Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Wessel
Wessel, stem. Vrydag was goeie weer, maar die nag was die wind erg storm sterk. Reg opgeslaan, als staan mooi en stewig. Darem bedaar Saterdag oggend en pratige weer gehad.
Ons verwag reen vanmiddag, maar ons is darem weer tuis.
Ons bly in die Westelike gedeelte van PE, soos jy PE inkom van Jeffreys af op die N2. N2 langs, kus om is dit so 35 km vir ons van ons huis tot by Willows, 30 min se ry.
Brits is nat
Ons het nou, vanaf Donderdagaand so ongeveer 50mm reën gehad. Daarvan het 40mm vanmiddag uitgesak.
Ek hoop net die Bosveld kry ook goeie reën.
Outydse Leatherman
My sussie het die naweek by ons gekuier. Sy ken en geniet wyn so ons het gister Jason’s Hill, Breëland en Opstal kelders in die Slanghoek vallei besoek. Dis ‘n skilderagtige vallei, en die wyn is blykbaar lekker.

By Opstal is daar ‘n interessante geskiedenis wat ek net gedeeltelik gehoor het, want ek proe nie wyn nie en het met die kinders tyd deurgebring. Ek en Chris Jnr het egter albei die outydse Leatherman raakgesien:


Battery-probleme
Dit blyk dat my battery-probleem iets van die verlede is. Soos reeds voorheen genoem, was die vorige 8 jaar en 11 maand-oue battery poegaai. R2 010 later is dit vervang met 'n splinternuwe soortgelyke as die vorige. My seun, wat die naweek hier gekuier het, het sy multimeter saamgebring. En die 31 jaar-oue laaier waarmee die 1993 Caravette 6B destyds mee toegerus is, doen nog sy werk. Dit was dus maar net die battery wat na 'n uitsonderlike lang leeftyd moertoe was.
Proe nie wyn nie ???
Môre Chris S, proe jy nie wyn nie, maar jy geniet seker 'n glasie goeie wyn ??
Dit laat my dink aan 'n staaltjie uit die verlede. Ek en 'n kollega vergesel 'n Australiër af Kaap toe, vir 'n werksbesoek. Die 1 namiddag is ons los, en ek neem hulle sommer vir rondwys na Fairview landgoed. Die dametjie vra---wat wil ons proe, rooi, wit ens. Vra my kollega---kan hy 'n bier kry!!!
Geen wyn
Ek is sedert 18 Aug op die waterkar, maar ek het voor dit ook amper nooit wyn gedrink nie. Nou en dan as dit ‘n warm dag is dalk ‘n paar glasies Chenin, maar dit het bitter min gebeur.
Voor 3 Oktober 1996 het ek wyn gedrink. Toe was ek in ‘n ongeluk met my trapfiets. Dis ‘n lang storie maar ek het nie ‘n valhelm gedra nie en het ‘n kopbesering opgedoen. Daarna was my reuksintuig opgeneuk. Vir baie jare kon ek niks behalwe sigaretrook ruik nie en ook nie eintlik proe nie. Wyn het aaklig gesmaak en ek het dit ophou drink.
Mettertyd het dit verbeter tot waar ek weer ‘n maaltyd kon geniet. Maar wyn smaak oorwegend vir my suur. In die winter as dit heel dag koud was sou ek nou en dan ‘n soetwyntjie soos ‘n muskadel vat.
Wessel ...
... jou storietjie laat my weer dink aan 'n keer toe my maatskappy as "dankie sê" 'n paar kliënte vir 'n tiervisvang-trippie Katimo Malilo (spelling?) geneem het. Toe ek en my bestuurder die eerste aand 'n bottel wyn deel - en die ander almal op polisiekoffie gekuier het- sê die een gas (komende vanaf die Springbokvlakte) dat hy nie kan dink hoedat ons Kapenaars daardie "suur goed" kan geniet nie. Volgens hom was daar net een lekker wyn - en dit is brande"wyn".
Hy was ook die ou wat die aand twee enkel-brandewyne by die kroegman bestel het, maar gevra het dat beude enkels in een glas gegooi word.
Eintlik 'n hartseerdag, ...
... want ons Stoffel-papegaai het ons na bykans 28 jaar finaal gegroet. Dit was gister al duidelik dat iets ernstigs verkeerd is. Mammie is baie hartseer oor haar troetelkind.
