Môre vriende
Julle manne wat rerig sonder elektrisiteit kamp, moet my asb raadgee.
Hoe hanteer mens jou diep siklus batterye om hulle lewe te verleng. Ek moes nou 2 batterye , die 105Amp.hr vervang na 3 jaar.
Moet batterye heeltyd gelaai word, van 220v of sonpaneel. Dit is nou as mens vir lang tye nie kamp en dit nie in gebruik het nie.
1]Moet hulle tydens onbruik soms leeg getrek word en dan weer gelaai word
2]Moet mens hulle konstant laat werk deur koelkaste te dryf, terwyl dit konstant gevoed word deur 220v of sonpaneel.
Laat hoor asb, die batterye het my tesame R5200 gekos.
Groete
Wessel
Stem saam met Neef.
My battery is nou amper 5 jaar oud en werk nog 100%. Die persoon by Battery Centre in Bellville waar ek dit gekoop het, het aanbeveel dat dit altyd volgelaai moet wees.
Nog 'n sekondant
As jy kan, hou die battery/e gekoppel aan 'n intelligente laaier. Alternatiewelik, koppel hulle dan minstens elke twee weke oornag aan die laaier. Ek het ook 'n battery wat op die manier nou al 7 jaar hou.
Die slim mense sê ook dat 'n battery nie op 'n sementvloer moet staan nie - vir watter rede weet ek nie. Om hulle dus weg te hou van die vloer, staan my batterye op 'n plank.
battery lewe
Môre vriende
Dankie vir julle kommentare, dit bevestig wat die manne by Echo gesê het.
Ek beplan om 'n 12v buitelig aan te skaf, en dit die hele tyd te laat brand. Terselftertyd gaan ek dan my sonpaneel konstant opkoppel. Sodoende ontlaai die lig die battery, terwyl die paneel gedurende daglig die battery laai.
Die Kavango se elektriese stelsel is slim genoeg om oorlaai te voorkom. Ek dink dis veiliger om 'n buitelig te gebruik vir die ontlaai proses, as die koel/yskas.
Groete
Wessel
Verskillende soorte batterye…
Verskillende soorte batterye se karaktereienskappe is hier onder opgesom. Geen battery moet heeltemal ontlaai word nie.
Cranking Batteries:
- Can supply large current
- Can accept large charge current (i.e. can be charged quickly)
- Do not like to be discharged deeply (life is shortened)
- Mostly automotive batteries.
Deep Cycle Batteries:
- More suited to deep discharging (more cycles)
- Can not supply very high current (not suited to winching),made for low current draw over a long period
- Can not be charged as quickly.
- Typically should not be discharged more than about 50%, i.e. don’t go below 50% state of charge
High Cycle Batteries:
- Used for standby (ups)
- Somewhere in between Cranking and Deep Cycle Batteries
- Can supply more current than Deep Cycle
- Can be recharged more quickly than Deep Cycle
- Typically should not be discharged more than about 25%, i.e. don’t go below 75% state of charge.
- Withstand deep discharging (up to 50% capacity) better than Cranking batteries
- Good option to run some auxiliary equipment to relieve the load on the deep cycle battery.
Grompie se pappery
Ek het gou vanoggend ou Grompie se pappery laat toets, wat net 2jr en 9mnde jonk is.. Grompie word selde in dorp gebruik, vanweë sy buitegewone aantreklikheid vir die mense met langvingers. Dan is dit toegerus met 2 opspoorstelsels, wat seker ook maar tap uit die battery. So oor 'n week, in onbruik, val die spanning maklik van vol gelaai tot 12.3V.
Volgens die batterye plek, is die battery nog gesond, maar hulle sal my aanraai om soos alle ander Hilux eienaars, die Toyota battery [65Amp.hr] met 'n groter ene van so 85Amp.hr in toekoms te vervang. Dit kan heel moontlik my probleem oplos.
Ongelukkig is die afdak waar Grompie staan aan die voorkant, van dak tot grond, net met skadunet toegemaak. Daarom is ek versigtig om 'n slimlaaier permanent gekoppel te hou, veral in ons reënseisoen.
So terloops, die 3-jaar Toyota waarborg dek nie die battery nie.
