Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Silwerseil +net
Chris B, ek het my Sseil lossies oorgetrek. Dan van elke eye lid af, 'n tou na 'n nr7 pen. Dit was soms sommer dieselfde pen waaraan my groottent se kantflappe vas was, ensovoorts.
As jy die net as 'n stormwind beskerming wil benut, wat seker maar by die see die beste is, moet die net baie goed met penne ge-anker wees. Om te verhoed dat silwerseil dalk kan kruip weens wind, kan jy dan dit net liggies aan bestaande nr7's vasmaak.
Mens moet net keer dat die Sseil nie flap en dan skeur nie, veral sonder 'n net bo-oor.
Hoop my 13 jaar terug se resep maak sin.
Stormnet
By die see sit ek die stormnet oor die silwer seil. Lg is oor die Kavango en die sytent se afdak. Ek maak die toue wat elke meter deur ‘n ogie is op die deel oor die Kavango sommer aan die wa vas (dis die voordeel van ‘n boswa - baie vasmaak plek). Die ander maak ek soos Wessel vas aan L-penne, sommer die wat die sykante van die tent onder vashou. Die stormnet maak ek ook aan die wa vas op die deel daaroor, maar aan sy eie L-penne oor die sytent.
Ek het vroeër vir Wessel ‘n video gestuur van hoe die sytent se dak gewapper en geklap en geskud het by Dwarswegstrand Desember 2022. Dit was ‘n narigheid wat die hele eerste aand aangehou het maar daar was gelukkig geen skade nie. Sonder die stormnet was dit waarskynlik ‘n ander verhaal.
Kaapse kuier
Soos ek half verwag het, gaan my 2025 met 'n Kaapse besoek in Februarie begin. Ten einde nie ons beplanning vir ons woonwa toer deur Namakwaland, en saamtrek in KarooNP
in die wiele te ry nie, sal ons vlieg.
My Miami dogter kom dogtertjie wys en kuier by skoonouers in Stanford. Nou moet oupa hulle tegemoet kom en ook daar gaan kyk na die kleinding. Sy en haar man het hulle "groenkaart" gekry, en mag nou vrylik in/uit die VSA beweeg.
Ek het so vinnig paar somme gemaak, en afvlieg, kar huur en paar aande in gastehuis is die goedkoopste. Woonwa sleep 2de goedkoopste, maar die langste uit en tuis. Bakkie solo en B&B oornag, is nog duurder as woonwa opsie.
Nou begin soektog na lekker [bekostigbaar] gastehuisies in, of rondom Stanford. Voorstelle sal waardeer word.
Dalk loop ek 'n permanente plekkie raak, dan gaan my makelaar se kop begin raas. ![]()
Gedagtig aan Wessel ...
... se kinders wat hul groenkaarte gekry het - my ver kinders het gisteraand (vanoggend ons tyd) vanaf LA huistoe (Roemenië) vertrek waar hulle vanaand arriveer. Hulle was 'n maand in die VSA, o.a. Milwaukee, Indianopolis en Los Angeles waar hulle gemeentes besoek het wat hulle ondersteun. My dogter het gister gesê dat sy enige tyd in Kalifornië sal gaan woon.
Jou kinders is bevoorreg Wessel - dat hulle nou in die VSA kan woon. Waar woon hulle daar?
Welkom Harry...
....so lekker om deur jou gegroet te word. ek hoop alles loop klopdisselboom aan jou kant.
Chris B, stem saam met jou…
Chris B, stem saam met jou dogter dat Kalifornië lekker sal wees om te woon. Ons het rondom 1998 amper daar opgeeindig, was reeds daai tyd besig om huis te soek in Seven Oaks, net Noord van LA. My amper werkgewer daai tyd het gereken behalwe 'n paar "klein" probleme soos iets soos 'n 1000 aard trillings (meestal amper onvoelbaar darem), groot "wild fires" van tyd tot tyd en modderstortings wat saam met baie reen kom, is dit eintlik heel aangenaam! Maar as jy uit Afrika kom pla sulke klein goed mos nie!
Mia Spies…
Mia Spies......................................................doen 'n paneel bespreking vanoggend in die Diaz hotel in Mosselbaai. Ons is uitgenooi en sit nou en wag vir die ontbyt waarna die program gaan begin.
Voel soos 'n belangrike persoon. ![]()
Môre Harry !
Berei jy ons voor om iets vir ons mee te deel ?
Hoe is dit dat jy so stil is, dit kan tog nie werk wees nie ?
Dit was lekker om weer van jou te hoor.
Silwerseil- en stormnettoue
Ek het gister my stormnet, om bo-oor die silwerseil te plaas, per koerier vanaf Outdoor Warehouse ontvang. Ook nylontou en "heavy duty dog bones". Nou verneem ek graag by die manne wat reeds silwerseile en stormnette gebruik - maak julle die toue permanent aan die seil en net vas? Of gebruik julle spesifieke hakies wat aan die punt van die tou vas is en ingehaak word by seil se doelgemaakte gaatjies en die net?
Wie is Mia,,,,????
Spies. Ek is redelik onkundig, en waaroor gaan die paneelbespreking.
Ek hoop die ontbyt is die moeite werd
Silwerseil en toue
Chris B, ek het sommer my toue permanent aan die silwerseil gehou, minder werk as die wind waai. Toue met hakies permanent ingehak deur eyelids klink baie elegant en net reg reg.
Wessel, ek antwoord sommer want.............
...........Jan is besig met sy geborgde ontbyt. Mia Spies is 'n Media24 joernalis wat aanbiedings van sake van die dag met 'n paneel bespreek. Sommiges hiervan word weekliks op Kyknet gebeeldsend.
Wessel ...
... kyk jy nie Kyknet nie? Uitstekende aanbieder (Mia Spies) van aktualiteitsprogramme.
Uitstekende program…
Uitstekende program........................................en Elmarie en ek was gelukkig om saam met Mia en al die sprekers aan dieselfde tafel te kon sit.
Kon baie insigewende en vir my bevredige positiewe antwoorde op kry op sienings van Helen Zille en Zuma soos hulle dit vind en in die RNE.

GT karavaan
Len, het jy nie ook so karavaan as jou eerste gehad.

Hennie, presies.....
......netsoos agter daardie Volla.
Hier staan ek en Mevrou, 55 jaar gelede in 1969 by ons splinternuwe Sprite GT.






Om terug te kom ...
... by my nuwe aankoop - die silwer seil. Ek oorweeg dit om nou 'n net aan te koop om bo-oor die silwer seil te plaas. Maak jy die seil en die net was met toue aan ankerpenne - of slegs die net? Waar's die manne wat so-iets gebruik? Gee bietjie raad.