Opgestaan uit die dode
Toe Ralie die stil-lêende voël uit die hok wou haal, sê Stoffel skielik "piep". Nou lê sy daar en kyk vir ons - ooglopend nie die krag om op te staan nie. My persoonlike opinie is dat ons haar maar moet laat uitsit by 'n veearts, maar mammie wil van niks weet nie. Ek's bevrees dat die voël ly, maar moet my maar berus by vroulief se besluit.
Of Stoffel nog 24 uur sal maak word betwyfel. Maar daar sal nie weer 'n troeteldier vir die Bouchers wees nie. Hier's genoeg tarentale, fisante en ander voëls wat in die erf versorg word. Die boomslange het nog nie gesig kom wys nie, maar sal seker eersdaags opdaag sodra ons in die Boland ook behoorlik somer kry.
Ons is vandag baie dankbaar,…
Ons is vandag baie dankbaar, het vrydag aand 12 mm reen gehad en gister aand tot vanoggend n ekstra 48 mm, nou kan ons weer asem haal en die gras kan groei en die bome ook, bome hier het nog nie enige tekens gewys van nuwe blare vorm nie, alles lyk nog soos winter.
Josef Willem
Dit is werklik goeie nuus, 60mm is goeie begin. Ek het 50mm in dorp gemeet vir laasweek.
Ek vermoed die Bosveld benodig nog 'n paar sulke buie tot Kersfees.
Stoffel en 'n reënverslag
Ek het agter geraak met leeswerk en is so hartseer om die nuus oor Stoffel-papegaai te sien. Ag toggie!!! Sal so bly wees om te hoor dat hy/sy weer springlewendig is en dat dit sommer 'n geit van haar was.
In ons dorpie het dit ook lekker gereën. Saterdag is 11mm gemeet en vanoggend 9 uur, vir die vorige 24 uur, nog 56mm. Meer reën word voorspel en sekerlik sal die dorpsdam daarby begin baat waaroor ons baie dankbaar is.
Die weskus....
Ek het nou Voortrekker se hele draad so kuier-kuier gelees, en ook die video gekyk wat Wildehont geplaas het. Ai, ek verlang so baie na daardie gedeelte van ons land. Die tyd toe ons in Melkbos gewoon het het ons die weskus plat getoer - gekamp, in vaste akkommodasie tuis gegaan of sommer net vir 'n dag uitgery. Ek is baie dankbaar dat ons die geleenthede gebruik het, maar sal altyd terugverlang. Ons was in 2019 laas daar, en dan ook net tot by Lambertsbaai en omtes. Wil amper sê "dis tyd".... Sal nou wel 'n 4x4 moet huur, of vir Daan oortuig om 'n Mahindra te koop soos Voortrekker s'n.......
Wessel ...
... Stoffel piep darem nog, maar dit is letterlik al. Dat die ou sodaning herstel het nadat ek Maandagoggend oortuig was dat sy finaal gegroet het, is eintlik 'n wonderwerk. Na Ralie se "nursing" van Maandag, sit sy darem weer op haar stok en vreet ook weer. Maar dat sy 'n fenominale knou weg het is nie te betwyfel nie. Sy praat nie 'n woord nie en maak net sulke klein piepgeluide as jy aandag aan haar gee.
Sonder om in detail in te gaan, het haar probleme begin nadat sy by 'n veearts was wat sogenaamd in voëls spesialiseer. Ek is vandag weer aanbeveel om die voël na die betrokke veearts te neem, maar ek het alle vertroue in die persoon verloor.
Kom ek laat dit daar. Stoffel leef nog, maar dit gaan nie goed met haar nie.
Veilige hawe vir papegaaie
Ek het vanoggend bietjie op die www gaan soek en op die artikel afgekom. Dit bevat interessante (en kommerwekkende) inligting. 80% van die African Grey papegaaie wat in aanhouding geteel word kom bv uit SA. Dalk kan die veilige hawe wat hulle vir voëls het help met raad of kontakte. Sterkte.





Naweek verby
Nou ja, so vinnig is die naweek verby. Die weer het mooi saam gespeel by Willows.