Wessel, my Ford trokkie het…
Wessel, my Ford trokkie het uitgekom met 'n 68Ah battery, die het begin sukkel in Mei '23, dws sowat 3.5 jaar na ek die trokkie nuut gekoop het. Het hom vervang met 'n 80Ah Enertec 92 jaar waarborg). Ek het dieselfde probleem as jy met min ry, Trokkie ry basies net sowat 3 keer 'n week 12km op 'n slag om die huis tegnikus taxi staanplek toe te vat. Die trokkie het darem redelik baie intelligente stelsels in en kerm vinnig dat die battery nie te gelukkig is na sowat 2 dae se staan (ek glo egter die waarskuwing is voortydig want die battery swaai steeds die enjin sonder enige aanduiding dat dit stres). Ding om te onthou is dat ons trokkies se enjins "swaar" is om te swaai (teen hoë kompressie van 'n diesel enjin, my Ford nog meer met die dat dit 'n 5 silinder is). Maw dis redelik om te verwag dat die battery nie so lank soos die in 'n petrol enjin sal hou nie. Dink enigiets bokant 'n 3 jaar lewe is goed, party hou langer ander weer korter selfs al is dit dieselfde vervaardiger. Dink jy pak onnodiglik stres op jouself...hou op om alles te meet, jy sal vinnig genoeg agterkom as die battery besig is om te verander in 'n pappery! Terloops, jou opspooreenhede gebruik nalaatbaar min krag met die dat hulle meestal hulle eie batterye het. Wat Toyota se battery waarborg aanbetref...waarborge op goed soos batterye en bande word eintlik deur die spesifieke verskaffer gegee, en nie Toyota nie., en is meestal 1 jaar ja
Die Landrover se battery het…
Die Landrover se battery het begin die enjin treurig draai, klink tipies soos ń pap battery. Sit die slimlaaier op vir ń dag, dan gee dit so vinnige halwe draai op die enjin, net om weer flou te raak. Kry darem nog gestart, maar het nuwe gaan kry, die oue gehou.
Die foto is wat die volts lees na sowat 2 maande se staan. Ek het die klampies van laaier gebruik om die pennetjies vas te knyp. Die laaier is nie ingeprop nie.

Die volgende foto is nadat die battery vol gelaai wys na sowat 2 uur.

Tydens die laai proses gemeet.

Erens het ek gehoor van " cranking amps". Die is ń 105 A hour battery. Maar dit lyk my het op ń manier sy ampse verloor na ook sowat 3 jaar???
By die kamp is ñ stokoud. Seker 12 jaar plus battery wat permanent op ń solar paneeltjie gekoppel is om die led liggies nou al jare aan die brand hou. Die het ook so flou begin raak, maar lyk my hulle vrek nie heeltemal nie.
Herman...
....daardie fotos met multimeter lesings, is dit die ou battery wat jy gehou het, of die nuwe nadat dit 2maande gestaan het.??
12.85v is eintlik "volgelaai"
die 12.977 is seker kort nadat jy die laaier afgeskakel het.
Jy is 100% korrek, met "cranking amps" Ou batterye meet 12.7V [vol gelaai], maar die oemph om werk te doen, ontbreek. Mens kry dieselfde gedrag op hekmotors se batterye.
Dis hoekom ek gister my trokkie se battery laat toets het. Eintlik kyk die tegniek mos maar net of dit 'n sterk stroom kan gee, sonder dat spanning dadelik wegval.
Cranking amps.
Dis nou 'n interessante term.
Gou oppervlakkig gaan oplees. Volgend duimreëls;
1] benodig 'n dieselenjin so 2 CA [cranking amps] vir elke kubieke duim verplasing.
'n Kubieke duim = 16.39 cc [cubic centimeter]
Dus vir ou Grompe met sy 2400cc oliebrander, moet sy pappery ten minste 292 amps vir 30 sekondes kan lewer, sonder dat spanning onder 7.2 volt daal.
2] vir 'n petrolenjin is dit 1CA per kubieke duim verplasing
3] Sommige enjins benodig fris batterye wat tot 600amp moet kan lewer.
4] mens kan 'n groter[ amp.hr] battery in jou voertuig sit, sonder nadelige effekte. Binne perke natuurlik
Die fotos is almal van die…
Die fotos is almal van die ou battery Wessel. Ek sal gaan kyk waar dit nou staan.
Ek wil byvoeg dat die Cruiser 2 x 105 A h batterye in het. Normaalweg hou ek altwee gekoppel en isoleer net die een waneer die yskassie oornag moet werk.
