal en Klapmuts en pak af by Onrus.  ons kuier heerlik.  Oor so 42 dae gaan Susie en Fleetline ry.  Dan is ek in my hapiness plekkie.

Ons was bevoorreg om my vrou se susters ook in die kamp Onrus te he.  Dan was dit n groot kersdag ete/braai.  Maar party het afgetree en kamp nie mer in desember.  Die goue reel is dat elkeen sy eie staanplek het.

Lekker naweek.  ek is stil die naweek.  Kan ook nie wag vir volgende Sondag SA vs Skotte....

 

 

 

0
Irene

Grootwind

Fri, 01/11/2024 - 14:40

Ek sou dink dat hulle die twee deure eenvoudig met nuwes gaan vervang waarin hulle dan die oues se binnegoed en vensters oorbou mits die nie seergekry het nie? Deesdae is dit aansienlik goedkoper as om goeie outydse paneelklop werk op die geduikte deure te doen. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/11/2024 - 16:38

Met die regerende party wat die verkiesing verloor het, kan ek net wonder watter veranderinge 'n nuwe regering gaan bring. Sedert 1966 tot nou is 'n lang tyd wat die BDP aan bewind was. Die hoë werkloosheidsyfer en dié dat diamante ook nie meer die verwagte inkomste bring nie is skynbaar die grootste bekommernis. Beloftes word nie altyd nagekom nie. Tyd sal seker maar leer.

Ek hoop ons kan nog lekker en bekostigbaar daar gaan vakansie houlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 17:38

Ek hou ook asem op Rona. Ek hoop netnie dat daar onstabiliteit, anargie en wetteloosheid gaan posvat nie. 

Ek mag verkeerd wees, maar het Botswana altyd as veilige omgewing beskou.

Ek dink dat nuwe regering baie goed weet hoeveel toerisme vir hulle inbring. Of dit egter "bekostigbaar" vir Suid Afrikaners was, en gaan wees, is bebateerbaar. Ek is van mening dat vakansieplekke, selfs kampering baie duur alreeds is.    

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 01/11/2024 - 17:51

Rona, Botswana as bekostigbare vakansie bestemming is nie meer nie. So klompie jare gelede het die SA boswaentjie brigade dit behoorlik opgevoeter deur  " wild camping". Die regering het toe die tariewe aangepas om sodoende die massas uit te hou.

Vriend kom nou onlangs terug van die Botswana kant van Kalaghadi, het bespreek, campsite no's gekry. Daag op by Polentswa en daar staan ń man met sy wa op hulle bespreekte no. Hulle wag toe maar vir hom om op te pak wat teen 2 uur die middag nie gebeur het nie.  Toe hy die man inlig dat dit sy staanplek is, sê die ou, o ok dan sal ons skuif, ons vat ń kans om te sien of iemand wel opdaag. Die klomp het toe gaan wild kamp vir die nag, was volgende oggend weer terug.

By navraag na die tyd is die klomp deur Botswana toe, sonder bespreking of paspoort chap. En dit is hoekom SA burgers nie meer so baie welkom is nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 18:09

....en nou spreek jou insident onse eie mense aan, dis darem hartseersurprise

0
Worcester

Wildehont

Sat, 02/11/2024 - 13:13

Ek hoop Wessel het dit gister gekry. Chris Jnr het aan ‘n swemgala in Bonnievale deelgeneem. Ons het twee keer om die kerk gery. Een keer oppad na die gala en nog ‘n keer oppad huis toe. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/11/2024 - 13:24

...baie dankie man!!!! Ongelukkig is die warm gevoel die vreeslike hitte hierbo. Ons loop so teen 35-39C vir die volgende paar dae.

Ek kon darem paar keer daai kerkklok lui, as die koster olik was.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus