Forums
Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Wessel ...
... my gereedskap bestaan uit 'n tang, skroewedraaier en hamer. Ek weet nie eens wat 'n multimeter is of hoe dit lyk nie. Nietemin, dankie vir jou raat. Ek sal egter maar bly by my afspraak by die sparky eerskomende Dinsdag.
Ons beurt
Ons beurt vir die naweek. Mei maand laas gekamp, ons lus kan dit nie meer hou..
Kamp staan, met n mooi uitsig vir die heel naweek.
Lekker geniet dit.
Lekker geniet dit.
VW
Jy is seker nuut op die forum
Jy moet breedvoerig verslag doen, waar kamp julle, watter woonwapark en derglike dinge.
Dit lyk darem nie na Hume wood of Happy valley omgewing nie. Bestaan laasgenoemde nog.
The Willows Resort in Port…
The Willows Resort in Port Elizabeth.
Hume Park in Humewood is al jare n no go, glo nie hul bestaan meer nie.
VW
Waar julle is lyk dit baie lekker!! Met nog mooi weer ook vir PE
. Dit sal gaaf wees om ietsie van die Oos-Kaap te hoor. 'n Paar jaar gelede het ek op 'n webwerf vir Flip en Tilla gevolg wat langkampers was/is. Hulle het gereeld vir 'n lang tye by The Willows gekamp en baie positiewe terugvoer gegee.
Geniet die naweek, en lekker worsbraai!
VW
Kan mens nog waag [veiligheid] om by Van Stadensriviermond te gaan kampeer??
Ek was voor 1981 laas in PE, familie gehad in Sunridge Park en Newtonpark voorstede.
My ligte is weer aan
Ek het vanoggend die battery uit die karavaan gehaal en laat toets by ons plaaslike SupaQuick. Ek kon beswaarlik my oë glo toe ek die datum sien wanneer die battery nuut geïnstalleer was - 10 Desember 2015. Op 'n maand na, was die battery 9 jaar oud. Maar die toets het gewys dat die battery "moeg" was. Ironies hoedat so-iets so vinnig kan gebeur. Omdat ek besef het dat die battery al etlike jare aankom (ek het gedink so 6 - 7 jaar), het ek dit laat toets net voordat ons gedurende afgelope Oktober weg was. Die toets het gewys dat die battery nog honky dory was. En ewe skielik is dit morsdood. Gelukkig het dit by die huis plaasgevind en nie terwyl ek weg was nie.
Ek het presies dieselfde battery weer gekoop - 'n "Willard 738 Leisure Battery". Hopelik kry ek dieselfde lewe uit dié een. Miskien oorleef dit my, want as ek die lewe behou is ek oor 9 jaar rakende aan 80
Ek het nog nie die laaier aangeskakel nie, want my seun bring die naweek sy multimeter om die laaier se uitset te toets. Ek is net bang dat die 31-jaar oue laaier dalk nie meer werk soos wat dit moet nie.
Ek het nog nie die laaier…
Ek wou juis voorstel dat jy ook die laaier maar moet laat toets.
Willard
Ek kry mos sommer respekte vir die maak battery.
Ek neem aan dat hulle jou gevra het----hoe lank wil jy hê moet dit hou!!!
Ek is redelik oortuig dat die laaier nog spiekeries is. Jy het dalk net betyds die ongewenste werking [laaiery] gestop.
Wessel
Van Stadens is baie veilig en gewild. Ons kamp gereeld daar..
Dit is omtrent die beste kamp plek hier in ons onmiddelikke omgewing.
Jy kan met n geruste hart hom probeer
Geniet dit VW
The Willows is nog op my to do lysie. Ek dink aan 'n Tuinroete/Oos-Kaap-toertjie
Chris B se laaier
Chris B, heeltemal korrek om eers die laaier te toets voor jy dit aan die nuwe battery koppel. Regtig tyd dat jy maar 'n paar pennies belê in 'n digitale multi-meter, regtig nie "rocket science" om dit korrek aan te wend nie! Dit bly een van die handigste stukke gereedskap wat mens in 'n karavaan kan hê, ongeag hoeveel duime jy het! Wat die lewensduur van jou ou battery aanbetref is daar sekerlik 'n groot element van geluk betrokke gewees, normale lewe van 'n battery is so rondom 3 jaar, enigiets meer is 'n bonus.
Jan...
....enige nuus oor die Ranger se herstel?
Geen verdere skete by hulle kop uitgesteek nie??
Wessel. …
Wessel. Die Ford is by die paneelklopper. Hulle het alreeds nuwe deure en modderskerm bestel.
Assuransie het vir ons 'n splinternuwe Suzuki Dsire gegee maar is 'n groot aanpassing om skielik met 'n klein voertuig te ry. Selfs die uitklim uit die Suzuki is moeiliker as die Ford.
Verder geen klagtes nie want ons het lekker weer en kry gereeld reën.
Oom Trompie....
Ek het heelwat werks en professionele kennisse in die VSA. Opmerklik hoeveel van hulle nou eposse uitstuur om hulle kennisse te vra om hulle asb nie te oordeel asof hulle met die oranje man saamstem nie. Ek voel vir hulle, demokrasie is darem ook nie altyd 'n goeie ding nie...dis iets wat ons in hierdie land ook al ervaar het.
Robertson
My broer se dogter trou vroeg volgende jaar. Die troue en onthaal gaan wees in Robertson. Dink daaraan om miskien by te woon, maar sal in vaste verblyf wees aangesien ons soontoe sal vlieg en kar huur. Het jul voorstel van plekke in Robertson? Het geloer na Africamps wat netjies lyk? As jul weet...deel asb
Geert...
...die 1ste plek wat in my kop kom, is Silwerstrand oord. Daar is vaste akkomodasie ook.
Chris S en ander ouens daar naby weet dalk van ander opsies ook.
Robertson verblyf
Ek het ook aan Silwerstrand gedink. Dis net buite Robertson teen die Breërivier en behoort aan dieselfde streng mense waaraan Montagu karavaanpark behoort. Ons was nog net een keer met die Kavango daar maar het dit geniet.
Hier is ander opsies op Lekkeslaap.
Geert...
....daar het jy nou lekker baie opsies.
Daar is tot ene vir ons ouer persone, 50+ en goeie kleurskema ook