Met die 2 batterye start die Cruiser onmiddelik, soos in ñ halwe draai. Met die een af, sal dit so 1en ń halwe draai gee voordat dit vat. Dan klink dit net soos ń Hilux wat start, so effe van ń karring ![]()
Battery laai met altenator
Nou kan ons verder sommer maak. Gestel mens karring 30 sekondes vir Hilux om te vat
, dan
1] energie getap is hipoteties 300amp x 30sek = 2.5amp.hr uit battery.
2] gestel altenator lewer 15 amp laaistroom [raai] dan word 10 minute benodig om die 2.5amp.hr terug te sit, maar intussen vra die enjin en alles soos ligte radio, koffiemaker ensovoorts steeds ook stroom.
Nou verstaan mens waarom kort entjies [min tyd] in die dorp, met baie aanskakel, so rof op 'n battery is.
Weet iemand wat is tipiese laai stroom wat 'n alternator kan lewer, ek het sommer 15 amp geraai.
Herman: met 2 fris batterye in paralel het jy baie kapasiteit [410amp.hr ??] maar die Cranking amps behoort nagenoeg dieselfde te wees as uit 'n enkel 12V battery. Jy kan net langer "crank", of mis ek iets????
Ek het nie raad nie, maar 'n................
.............intersessante waarneming wat ek met my Mercedes gehad het, is die volgende : Die standaard Exide battery het vir 2 jaar normaal gewerk, maar in die derde jaar, as die kar 'n week gestaan het, was dit te pap om die enjin te draai. Intussen het die aansitter die gees gegee en is deur Mercedes volledig oorgedoen. Sederdien "start" die enjin onmiddellik as die sleutel gedraai word en nou kan die kar tot 'n maand botstil staan sonder probleme.
My afleiding is dat die aansitter gebrekkig begin raak het voor dit heeltemal die gees gegee het en die battery kon dit die laaste ruk net met moeite draai. My lessie wat ek geleer het : dis nie noodwendig die battery wat die gees gee nie, maar dit kan ook 'n sukkelende aansitter wees wat die battery "dood trek".
Len...
...mens kan nou lekker spekuleer oor jou waarneming.
Byvoorbeeld, jy het nie die battery vervang toe die aansitter herstel is nie. ??
Het die aansitter die battery beskadig----indien battery nie vervang is nie, blykbaar nie.
Die aansitter kon nie enjin swaai nie, en sou mettertyd die battery pap gemaak het.
Jy was gelukkig dat battery die periode van sukkel, oorleef het.
Die tegnologie darem
As die voertuie nog met ‘n slinger gestart kon word was daar niks probleme nie. Maar deesdae kan selfs motorfietse nie meer so aansluit nie.
ń 6 Silinder diesel benodig…
ń 6 Silinder diesel benodig dowat 600 amp vir starter. Ek reken die 2 batterye gee meer cranking amps vinnig. 3 ton trokkies het dubbel batterye in vir bv 4 silinder 4l diesel enjins alhoewel dit ń 12v voertuig is.
As jy jou som maak in reverse, wat is die kleinste battery wat Grompie se aansitter vir 30 sekondes teen konstante krag sal kan draai.
Herman...
Volgens die duimreel hierbo gegee, gaan daai 6 silinder 4200cc masjien van jou Land Cruiser so 511 amp's benodig. Amper die 600 amps wat jy noem.
As ek jou vraag korrek verstaan is dit die sommetjie in punt 1 van my inset hierbo om 14h40.
Met so batterytjie van 2.5amp.hr, sal dit heeltemal pap wees na 30 sekondes. Heel moontlik sommer moertoe ook, ![]()
Ons moet natuurlik onthou dat 'n altenator werk met 'n spanningsreguleerder. Dit sal groot stroom in pap battery stoot, tot battery dalk 14V bereik, waarna die stroom drasties verminder word, en op 14V gehou word tydens die rit.





Wessel, ek weet nie veel van…
Wessel, ek weet nie veel van die tegniese kant nie, maar uit eie ondervinding kan ek vertel dat batterye heeltyd vol moet wees. Dink aan jou kar, sodra dit aangesit is, laai die battery, en word deurentheid gemonitor om vol te bly. Dws, word nooit leeg gemaak en dan eers gelaai nie. Ek het batterye wat ouer as 10 jaar is en nog goed werk, die wat nie gereeld gebruik word nie, is gekoppel aan inteligente laaier, voltyds.
So, jou laai tempo moet meer wees as ontlaai sodat die battery nie onder 80% van vol ontlaai word nie, dan kom daar skade. Glo daar is manne wat meer kan vertel.